Branderskiër se liggaam gevind

Mark Feather (Foto: NSRI)

Mark Feather (Foto: NSRI)

Mark Feather (43), die branderskiër van Rivonia in Johannesburg wat Saterdagoggend naby Oos-Londen tydens ʼn branderski-wedren verdwyn het, se liggaam is Maandag opgespoor.

“Feather se liggaam is op die strand in die omgewing van Trennery in Transkei gevind,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Sy liggaam is aan die polisie oorgegee. ʼn Geregtelike doodsondersoek gaan gedoen word.”

Feather het verdwyn terwyl hy aan die Peter Marlin-branderski-wedren deelgeneem het. Hy en vyf ander branderskiërs het weens sterk winde en rowwe seetoestande nie by die eindstreep opgedaag nie. Die ander vyf mededingers is tydens ʼn soektog op die strand opgespoor.

Daar is Saterdag en Sondag na Feather gesoek. ʼn Gedeelte van sy branderski is Sondagoggend omstreeks 07:00 opgespoor. Daar is later nog stukke van die branderski verder noord teen die kus opgespoor wat die soektog verfyn het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.