Branderplankryers red pa en seun

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa en seun wat in die see by Nahoon-strand in Oos-Londen in die moeilikheid geraak het, is deur branderplankryers gered.

Geoff McGregor, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Oos-Londen, het gesê hulle is omstreeks 19:00 Saterdag na die strand ontbied ná berigte dat iemand verdrink.

“Met ons aankoms het ons verneem ʼn pa het die see ingeswem om sy seun wat in die moeilikheid beland het te probeer help. Die pa het moeg geraak en self in die moeilikheid beland.” Volgens McGregor het branderplankryers tot die pa en seun se redding gekom.

“ʼn Plaaslike branderplankryer, Brandon Flynn, het die seun uit die water gehelp en is toe terug die see in om die pa te help. Die pa kon aan die branderplank vasklou aangesien hy heeltemal uitgeput was. Nog twee plaaslike branderplankryers, Jordy Malherbe en sy pa, Andre, het intussen op die toneel aangekom en gesien hoe Brandon die man probeer help. Hulle het Brandon en die pa veilig na die strand teruggebring.”

McGregor het die branderplankryers geloof vir hul spoedige reaksie. Die pa en seun is deur paramedici ondersoek en het geen verdere mediese sorg benodig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

Dankie vir die branderryers dat julle tot pa en seun se reding gekom het.
Waardeer dit.

Magda ·

Die Brander plank ryers is engele. Mag pa en seun besef hulle het n 2 tweede kans gekry.

Vivian ·

Wow, dankie vir die branderplankryers, veral vir Brandon wat eerste tot hulp was. God seen julle en bewaar julle. Julle is dapper helde.

Marianne ·

As ou wave catcher of surfer het ons altyd gese lekke by die see more gaan ons wee….. Skool vakansies wanneer die Vaalies kom het ons leuse locals rule gestaan.
Ons was nooit TE goor met die spul nie, hulle betaal after all om by “ons” te kuier.
Ons het snags gesurf met ‘n bom fire op die strand, ins het strand lanks van dorp na dorp geloop.
THOSE WERE THE DAYS – GOOD OLD 80’S…
Nou is ons ouers, ons kinders gaan nie alleen stand toe nie, hulle mag nie uit ons sig speel nie, hulle mag nie alleen roomys gaan loop nie.
DIS NIE MEER LEKKE BY DIE SEE NIE!!!
Ons vat mid-week AF om ons kinders die see te wys. Vakansies bly ons tuis – die paaie – vakansie oorde en strande is net te gevaarlik.
DIS SAD!

LB S ·

So waar wat jy sê, Marianne. Maar ons moet maar die blink kant bo hou en dankbaar wees dat daar darem nog plekke is waar gesinne saam kan vakansie hou, al moet mens op jou hoede wees en jou kinders heeltyd beskerm. Dinge verander, dit is maar die lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.