Brandbestryders in Wes-Kaap-brand beseer

Die Jonkershoek-brand van Gansbaai afgeneem. Foto: @BradleyBennell op Twitter.

Die Jonkershoek-brand van Gansbaai afgeneem. Foto: @BradleyBennell op Twitter.

Vier brandbestryders is Dinsdagaand beseer terwyl hulle ʼn brand in die Jonkershoek-natuurreservaat naby Stellenbosch in die Wes-Kaap bestry het.

“Na wat verneem word, het die brandbestryders sagteweefselbeserings opgedoen toe hulle probeer het om van die oorweldigende brand te ontsnap,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, Woensdag gesê.

Paramedici het die brandbestryders op die toneel behandel, waarna hulle na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Nou is daar weer brande in Stellenbosch!! Ek dink hierdie brande word OPSELTLIK GESTIG!! Ek hoop die polisie ondersoek dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.