Brande woed in Kaapse Wynlande

Skermgreep uit die video

Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is sedert Saterdag besig met verskeie brande in die distrik.

ʼn Hittegolf met temperatuur van meer as 40°C duur voort.

Paarlvallei

Brandbestryding duur voort by ʼn brand wat net buite die Val de Vie-landgoed woed. Die brand is aangevuur deur digte plantegroei en ʼn sterk wind. Omdat die plantegroei so ruig is, was dit moeilik vir brandbestryders om by die brand uit te kom en beskikbare hulpbronne was ondoeltreffend. Daar was ʼn bekommernis dat die brand moontlik na die nabygeleë tamatieplaas kon versprei.

Bainskloof, Paarl

Spanne het ook reageer op ʼn brand in Bainskloof, maar kon dit onder beheer bring. ʼn Grondspan van CapeNature monitor die gebied en het met opruimingswerk begin.

Koo-vallei, Montagu

ʼn Brand wat deur ʼn weerligstraal veroorsaak is, is in die Koo-vallei aangemeld.

Worcester, De Wet Klipbrekers

ʼn Span het ook reageer op ʼn brand in die omgewing van die De Wet Klipbreker-depot in die De Wet-gebied.

Posted by Drakenstein Farm Watch on Saturday, January 22, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.