Brande by twee hospitale in KZN

Argieffoto

Brandbestryders het hul hande vol gehad om twee brande onder beheer te bring wat in twee afsonderlike voorvalle by hospitale in KwaZulu-Natal uitgebreek het.

Die provinsie se departement van gesondheid het gesê ʼn brand het Maandag omstreeks 13:30 in ʼn saal van die Mahatma Ghandi-hospitaal in Durban uitgebreek.

“Pasiënte is na ander sale geskuif en geen beserings is weens die brand of rook aangemeld nie,” het die departement gesê.

Vroeër die dag moes pasiënte uit die Port Shepstone-provinsiale hospitaal ontruim word nadat ʼn brand daar uitgebreek het.

“Pasiënte van die waakeenheid en hoësorgeenheid moes na hospitale in Durban oorgeplaas word. Sewe pasiënte moes oorgeplaas word na die Murchison- en GJ Crookes-hospitaal.”

Die polisie en brandweer is in albei gevalle ontbied en die brande is gou onder beheer gebring. Die oorsaak van die brande is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.