Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike ondersoek nadat brandbestryders op ʼn verkoolde liggaam in ʼn plakkershuis afgekom het.
Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van die 27-jarige Thembani Maqebuka is Vrydagoggend in die puin van ʼn uitgebrande plakkershuis in Despatch gevind.
Die polisie is omstreeks 04:30 na die toneel in Nkosinistraat in Despatch ontbied.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.