“Daar was ʼn brand en hulle was daar om bystand te verleen toe die ongeluk gebeur het,” het ʼn reddingswerker op die toneel aan ANA gesê.
Hy het bevestig dat die vlieënier en passasier, albei lede van die organisasie Working on Fire, in die ongeluk dood is. Hy kon egter geen verdere besonderhede verskaf nie aangesien die oorledenes se naasbestaandes nog in kennis gestel moet word.
Hendrik “Bees” Marais is in Maart vanjaar dood nadat hy ʼn noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes doen. Marais was ook aan Working on Fire verbonde.