Branderplankryer red vrou, meisie en baba

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Branderplankryer het Vrydag ʼn volwasse vrou, ’n 14-jarige meisie en ʼn 8 maande oue baba se lewens gered.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het Saterdag gesê paramedici is die middag na Westbrookstrand in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal ontbied nadat hulle kennis ontvang het van ʼn voorval van verdrinking wat verskeie mense behels.

“Drie vroue saam met ʼn babadogtertjie en ʼn meisie het die strand gaan besoek. Hulle is nie plaaslike inwoners nie. Hulle het op die strand in die water gestaan toe ʼn baie groot golf hulle skielik omgeslaan en die see ingesleur het,” het Dollman gesê.

Twee van die vroue kon op hul eie na die strand terugkeer, maar een vrou, die meisie en die baba het in die moeilikheid beland.

“Gelukkig was daar baie mense in die omtrek en het gesien wat gebeur het en toe hulp ontbied. Die drie is deur ʼn onbekende branderplankryer gered wat hulle veilig na die strand gebring het.”

Paramedici van Netcare 911 en lewensredders het die vroue daarna bygestaan en ondersoek. “Die twee vroue wat self uit die see kon kom was geskok, maar ongedeerd. Die ander vrou, die meisie en die baba moes egter behandeling ontvang vir simptome van verdrinking. Die meisie se toestand was die ernstigste van die drie.”

Al vyf mense is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die vrou het later in die hospitaal die man wat tot hul redding gekom het, as “hul engel” beskryf. “Hy het uit nêrens uit verskyn en ʼn paar minute later toe ons veilig was, net weer verdwyn,” het die vrou gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Baie respek en baie dankbaar vir die branderplankryer. Hy het hulle gered omdat hy regtig wou help, nie omdat hy die eer wou hê nie.

Genoeg ·

Dalk moet mense begin glo in wonderwerke. Dit gebeur daagliks en almal kyk dit mis.

Juffie ·

Ek stem eenhonderd persent met jou saam. Ons word so oordonder met al die slegte dinge dat ons die belangrike goed mis kyk!

Werklik? ·

Ek bedoel dit opreg as ek sê dat hy werklik ‘n engel was wat gestuur is. Ja, daar is nie einde aan wonderwerke.

Aster ·

Hy was inderdaad ñ engel wat die Here gestuur het. Ons dien ñ wonderlike God…??

Ek wou nog sê ·

Aan God die eer met Dankie aan die onbekende Engel gestuur deur ons Skepper.

Donderstorm ·

Elke more wat jy jou oe oopmaak is n wonderwerk die mier opi grond die voel in die boom wat sing als kom van bo genade van God die belangrikste van die tien gebooie is die liefde as jy jou mede mens lief het sal jy hom of haar nie leed toewens nie.Ek is bly om te lees dat mense God eer ons moet leer om op sy krag staat te maak en nie op die vleeslike arm van ons luiers nie hul sal ons net in die steek laat maar nooit ons lewnde God nie dit is so

kzner ·

daar was waarskuwing uitgereik oor groot golwe vrydag. beste is om weer aplikasies af te laai en dit dop te hou. 3m swelle is nie n grap nie.

Winifred ·

Aan die branderplankryer wil.ek net se welgedaan. Jy is n werklike held. Ek het baie respek vir jou. Mag jy baie geseën word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.