Brandende Wits-bus word ondersoek

Die bus wat op 17 Februarie 2016 buite 'n Wits-koshuis aan die brand gesteek is Foto: @andimolf, Twitter

Die bus wat op 17 Februarie 2016 buite ‘n Wits-koshuis aan die brand gesteek is Foto: @andimolf, Twitter

Die Universiteit van die Witwatersrand het Donderdag die polisie ontbied om ʼn saak van brandstigting te ondersoek nadat ʼn bus van die universiteit aan die brand gesteek is.

Die bus is Woensdagaand buite een van die universiteit se koshuise in Parktown, Johannesburg, aan die brand gesteek.

Shirona Patel, woordvoerder van Wits, het bevestig dat die bus aan die universiteit behoort het. “Ons weet nog nie waarom die bus aan die brand gesteek is nie, maar as studente betrokke was, sal hulle dadelik geskors word en tugstappe gedoen word,” het sy gesê. “ʼn Kriminele saak is by die Parkview-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Volgens Patel is die bus deur versekering gedek, maar die omvang van die skade is nog nie bekend nie.

Die Parkview-polisie was nie beskikbaar om kommentaar te lewer oor die ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan ·

Welkom by Wennie Mandela se beloofde revolusie. Moenie die potensiaal van ‘n revolusie ooit onderskat nie. Ek weet daar is mense wat nou met brawade sal sê:’Ek laat my nie intimideer nie! Ek sal aandring om my vrye regte uit te leef. ‘
Oppas hierdie is nie net intimidasie nie. ‘n Revolusionis verwelkom weerstand, want dit skep die geleentheid om sy optrede te regverdig. Dit vat nie ‘n baie slim denker om te besef ons geweldadige revolusie is hier nie. Elke land in Afrika het ‘n geweldadige revolusie gehad. Hierdie revolusioniste het geen erg aan regte nie. Bly weg van enige betoging of ‘n sigbare groepvorming. Revolusioniste in sulke groepe buit geleenthede uit. In die ou polisie en weermag was daar spesifieke opleiding om sulke aanhitsers in die skares te identifiseer en uit te haal. Sonder hierdie vaardigheid is enige saamtrek potensieel ‘n moordbende.

Frederik ·

Johan, ons hoop Afriforum lees jou kommentaar. Wat het Cameron gedink gaan hy vandag by US bereik met sy 30 ondersteuners en pers gesigte? Daar’s hordes onopgevoedes op die US kampus. Hy stel eintlik sy lede se lewens in gevaar.

Nita ·

Waar is die dae toe jy net kon gaan studeer as jou ouers jou studies kon betaal. Jy sou jou nie soos n boef gedra nie, want jy het besef dat jy bevoorreg is om te kan studeer.

Karma ·

Nita …. Dit was LAAAAANK gelede, toe SA nog ‘n land was wat gewerk het. Jou ouer (of jyself) moes eers jou studie- en koshuisgelde betaal VOOR jy kon gaan studeer het. Daar was reëls en regulasies wat jy geen ander keuse gehad het as om te gehoorsaam het nie. Die SR was nie ‘n spul polities-opgesweepte, oningeligte, onintelligente papegaaie nie: hulle was daar om wet en orde op die kampusse en koshuise af te dwing.

DPJ ·

In RSA en ander lande is reg verkeer en verkeerd reg.
Mense keer asseblief terug na God en alles sal in plek val.

Asjas ·

Is dit nie die praktiese gedeelte van wat deesdae by Universiteite geleer word nie?

dolfie ·

tot tyd end wyl die vandals swaar gestraf en allies wat hulle het en in afsienbare toekoms gaan verbeur totdat die wat hulle veroorsaak hett, verhaal is, sal hulle aanhou verwoes en plunder.

Theresa B ·

Hulle moan oor alles. Alles in hul kultuur moet met geweld “reggemaak” word. Kan dit nie tot hul deurdring dat alles geld kos nie en hulle rig meer skade aan as wat daar iets goed hieruit kan kom. Hulle sal nooit regkom nie. Daar is GEEN hoop met diè spul nie!!!!

m ·

Wonder nou net wat gaan gebeur met die student wat die bus afgebrand het of word dit nou gesien as Vryheid van wat ook al, en dis hulle reg om dit te doen. Weet nie wat soek hierdie mense daar nie, het nie veel tussen die ore nie anders sou hulle meer intelligent opgetree het!!!!

Pappa Beer ·

En dan more, oor n more, demonstreer en toi-toi hulle weer want daar is nie vervoer vir hulle nie! En dan word dit weereens op apartheid en die blanke onderdrukkers geblameer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.