Brandewyn dalk binnekort goedkoper

Foto: www.wikipedia.org

Foto: www.wikipedia.org

Die prys van brandewyn gaan waarskynlik afwaarts aangepas word. Die tesourie het aangekondig hy oorweeg dit om belasting op dié drank te verlaag.

Die vervaardiging van brandewyn is ʼn omslagtige proses wat ook onderhewig is aan ʼn verouderingsproses. “Die hoë belastingvlak waarteen brandewyn belas word, benadeel hul mededingendheid in die mark. Vyf liter wyn word gebruik om ʼn liter brandewyn te vervaardig,” lui die verklaring van die tesourie.

Die tesourie het verder gesê ander drank soos whiskey, jenewer (gin) en vodka word bevoordeel, omdat hulle nie aan so ʼn duur en uitgerekte produksieproses onderhewig is nie. “Die vraag na brandewyn het in die afgelope dekade gedaal.”

Daar word beplan om die belastingvlak met 10% oor die volgende twee jaar afwaarts aan te pas. Die tesourie hoop dié stap sal brandewynvervaardigers meer mededingend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Berhalet Beukes ·

If all else fails, verlaag die belasting op drank! Kan jy jou meer!

Jacques ·

Ek moes net seker maak oor vandag se datum. Wel dit is goeie nuus. Hoop net die korting kom deur na die gebruiker

Carel ·

Solank die verbruiker net die verskil sien aan die einde van die dag en dit nie alles in die groot manne se sakke beland nie. Distell (SAB 40% aandeel) – Richelieu, Klipdrift, Olof Bergh.

Paul ·

Wel, Carel – as jy reken Distell maak lekker baie geld, is die oplossing mos om ‘n eienaar van Distell te word. Die aandele verhandel vryelik op die JSE. Jy kan self ‘n “groot man” word en van die wins in jou sak laat beland deur van die aandele te koop.

Ook net ‘n korreksie – SAB het nie ‘n 40% aandeel in Distell nie. Dis ‘n 26,5% aandeel. Maar jy kan SAB-aandele ook koop as jy wil.

Iewers moet jy begin, anders gaan jy altyd net kla.

Johann Marx ·

Ek het iets ontdek wat Coca-Cola se smaak hondervoudig verbeter…..en ek het dit selfs vir hulle gesê!! BRANDEWYN!!!

Johann ·

Kom nou Carel, koop die beherende aandeel dan drink jy grates weet net nie hoe kom jy verby 1Petrus4:3 nie.  Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.

Boekies ·

En studente reg oor die land juig!!! #BrandewynPryseMoetVal

Schalk ·

Ongelukkig drink ek nie meer brandewyn nie. Ek het n alergie ontwikkel. Ek slaan sulke knoppe uit van al die val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.