Branderplankryer deur haai aangeval

‘n Branderplankryer in Jeffreysbaai Foto: “JBay-Surfing at supertubes-001” deur NJR ZA via Wikimedia Commons

ʼn Branderplankryer sterk in die hospitaal aan nadat hy Woensdagoggend deur ʼn haai in die water by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap aangeval is. Strande in die Kouga-munisipaliteit is ná die aanval gesluit.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die 40-jarige branderplankryer van Kaapstad omstreeks 07:07 by The Point in Jeffreysbaai saam met ander branderplankryers branderplank gery.

Volgens ooggetuies het dit aanvanklik gelyk of die man van sy branderplank afval. Later het dit geblyk die haai het die man van sy branderplank afgestamp en toe gebyt.

NSRI-reddingswerkers, Gardmed-ambulansdienste, die Oos-Kaapse nooddienste, Private Care-ambulansdienste en Exec Ops-sekuriteit is ook na die toneel ontbied.

“Die man is uit die water gehaal en paramedici het hom op die toneel behandel. Hy het bytmerke op sy regterbeen en aan sy bolyf opgedoen,” sê NSRI.

“Die man is in ʼn stabiele toestand met die Gardmed-ambulansdienste na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.”

Die NSRI het swemmers, branderplankryers en strandgangers aan die Jeffreysbaaise kus gemaan om versigtig te wees en ook ʼn vaartuig die water ingestuur om mense in die water oor die voorval in te lig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Phillip

Die haai het hom as rob gesien ken nie die verskil tussen mens en see diere nie ai . Ons is in hulle terretorie

Tiptol

As dit nie Cele is nie, is dit ‘n haai. Sterkte.