Brande woed in Port Elizabeth

Brande woed voort in Nelson Mandelabaai Foto: Port Elizabeth Crime News & Community Information Centre, Facebook

Nelson Mandelabaai-munisipaliteit (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap het Donderdag gesê brande woed oor die stad heen.

Ses veldbrande woed oor die munisipaliteit heen. Brande is Woensdagaand in Colleen Glen, Bushbucks Ridge en Maitlands aangemeld en verskeie huise is bedreig. Brandweerspanne het deurnag gewerk om die brand onder beheer te bring. Geen beserings of skade aan eiendomme is aangemeld nie. Brandweerspanne kon drie huise red wat deur die brande bedreig is.

Andre de Ridder, brandweerhoof van Nelson Mandelabaai, het gesê vyf van die ses brande is nog nie onder beheer nie.

Hy het die volgende veldbrande aangemeld:
– Victorialaan naby Schoenmakerskop
– Welcomelaan in Theescombe
– Elandsrivier naby Rocklands
– Sardiniabaaiweg
– Bushbucks Ridge
– Van Stadens-ravyn

De Ridder het gesê slegs die brand in Theescombe was Donderdag laatmiddag onder beheer.

Mthubanzi Mniki, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê die veldbrand het sedert Woensdagaand toegeneem en informele skuilings naby die Van Stadens-ravyn is verwoes. “Slegs vier informele skuilings is tot dusver verwoes. Geen beserings is aangemeld nie,” het hy gesê. “Die wind is ʼn groot uitdaging vir die brandbestryders, maar hulle doen alles in hul vermoë om seker te maak dat persone en diere nie beseer word nie en eiendom nie beskadig word nie.”

Volgens die SA Weerdiens sal die wind na verwagting Donderdag begin bedaar en dit sal die proses vergemaklik vir die brandbestryders.

Brande woed steeds voort in die Knysna-gebied in die Wes-Kaap. Minstens vyf persone het reeds in dié brand omgekom. Lees alles oor die Knysna-brand op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

piper ·

hoe is dit dan die brande net in DA beheerde gebiede voorkom.

jip ·

Polisie het reeds bevestig dat Knysna se brande a.g.v brandstigting is en PE se voorvalle vermoed hulle ook brandstigting… So hartseer dat soveel mense ALLES verloor het deur mense se onbenullighede

Ben ·

Mense, dit kan mos nie so aangaan nie!
Ek het ñ voorgevoel dat as daar kan bewys word dat dit brandstigting was, gaan daar groot moeilikheid kom.

EK ·

Daar is reeds 4 mense gevang wat op heterdaad betrap is wat brande gestig het by Plett so ek glo res is ook gestig. Hulle juig mos oor brande sê dis hulle gebede na hul voorvadergeeste wat verhoor is sodat wittes kan dood en uit die pad kom. Moet nie die vervolg wat dit gedoen het nie. Steek hulle aandie brand dat hulle kan voel

Pitbull ·

Sedert ‘n sekere firma die staatstender bekom het om brande in S.A. te bestry brand ons land. Miljarde rande word aan hierdie mense betaal om die brande e bestry. Sit bietjie 2 en 2 bymekaar dan kyk jy wat jy kry. Maar hulle moet onthou dat God Almagtig nie slaap nie. Hulle plekke wag in die hel waar die vuur nooit uitgeblus sal word nie,

pieta ·

Die hele ramp in Knysna en PE lyk baie na brandstigting. Gaan praat met die voorbokke van Land First Black First beweging. Hulle het met brandstigting gedreig en kan dus as verdagtes beskou word.

Ashlee ·

Ben, hoe ver is te ver!! Verduidelik. Ek meen, vir jare noual word die “boere” besteel, vermoor, verkleineer en is tans n tweede klas burger sonder enige hoop vir sy toekoms. Te ver is mos dan sekerlik jare en jare gelede te ver, of hoe.

Lynette ·

Ek het nou al twee keer berigte gelees wat se dat dit im Knysna goed reen en van die brande geblus is. Is dit die waarheid? Want ek sien nerens fotos van reen nie, net brande en fotos wat wel te sien is, wys geen nattigheid nie. As dit nie waar is nie, waarom gerugte versprei oor reen?

Alida ·

Lynette, ek is net so verstom dat niemand iets meld van reen nie. Kan ons asb nou weet of dit gereen het in Knysna of nie. Mens kan niks aflei van die nuus of inwoners daar nie. Laat ons groot asb weet of dit reen daar.

Lynni ·

Ek lees net nou op News24 wat ‘n spesialis kenner op die gebied van brande te sê gehad het. “Simultaneous fires starting at the same time raises a big red flag” Iemand anders het getweet dat daar gesien is hoe brande gestig is by PE.

pieter ·

DIE ANC IS BANG HULLE GAAN SKEUR AS ZUMA LOOP TE HEL MET SUID AFRIKA NOU STEEK ONS DIE LAND MAAR AAN DIE BRAND.VANG EN EN HANG DIE MISDADIGERS HULLE HET MOORD GEPLEEG.

N Lourens ·

Ben die DA bestaan nie uit die boere nie. Die DA se ego is dieper en wyer as wat dit wil voorkom soos by sy voormalige leier en blyk dit ook diep vas gemessel te wees by sy kiesers.Die brand is nerens geverifieer as branbstigting en is daar teenstrydighede oor die ontstaan en verspreiding daarvan.Die DA gaan soek gewoonlik die bobbejaan agter die berg en vind hy hom nie dan bring hy die prooi terug wat n molshoop is en maak dan van hom n berg.

N Lourens ·

Misdaad, moord en doodslag vind nie net in DA beheerde gebiede plaas soos uit die bo-genoemde kommentaar. SA het verval en is vasgevang.

Alida ·

Dit het blykbaar gister vir ‘n kort rukkie liggies gereën by Plettenbergbaai en dit het ‘n bietjie gehelp, maar daar was nie sprake van baie of harde reën nie. Ons het vanoggend van ‘n vriend in Mosselbaai gehoor dat daar nou ook brande in die omgewing van Mosgas is. Dit is aan die Kaap se kant van Mosselbaai, en as die winde steeds van die Kaap se kant af waai, is Mosselbaai ook in gevaar.

jaco ·

Plettenbergbaai is ANC en daar brand dit ook. So hoekom sal hulle brande in hulle eie plek stig?

jaco ·

As die brande brandstigting teen wit mense is, waarom brand daar dan ook plakkerhuisies in knysna waarin Kleurlinge en Swartmense woon?

Johannes Meintjes ·

Vernietiging van enige aard is betreurenswaardig, – moord, roof, branstigting, lieg, swak administasie (pligsveruim) edm. ingesluit. Die vernietigende dinge werk ook net indien daar baie apatiese burgers his wat daardeur be-angst, geboelie en gemanipuleer kan word, en nooit iets leer daaruit nie. Buurtwagte wat met nooddienste op munisipale en provinsiale vlakke saamwerk kan baie doen om lewens, eiendom en rampe te help aanspreek. Die WNNR het GPF stelsels ontwerp wat alarm maak en die ligging van die brand op die GPF area beheerder se areabeheerskerm aandui m.b.t. veldbrande in die GPF Sektore.

Syzy ·

Hou op om die politieke kaarte rond te gooi . Mense op hierdie stadium moet julle liewer bid dat die Here die Hemel oop maak en groot reen stuur om daardie brande te blis .
My hart is seer vir die mense wat dood is ,en seer gekry het in die brande en al hulle besittings verloor het . Dis ongelooflik erg!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.