Branderplankryers kom tot skipper se redding

(Foto verskaf deur die NSRI in Port Alfred.)

Branderplankryers het ’n man uit die see by Port Alfred in die Oos-Kaap gered nadat hy van ʼn vaartuig geval het en in die water beland het.

Die skipper van die skiboot was verlede week besig om die Kowieriviermond binne te gaan toe ’n golf oor die boot gespoel en hy uit die boot geval het.

Gerrit Cloete van die plaaslike Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê plaaslike branderplankryers het die man in die water te hulp gesnel en veilig tot op by die Oostelike Strand gehelp.

Die man was ongedeerd.

Een van die skiboot se bemanningslede, wat nog nooit voorheen ʼn boot beheer het nie, was weens die voorval wel genoop om die stuur van die boot oor te neem.

Die NSRI het by hul aankoms hul weg tot by die skiboot gevind waar ’n reddingswemmer op die skiboot oorgeklim het. Die bemanningslid is tot op die NSRI se boot gehelp en na veiligheid geneem terwyl die skiboot teruggeneem is na die kaai in die Kowierivier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.