Boere in die Hertzogville-omgewing in die Vrystaat is gewaarsku om hulle te staal teen nog brande weens droë donderstorms en wind wat Maandag in die gebied verwag word.
Die meeste brande is Saterdagmiddag in bedwang gebring, maar grondeienaars is gevra om steeds enige smeulende materiaal te blus.
Intussen het die organisasie Vrystaat Landbou (VL) gesê die afgelope week se wydverspreide veldbrande het “een van die belangrikste landboustreke op sy knieë gedwing”.
Francois Wilken, president van VL, het gesê duisende hektaar veld is vernietig, diere is verbrand en miljoene rande se skade is aangerig. Verskeie mense is tydens die brandbestrydingspogings beseer.
“Na afloop van die Senekal-tragedie het die brande boere naby breekpunt gebring, maar die bykans ongekende openbare steun was ʼn keerpunt,” het Wilken gesê.
Die organisasie sê honderde mense en instansies landwyd het gereageer op VL se versoek vir bystand aan boere.
“Van voer, vee en finansiële bydraes tot ondernemings wat wil help om infrastruktuur te herstel [is ontvang]. Selfs ʼn skenking uit die VSA is ontvang.
“In hierdie spanningsvolle tye was dit bemoedigend dat mense van alle rasse en instansies uit diverse gemeenskappe, opgestaan het om te help.”
Wilken het gesê daar sal nou verseker word dat die broodnodige hulp so gou moontlik by die verskillende gemeenskappe uitkom. Die organisasie sê hy sien dit as ʼn gesamentlike poging tussen gemeenskappe.
ʼn Koördineringsgroep is saamgeroep deur Naudé Pienaar van Agri Noordwes bestaande uit VL, Agri Noordwes, Agri Noord-Kaap, Mpumalanga Landbou, Gift of the Givers, AfriForum, Caring Daisies, Saai, Boere in Nood, Droogtehulp SA, TLU NW, Droogtehulp met Burre Burger, SENWES en NWK Beperk wat op hul beurt op hul netwerke steun in hierdie ontsaglike koördineringstaak.
VL het sy strukture op grondvlak gevra om te help om ʼn omvattende behoeftebepaling te doen.
ʼn Streeksvergadering daaroor word vir Dinsdag beplan.
“Landbou kan nie genoeg dankie sê vir al die steun nie. Die nood is egter steeds baie groot.”
Boere is nog altyd op hul knieë in gebed
Ons staan saam met die boere en baie dankie vir almal se hulp. Dis ongelooflik hoe almal help! Daar’s ‘n noodfonds by TLU ook waar ons skenk en kan aan sluit.
Liewe Vader bewaar asb ons boere!!!
Is enigeiemand al gevang wat die brande begin het, of is die nie ‘n Bheki Cele prioriteit nie? Is dit nie snaaks dat die brande het begin na Senekal, en nadat die EFF gese het die land moet brand. Words have consequences en sien dat die DA het ‘n saak gemaak teen die EFF vir haat spraak in verband met die gesegte.
Dis geen prioriteit vir hoed nie dis mos maar ons probleem Johan. Ek stem saam met jou. Daai aanhitsing maak my boos kwaad verby. Ek twyfel egter of MRK iets gaan doen ek’t geen vertroue in hulle nie in my opinie
Dankie President Donald Trump! Jy bly n staatmaker!