Branderskiër word steeds vermis

Mark Feather (Foto: NSRI)

Mark Feather (Foto: NSRI)

Die soektog na Mark Feather (43) van Rivonia in Johannesburg duur voort nadat hy Saterdagoggend naby Oos-Londen verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

“Die omvattende soektog, insluitend seevaartuie van die NSRI, ʼn ligte vliegtuig van die Border-lugvaartklub, ʼn AV8-reddingshelikopter, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die polisie se duikeenheid en honde-eenheid, die 4×4-klub, veldfietse en kwadfietse, en lede van die kanoklub het Sondagoggend met eerste lig al hervat,” het ʼn woordvoerder van die NSRI in ʼn verklaring gesê.

Feather het verdwyn terwyl hy aan die Peter Marlin-branderski-wedren deelgeneem het.

“ʼn Gedeelte van sy branderski is Sondagoggend omstreeks 07:00 opgespoor. Daar is later nog stukke van die branderski verder noord teen die kus opgespoor wat die soektog verfyn het.”

Die NSRI doen ʼn beroep op die plaaslike gemeenskap in die gebied van Morganbaai, Groot Keirivier en noordwaarts tot by Transkei om op die uitkyk vir Feather te wees.

Mark Feather (Foto: NSRI)

Mark Feather (Foto: NSRI)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leeutjie ·

‘n Haai? Stukke van sy branderski het my outomaties laat dink! Miskien kyk ek te veel haai aanvalle! Ek bid rerig vir hierdie man en sy gesin… so ‘n mooi mens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.