Die prys van brandewyn gaan waarskynlik afwaarts aangepas word. Die tesourie het aangekondig hy oorweeg dit om belasting op dié drank te verlaag.
Die vervaardiging van brandewyn is ʼn omslagtige proses wat ook onderhewig is aan ʼn verouderingsproses. “Die hoë belastingvlak waarteen brandewyn belas word, benadeel hul mededingendheid in die mark. Vyf liter wyn word gebruik om ʼn liter brandewyn te vervaardig,” lui die verklaring van die tesourie.
Die tesourie het verder gesê ander drank soos whiskey, jenewer (gin) en vodka word bevoordeel, omdat hulle nie aan so ʼn duur en uitgerekte produksieproses onderhewig is nie. “Die vraag na brandewyn het in die afgelope dekade gedaal.”
Daar word beplan om die belastingvlak met 10% oor die volgende twee jaar afwaarts aan te pas. Die tesourie hoop dié stap sal brandewynvervaardigers meer mededingend maak.
If all else fails, verlaag die belasting op drank! Kan jy jou meer!
Ek moes net seker maak oor vandag se datum. Wel dit is goeie nuus. Hoop net die korting kom deur na die gebruiker
Solank die verbruiker net die verskil sien aan die einde van die dag en dit nie alles in die groot manne se sakke beland nie. Distell (SAB 40% aandeel) – Richelieu, Klipdrift, Olof Bergh.
Wel, Carel – as jy reken Distell maak lekker baie geld, is die oplossing mos om ‘n eienaar van Distell te word. Die aandele verhandel vryelik op die JSE. Jy kan self ‘n “groot man” word en van die wins in jou sak laat beland deur van die aandele te koop.
Ook net ‘n korreksie – SAB het nie ‘n 40% aandeel in Distell nie. Dis ‘n 26,5% aandeel. Maar jy kan SAB-aandele ook koop as jy wil.
Iewers moet jy begin, anders gaan jy altyd net kla.
Ek het iets ontdek wat Coca-Cola se smaak hondervoudig verbeter…..en ek het dit selfs vir hulle gesê!! BRANDEWYN!!!
Ai wat sal ek nou sê. Lekker man, lekker.
Kom nou Carel, koop die beherende aandeel dan drink jy grates weet net nie hoe kom jy verby 1Petrus4:3 nie. Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
Dit wys jou net brandewyn het brieke
Hoop hulle verlaag ook die prys van remskoene!
Dan kan hulle maar netsowel tabak weer adverteer.
Oooo, huismoles, hier kom ons alweer…
En studente reg oor die land juig!!! #BrandewynPryseMoetVal
Ongelukkig drink ek nie meer brandewyn nie. Ek het n alergie ontwikkel. Ek slaan sulke knoppe uit van al die val.