Brandbestryders sterf ná heli val

Die toneel waar die helikopter neergestort het. Foto: @Anthoneyvdm op Twitter.

Die toneel waar die helikopter neergestort het. Foto: @Anthoneyvdm op Twitter.

Twee brandbestryders is Woensdagmiddag dood nadat hul helikopter in Bainskloof naby Wellington in die Wes-Kaap neergestort het.

“Daar was ʼn brand en hulle was daar om bystand te verleen toe die ongeluk gebeur het,” het ʼn reddingswerker op die toneel aan ANA gesê.

Hy het bevestig dat die vlieënier en passasier, albei lede van die organisasie Working on Fire, in die ongeluk dood is. Hy kon egter geen verdere besonderhede verskaf nie aangesien die oorledenes se naasbestaandes nog in kennis gestel moet word.

Hendrik “Bees” Marais is in Maart vanjaar dood nadat hy ʼn noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes doen. Marais was ook aan Working on Fire verbonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.