Brandfort-boer se ‘aanvallers’ los; hy dalk nou aangekla

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 70-jarige boer van Brandfort in die Vrystaat is woedend oor die nuus dat drie mans wat hom glo verlede jaar aangeval het, op vrye voet is en hy boonop dalk van moord aangekla gaan word nadat hy homself tydens die aanval verdedig het.

Maroela Media het vroeër berig Carel Gutter is op 29 Augustus in die motorhuis op sy plaas deur vier aanvallers oorweldig.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, het destyds gesê Gutter het in sy bakkie geklim toe ʼn verdagte skielik teen die ruit geklop en ʼn vuurwapen te voorskyn gebring het. Gutter kon deur die passasiersdeur ontsnap en vlug. Die verdagtes het op hom geskiet en hy het teruggeskiet. Een van die verdagtes is in die rug getref.

Die polisie is na die toneel ontbied en drie van die vier verdagtes, tussen 26 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede. Die beseerde verdagte het op pad na die hospitaal beswyk. Die verdagtes is in September 2016 borgtog geweier.

Jaco Dempsey, Gutter se regsverteenwoordiger, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy kliënt het hom sowat twee weke gelede opdrag gegee om ondersoek in te stel nadat hy een van die vermeende aanvallers in die dorp sien rondloop het.

“Ek het vir hom gesê dis onmoontlik, want sover my kennis strek is hul borgtog geweier en hulle is in aanhouding,” het Dempsey verduidelik. Hy het navraag by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gedoen en is ingelig dat adv. K.E. Leshie-Shalie besluit het om die saak terug te trek, aangesien hy dink “die kanse is skraal dat hulle skuldig bevind sal word”. Die mans is op 9 Februarie vrygelaat.

Alhoewel Gutter nog nie formeel aangekla is nie, is Dempsey deur ʼn polisiebeampte en lid van die NVG ingelig dat daar beplan word om hom vir moord vervolg.

“Mnr. Gutter is woedend. Hy het opdrag gegee om met ʼn private vervolging teen die mans te begin. Ons voel daar is genoegsame bewysstukke en getuies se verklarings om hulle suksesvol te vervolg en dan is daar die feit dat die landdroshof hul borgtog geweier het weens die erns van die misdryf.”

Maroela Media het navraag by die NVG gedoen oor die aangeleentheid en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Theresa Bt ·

Huh – Ek sweer nou het ek alles gesien/gelees………………………………………. ??

Hendrik ·

Interessant ne. Ook insiggewend dat plase nou deursoek gaan word deur die polisie vir die besit van meer as 200 patrone per wapen. Wie is nou eintlik die booswig hier?

Koos ·

Jy mag meer as 200 patrone besit as jy toegeweide jagter status of sport skut status het.

Apie ·

Privaatvervolging. Kontak Afriforum (Adv Gerrie Nel). Dis hoekom die kaders moor en roof soos hulle wil. Hierdie regering is n skande!!!!

What a joke! ·

Verstaan jul dan net nie blankes van Suid Afrika.. Jul is die teiken! Dit is n stille oorlog teen jul!
Die onderdrukking gaan net vererger. Payback for way back! Die anc se huursoldate om die blankes te vermoor sal beskerm word! Wat voorkom as onregverdig is die presiese plan om die blankes ongemaklik en onderdruk te laat voel…..stem Afriforum moet die Boer bystaan…daar gaan nog baie sulke gevalle voorkom waar die Boer wat homself verdedig as die skuldigge afgemaak gaan word!

natasha ·

So gerieflik dat hulle kan doen net wat hul wil sonder enige gevolge

botterblommetjie ·

Ja, ek is heeltemal bewus van die sielkundige sowel direkte oorlogvoering. Subtiele opduiking van iemand wat hier en daar iets sê, maar dan net jammer sê… The bigger picture, omdat ons besig gehou word met klein simpel dingetjies en sake maak, wat kernfigure besig hou, ens. Ja, ons word goed omsingel en ons is blind… ons trategie, wat deur Afiforum ens. beplan word, is reeds gekniehalter… begin kyk met oë wat dieper en breër sien… Gelukkig hou ek vas aan God en nie wat tans gebeur nie anders sal ek dit nooit maak nie…

Jean ·

Dit is absoluut skokkend dat ons regstelsel ons so in die steek raak. ‘n Blanke boer word deur 4 swart aanvallers aangeval. Hy verdedig homself fiercely teen hierdie aanvallers, net om vir moord aangekla te word sodat hulle kan LOOP? Was hulle wapen gelisensieerd waarmee hulle hom aangeval het? Ek kan nie glo ons sit in ‘n BANANA Republiek met so ‘n REGSTELSEL nie, mens het darem gehoop die regstelsel bly nog onpartydig maar HELAAS!! Borgtog is geweier maar die saak is teruggetrek? Hoe verstaan mens dit? Dit is absoluut onaanvaarbaar. ROER HULLE!

gatiep ·

Ek het nie meer woorde nie.
Ons beter vinnig plan maak die blok raak nou baie benoud.

Ken ·

Ja-nee…. Dinge in SA gaan nou na “next level” toe. Moet maar regmaak vir nog baie surprises… Tyd om te besef die dae van “wet en orde” is verby. Vraag is, hoe nou gemaak??? En ongelukkig kyk die res van die wereld ander pad….

Sharon ·

Ons moet vertroue hê in ons regstelsel? Watter regstelsel is dit?
Belaglik

AL ·

N Regstelsel wie die kriminele fees mee vier. Kriminele het geen respek mee vir wet en orde nie – want Nr 1 maak so.
Die howe se vonnisse is ook belaglik lig, dit is die wat ons nooit die onkruid van kriminele behoorlik sal uitroei nie.
Ons moet vir Zuma vra of hy dink die kriminele gaan in ons plek belasting betaal met die trant want ons aangeval/vermoor en vervolg word!

Johan Kotze ·

Nog ‘n bewys dat misdaad, en veral moord op blankes, deel van die ANC regeering se oorhoofse idiologiese bestuursbeleid is.

Leonie ·

WAT!!!! Nou weet ek 100% dat ons regstelsel die krimineel beskerm. Dis absurd!!! Wil hulle hê ons boere en wittes moet vermoor word. Lyk my as jy ‘n krimineel in SA is het jy ‘n great lewe!!

Penellope Jones ·

Opmerklik hoe dinge geswaai word om die geel, groen en swart party te pas.
Dit kan dan beteken dat mens nie jouself sal “mag” verdedig teen boewe, moordenaars, en verkragters nie!
So reg in die anc se kraal.

Francois le Cochon ·

Die boer skiet een van die 4 in die rug. Die ander drie vlug nie, maar bly daar tot die polisie opdaag, en word in hegtenis geneem vir poging tot moord en roof. Is die boer se weergawe die waarheid?

Stephanus ·

Nerens is dit genotuleer dat die ander 3 daar gewag het nie, dit is net gese hulle is gearresteer.

Anneke Scott ·

Gaan lees vorige berigte ook. Die doel van die berig is duidelik nie om die hele storie te herhaal nie maar om inligting deur te gee oor aanvallers wat nou vry loop. Hulle het gevlug en hul wapen in bosse versteek en is deur plaaswerkers gevang as ek reg onthou. Dit is goed dat mens dinge bevraagteken, maar moet net eers regte feite kry.

Justice ·

Francois die 3 het gesien dat die oom kan skiet en het moontlik self oorggee om hulself pyn en lyding te spaar – hy kon hulle met sy vuurwapen aangehou het totdat die polisie gekom het. Jy redeneer vir my al soos `n prokureur wat in kriminele sake spesialiseer.

conrad ·

Hulle was daar om hom te vermoor,as hy nie sy vuurwapen gebruik het nie was hy vandag ook statistiek.
dit kom daarop neer dat jy moet stilstaan dat hulle jou doodmaak?Hulle loop met ongelisensieerde wapens rond, gesteel! Daar behoort onmiddellik opgetree te word, voor daar nog n moord kom deur die 3 wat nou vry rondloop. Dit skep boonop n president vir ander om dit ook te doen.
Binnekort vier ons van Riebeeckdag. My seun kom se vir my, van Riebeeck moes hier verby gevaar het,nooit hier aan wal gegaan het nie! My seun(elektrotegniese engineer) het lank in lande in Afrika gewerk (kontrakwerk vir USA) – oral van Chad tot Angola noem op- hy was soms siek as hy terugkom van die wreedheid wat hy gesien het(tussen verskillende stamme) sy woorde aan my was,al wie gaan oorleef is die wat SA verlaat. Al my kinders is nog hier, maar die oomblik is naby want hierdie skip sink. Stadium 8 van genocide is ONTKENNING. Wat met hierdie Balfour-boer gebeur nou,is wat gaan kom vir almal. Jy sal nie jouself KAN verdedig nie. Ons woon in die Kaap- en die aanrandinge op blankes wat ons om ons sien,haal ook nie die nuus nie. Onthou, genocide is nie net moord nie, dis ook die wegneem van alle regte van n volk, hul kultuur taal en waardigheid- bestaansreg! Met die Turkse genocide teen Armenie is die Armene se wapens eers weggevat! Hulle is ontwapen en toe wreed vermoor.

Desire ·

Hulle word nie langer as 2jaar in tronk gehou nie. Ek raai nie. Inside info. Dis feite

botterblommetjie ·

As ek kon trek was ek al weg… ongelukkig is my opleiding en finansies van so aard dat ek gestrand moet bly… As ek ‘n plekkie op ‘n boot kon kry en ‘n werkie was ek al weg… Mens vra nie baie nie, net ‘n veilige plekkie in die son. Luiheid is nie deel van my CV nie, maar dit help ongelukkig nie vir ‘n plekkie in die son nie. As ek jy was Conrad, was ek en my gesin al weg, want die geleenthede vir die wat dit kan bekostig/ kwalifikasies het, raak ook op…. Laat jou skippie vaar…. en moet nooit terugkyk nie, want die horison is rooi… nie mooi terug nie..

AL ·

Skokkend! In die hele geskiedenis van SA het ek nog nie van so n belaglike bevinding gehoor nie!!
Die plaasaanvallers loop nou vrylik rond – Afriforum moet druk plaas dat die regering se databassisse met mekaar gelink word – soos die geval van die jong meisie wie in Theunissen wie verkrag is, wie die verkragter op parool uit was (intussen het die polisie hom gesoek vir ander misdrywe) – dalk word die aanvallers ook gesoek vir ander misdrywe.
Daardie advokaat shali watsenaam moet afgedank word. Duidelik onbevoeg en nie objektief.
Wat soek die betreders op die boer se plaas? Die 70 jarige boer is bejaard! Net so weerloos soos n kind of vrou.

Jef ·

Die regssisteem in die land is siek verby, So die advokaat laat hulle vry uit loop sonder n regter se uitspraak.

Rina Pretorius ·

DIS NIE REG NIE SOWAAR, EEN TEEN 4 AANVALLERS, EN DIE EEN IS ‘N 70 JARIGE BOER. IEMAND MOET HIER HELP WANT DIE BOER HET NIE NA HULLE HUISE GEGAAN EN DIE MISDADIGER DAAR GAAN SKIET NIE, HY HET IN SELFVERDEDIGING OPGETREE OP SY EIE PLAAS, HOE REDENEER DIE REGSTELSEL DAN NOU, GAT KANT VORENTOE, HOE KOM HULLE DAAR MISDADIGERS VRYGELAAT HET. IETS IS ERNSTIG FOUT HIER. ONDERSOEK ONS REGSTELSEL EN POLISIE HIER BETROKKE

Elane ·

Wel dit is hoe dit is, hierdie tipe misdadigers het opdrag v ‘n veel hoër gesag en dit is om te moor, te plunder en net nie uitgevang te word nie. WANT HULLE WERK IS OM MENSE UIT SA TE DRYF EN GROND TE VAT WAT NIE AAN HULLE HOORT.

Oom Koos ·

Asb, luister na my – dit gaan erger word. Hierdie is maar net die begin……. Lees asb Siener en lig julself in oor wat gaan kom.

Ouma ·

Ek het nogal Siener van Rensburg se boek weggesmyt nadat ek dit gelees het. Glo nie in sulke goed nie. Maar nou is ek nogal spyt. Ek sou dit nou graag weer wou lees met die oog op wat deesdae gebeur. Ek hoop net ons kry ons reg vir wat hy voorspel het, sodat ons nie onkant betrap word nie. Dit het altyd heeltemal mal geklink….maar nou wonder ek.

Stephanus ·

Die skrif is aan die muur, Kenia, Kongo, Angola, Rhodesia, Mozabique, Suid Wes Afrika en nou SA. Ons is nie ligpienk of effe beige dat dit nie gaan gebeur nie. Ek is toevallig van Kenia (1961).

Piet ·

Stephanus dis goed om ‘n model te he waarop mens jou voorspellings skoei. Mens hoef nie siener se goed te lees om die skrif aan die muur te sien nie. Die boek “The Sate of Afrika” vertel mens presies wat in die hele Afrika gebeur het na die koloniale tydperk. Mense soos Francois hier bo is die eerste wat sy franse paspoort inspan om die land te verlaat. As MM nie sensuur beduiweld was nie, kon ek jou vertel wat om te verwag.

Annie ·

Die hoe bome sit agter alles en keur dit goed … ons het geen regte meer nie … ons help net die geld sakke vol maak waarop hulle weer hulle hande kan le …

christine ·

Jip sien dis presies wat ek heeltyd se vir die wat pleit hier vir die doodstraf.

Vytjie ·

Ons Afrikanerdom kan net nie saam staan en veg vir wat ons weet is reg nie. Kyk die ander nasies. Vrek as iemand net ‘n skewe woord oor hulle se, never mind uit moor staan hulle saam en betoog oral en maak wit mense en boere sleg. Wanneer gaan ons opstaan en begin veg. Ons vat alles maar net, o ja, nog ‘ n plaas moord. Regtig ons moet begin saam staan.

Shirley ·

Ag Vytjie, ek is so gedaan vir die alewige geteem dat Afrikaners nie kan saam staan nie. Miskien meng jy met verkeerde mense? Die Afrikaners wat ek ken, is daar vir sy medemens. En wanneer die staat dalk belsuit dat hulle hierdie oom gaan aankla, sal ek beslis op Brandfort (of waar ookal dit gebeur) wees.

werner ·

Sy is reg, die Afrikaner kon nog nooit saamstaan nie.Ons is n groep wat bymekaar staan, maar wat sy bedoel, al die Afrikaners in SA moet saamstaan, en hulle doen nie. Selfs die aan dieselfde kant staan nie saam nie. Leer by die ANC! Hoeveel regse groepies is daar?

Helizna ·

En die oom kan nou maar sy vrou en kinders groet, want hulle gaan waarskynlik in ‘n wraakaanval uitgewis word. :'(

Yster ·

Liewe hemel. Wie dink die Adv.Shalie is hy. Baklei ons nou teen die reg ook. Gelukkig het hulle net penne en togas en nie gewere en balaklavas nie.

christine ·

Ouma siener se boek le langs my. Ek belowe julle hy lees soos gister se koerant opskrifte. Hou op om die man te sien as n fortein verteller siener was baie Godvresend en hy was n profeet van God groot verskil.

Mel ·

Nee nee. Onaanvaarbaar! Lyk my jy moet maar n krimineel word. Dan gaan jy wegkom met alles. Ook dan gaan jy Parliament toe….

jacques ·

Dit is eenvoudig,hulle is besig om hul plan uit tevoer,hulle wil die boere uitwis en van hul grond verdryf,en dit gaan net erger raak,ons gaan nog sitting ducks raak hier want niemand gaan ons bystaan nie.hulle gaan nog die wapen wet ook so verander sodat ons geen mag het nie

Ek wonder ·

Daar kom wel paar vrae op by my… weet iemand of die boer sy vuurwapen byderhand gehad het? Moontlik was hy. Moontlik nie. As hy n persoon in die rug geskiet het, kan dit beteken dit die makkers reeds oppad was om te vlug. Dus was die boer nie meer in gevaar nie. Ek kyk objektief na die situasie. Ek keer die oorsprong ban die situasie glad nie goed nie. Dit wys nou net dat die vuurwapen wet baie noukeurig gevolg moet word.

Nel ·

Volgens Prof. Callie Snyman – ‘n afgetrede strafregkenner en outeur van die gesaghebbende boek Strafreg mag jy die inbreker in die rug skiet as hy in jou huis is, maar as hy besig is om bv te vlug uit jou erf uit, moet jy hom nie in die rug skiet nie, want dan was hy nie ‘n bedreiging vir jou nie.

Ek wonder ·

Dankie vir daai inligting NEL. Ek sal bietjie gaan oplees. Ek het wel ook n paar sale gaan oplees wat nou “common law” is. Dis net belangrik dat regte feite uitkom, sodat ons regte aksies kan meem in toekoms.

Pietman ·

Dis waar maar onthou dat iemand sy rug kan draai binne ‘n sekonde. Buitendien, hy was aangeval so sy lewe was in gevaar.

JoeV ·

Interesant, klink amper of die hof en nvg nou begin rol speel in die beplande grond gryp. Tesame met die beplande ontwapenings besoeke kan dit baie interesant raak.

Johan. H. ·

Wat sal jy se as iemand vir jou kom…Landrossie. Dan skree JY geregtigheid…

tamboti ·

Francois le Cochon laat jou logika en oordeel jou in die steek soos adv. Leshie-Shalie?
Kom ek help jou: Boer in sy eie garage, 4 vreemde mans wat gewapen is in die selfde motorhuis + skietery? Wie het die SAP gekontak, wie het weggehardloop (vorige artikkels)Laasgenoemde verdagtes is gearresteer en hul wapens gevind.
Is die verdagtes en wapens ondersoek vir vorige misdade?
Was hul nie reeds uit op borg, parool of opgeskorte vonnisse?
Is hul wettig in die land?
Dis die vrae wat JY eintlik moet vra!
En laastens: Is hierdie adv. wel behoorlik gekwalifiseer en het hy genoegsame ondervinding – ek dink die “kanse is skraal” dat hy bevoeg is!
Sterkte oom Carel Gutter, ek wens ek kon daar wees om jou te help “aankeer”!

Verstom ·

Ek weet nie meer nie. Wat nou as daardie boer die een was wat vermoor is, dan sou die skurke inelkgeval net geloop het en niemand sou iets daaroor gesê het nie. Wat moes die arme oom anders doen om homself te beskerm. Dit is belaglik.

Attie No1 ·

En dan stem mense nie JA vir selfbeskikking op die blad se meningspeiling nie. Dit is vir my baie meer skokkend as die berig!

grotman77 ·

Die feit dat hy ini rug geskiet is verander die prentjie …. dit beteken hy het van toneel gevlug en is dus nie meer n bedreiging nie – so se die Wet as hy van voor geskiet is was dit n anner saak . Oor die ander drie se ek niks dalk is verkeerde prosedures gevolg en dus het hul op n tegniese punt losgekom. Sterkte vir die Oom wat nou moet bewys dat hy nie met opset geskiet het nie maar uit verweer.

tamboti ·

Grotman, onthou daar was vier. Wie se die oom wou die een in die rug skiet of terwyl hy weghadloop?
Dalk was dit omdat die oom uit vrees wild op sy aanvallers geskiet het en net die een per abuis in die rug getref het. Of het hy dalk omgeswaai net toe die oom begin skiet!
Ek weet wat se die wet, maar maak dit nou die aanvaller onskuldig omdat die slagoffer hom in die rug skiet??????????????????????????????????????????????????

grotman77 ·

lees die berig
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wanneer-mag-ek-n-inbreker-skiet/

Onthou die hof het te doen met koue feite en wette… soos iemand alreeds genoem het dit is NB dat elke wapen eienaar gereeld moet oefen en so nou en dan weer na die wapenwet kyk sodat as so ‘n situasie opduik jy binne die reg kan optree en skotvry daarvan kan kom. Ongelukkig kan ‘n Paar sekondes die verskil beteken tussen onskuldig en skuldig wees voor die wet. Daarom is oefen en drills so NB. baie wapen eienaars hanteer hul wapen as hul uitpasseer vir lisensie maar bere dit in n kluis . Ek ken mense wat 20jaar laas ammunisie gekoop het en hoop hul pistool gaan skiet as hul ini nood kom.

Thinus ·

Boere dit is tyd dat die wat kan alles likwideer en imigreer en dieselfde geld vir die res van die lands burgers. Die grass is ver seker nie altyd groener nie maar hier is die grass lankal weg. Daar is geen meer opsies as jy jou self nie eers kan verdedig op sewentig op jou eiendom nie. Laat ons dan sien wie hulle gaan blameer vir die chaos as daar nie meer kos of wit mense is nie…

Philip ·

Thinus, dis egter nie so maklik om te imigreer nie. Voorbeeld, as jy oor 45 is raak dit moeiliker. Daar is baie arm mense wat dit nie kan bekostig nie. Daar is baie mense wat geskei is, kinders weier dan om saam een vd ouers te gaan want hulle is nog te dom om verstaan dat hulle nie ‘n toekoms hier het nie, ek self weet nie meer nie en bid maar net vir GOD om ons leiding te gee.

quixilver ·

Hou op TAX te betaal en voer julle prudukte na die buiteland uit. Moenie meer is land ondersteun deur jou geld vir hulle te gee om te verkwansel nie, kry hulle in ‘n wurg strop.

jaco ·

wat is die regsimpliksies? wat is die straf in so n geval, waar “moord” uit selfverdediging gepleeg is?

Baz ·

Jong, julle moet bietjie gaan oplees wat sê, en wat bewys is, deur die wel bekende Massad Ayoob. As dit kom by selfverdedigings skote en aanvallers wat in die rug geskiet is, kan mens nie bloot aanvaaar dat die aanvaller besig was om weg te hardloop nie. Ek verhaal die kort opsomming: “The dynamic and fluid nature of a self-defense conflict can create a situation where an attacker’s split-second turn can happen before the defender can stop from pulling the trigger.”

vermeende ·

Jaco n mens kan nie moord pleeg as jy jou self verdedig nie.

Elke stad, dorp, woonbuurt en uitbereiding het grense so ook het elke landbou distrik binne binne sy minupale grense ook sy eie grense. Al wat sal werk is om die probleem soos Trump te benader met gesloote grense en baie strenger toegang beheer, hou bloot die ongewenstes uit. Die SAPD en die reg is jou nie goedgesind nie.

Ek wonder nogal waar die DA koor is met die een?

Charles Rossouw ·

Ek het nog nie ‘n nuusberig gelees of van tehore gekom waar blanke mans swart mense aanval en vermoor op plase of in hul huise. Wat my laat wonder waarom die mier saam die springkaan moet bymekaar kom in Bloemfontein…

Leslie ·

Nou klink hierdie gesprek byna soos die speletjie “Cleodo” . Om te ontrafel wie, wat, waar, hoe en wanneer.

frikkie ·

Ja nee wys jou nou net. Regstelsel al hoe meer in sy peetjie in. Hoe lank moet mens die wet bly gehoorsaam as die regstelsel verydel word en die ANC en sy maatjies kan maak nes hulle wil? Hoe lank nog moet mens sit en wag voor jy gedwing word om te se genoeg is genoeg die wet werk nie meer nie, dis tyd om wapen op te neem? Hoe lank gaan dit vat voor daar mense is wat niks verder het om te verloor nie?

H.A. ·

Desember maand is ons land sekerlik rommel status! Hier is geen groei sover in die land nie, net bedrog,moorde,diestalle ens. Wat hoog bly Uitstekende mengsel vir rommelstatus!

kobus4e ·

Dit is genoeg bewyse vir die standpunt wat ek het oor die doodstraf. Ek wil ook die doodstraf weer ingestel hê, maar dan moet die regering en regsbank verantwoordelik wees, en ons almal weet dat die ANC nie verantwoordelik is nie. Hulle sal hulle “vyande” ophang, en die hul moordenaar vriende sal niks oorkom nie.

Asb ·

Grotman….4 gewapende mans tree nie op volgens die wet en binne die wet nie……wil jou graag in so n situasie sien optree op daai oomblik en of jy eers gaan stil sit en “dink”, “konsentreer” en eers gaan “wonder” wats die regte optrede moet wees volgens die wet voor jy gaan optree. Teen daai tyd is die gewapende aanvallers allankal op jou….sterkte

Riaan Bronkhorst ·

Maak DOOD seker van julle skoot plasing.S A Wette is so saam gestel om die misdadiger te beskerm.

quixilver ·

DVR Surveillance en Man on guard in die Vrystaat verskaf blanke wagte vir boere beskerming en surveillance toerusing. Skakel hulle gerus. ek is baie tevrede met hulle diens

Helene ·

Terwyl ek besig is om n kommentaar te tik word dit summier weggeneem HOEKOM?
Net voor die verkiesing in Namibie het daar jong swart mans met T-Hemde rond geloop waarop n swart Afrika uitgebeeld was. Die onder punt van Afrika was wit en n swart pyl het vanaf Egipte na onder gewys met die woorde “we are moving south”.

Janie Monsieur ·

Dagsê Helene

Dankie vir jou navraag. Ons vermoed dit moet dalk ‘n tegniese probleem wees, of ‘n probleem op jou spesifieke toestel. Kontak ons asseblief by [email protected] indien so iets weer gebeur, dan kan ons die probeer om die spesifieke probleem te identifiseer.

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Roseline van Wyk ·

Ek het meer as 1 kommentaar gelees dat dit nie so kan aangaan nie maar wat is die oplossing?

Sophia ·

En wie glo nog dat die doodstraf moet terugkom??? Die VERKEERDE mense sal die doodstraf kry, verstaan dit asseblief??!!

Belaglik ·

Dit is absoluut belaglik, Regter Keslie-Salie, mag dit met jou gebeur. Mens mag nie ander lelike goed toewens nie, maar as ‘n man sulke gedrag verontskuldig, dan moet jy maar vir jou kry. Of nee, mag dit met ‘n dierbare van joug ebeur. Al hoekom Carel Gutter leef is omdat hy gewapen was, beter skut en met genade!!!!! Gaan dink weer en maak jou gemors reg.

Philip ·

Baie waar, maak my net al hoe meer die hel in vir die slim ou manne wat ‘n goeie lewe vir hulle self bewerkstelig het in 1946, en nie ‘n hel om gegee het vir die nagevolge wat dit sou in hou vir alle jong kinders vandag nie. Two wrongs don’t make a right…. Maar ja, ons almal weet wie die situasie begin het…. en nou betaal ons die prys…

Karen ·

Adv. K.E. Leshieshalie moet ondersoek word vir korrupsie, die vrot appels moet uit vir die regstelsel om te funksioneer. Raadpleeg afriforum en Gerrie Nel, hopelik kan hulle help. Dit gee my rillings om te dink hierdie man het hierdie aanval oorleef, net om sy aanvallers op straat te sien, hoe traumaties moet dit wees?! Hulle kan mos terugkom vir hom!!! Sy lewe is in gevaar, en wat van die volgende gesin wat deur hierdie gewetenlose geweldadige kriminele gaan deurloop, want glo my, as hulle op straat is gaan daar nog slagoffers wees!!! Hulle is dalk nie so gelukkig om met hul lewe daaruit te kom nie. Ek ondersteun hierdie instansies wat opstaan vir wat reg is! Tyd om ons verskille eenkant te sit en saam te staan teen misdaad en geweld.

EJ ·

Kop in een mus. Gaan net erger word. As ons howe nou al so raak, dan wat kan ons se.

Kaspaas ·

Zuma is reeds besig met planne om die grondwet te wysig. Hy het alreeds in n’ onlangse cANCer vergadering die volgende stellings gemaak:
1. The courts cannot tell government what to do.
M.A.W, hy wil die hele regstelsel onderworpe aan die regering maak.
2. Die grondwet is nie God nie, die ANC is belangriker as die grondwet.
M.A.W, hy wil die grondwet so wysig, dat dit net die cANCer sal beskerm en bevoordeel.
Dit alles om hom uit die tronk te hou, om nog n’ mugabe te word.

Tian ·

Hy hoef nie die grondwet te verander nie. Die wette is reeds op die boeke – kyk gerus na die “Promotion and Protection of Investment Bill of 2015 (B18-2015)” wat die regering reeds die volle reg gee om ENIGiemand van ENIGE bate te vervreem – sonder vergoeding.
So eenvoudig soos dit.
As ons bietjie hoop koester dat ‘n grondwetverandering nodig is, en dat die regering se pogings om dit te verander dalk gefrustreer kan word – vergeet dit. Duidelik WIL hulle nie die grondwet verander nie – Malema het dan Zuma se bluf geroep verlede week deur hom die gulde geleentheid te bied om tesame hul >66% meerderheid daarvoor aan te wend.

Neels ·

As iemand met ‘n wapen teen jou venrster klop op jou eie en privaat eiendom, of jy merk so ‘n persoon op in die middel van die nag met ‘n wapen in jou huis, kom hy beslis nie tee drink of koekies koop nie.

Esther ·

Die adv. K.E Leshlie-Salie moet sommer as mede pligtige in poging tot moord aangekla word, en sameswering van misdaad.

tamboti ·

Conrad dankie vir jou nuwe kommentaar doer bo, dit is baie waar en ek stem saam dat die skurke die regering ‘n guns bewys en daar nie streng opgetree gaan word teen die wat die blankes teiken nie. Ons sal soos Palestina en ander kleiner lande/volke ‘n VRYHEIDS STRYD moet verklaar sodat ons vir voorbestaan kan baklei en nie stilweg afgemaai word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.