Brandfort nou ‘Winnie Mandela’

Brandfort in die Vrystaat. (Foto: Wikipedia)

Brandfort in die Vrystaat sal van nou af Winnie Mandela heet. Nathi Mthethwa, minister van sport en kultuur, het dié aankondiging Vrydag gemaak.

Die naam is ter verering van wyle Winnie Madikizela-Mandela, oudpres. Nelson Mandela se voormalige vrou, toegeken. Madikizela-Mandela, destyds ʼn anti-apartheidsaktivis, is in 1977 na Brandfort verban vir die oortreding van die destydse apartheidswetgewing. Sy het byna nege jaar saam met haar dogter, Zindzi, hier gewoon.

“Die naamsverandering is maar net nóg ʼn manier waarop die departement Madikizela-Mandela se nalatenskap wil vereer. Namate ons Vrouedag (Maandag) nader, is dit noodsaaklik dat ons geografiese name die geskiedenis van sulke ikone weerspieël,” het Mthethwa gesê.

Winnie Madikizela-Mandela se huis in Brandfort (Foto: Heritage Portal)

Die dorp is oorspronklik vernoem na Johannes Brand, destydse president van die Oranje-Vrystaat, en was die hoofstad van die Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog.

Inwoners het die naamsverandering op sosiale media as net nóg ʼn verkwisting van geld bestempel.

“Dit is logika soos dié wat maak dat mense in Brandfort en oor die Vrystaat heen steeds in armoede en met puttoilette leef. Sê eerder vir dié mense wat die begroting vir die naamsverandering is en gee hulle eerder wat hulle wíl hê,” het een Twittergebruiker geskryf.

ʼn Ander Twitterplasing lui: “Mense van Brandfort het werk en infrastruktuur nodig om hierdie naamsverandering te kan geniet.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Harley Davidson ·

Gee vir ons ‘n onafhanklike tuisstaat dan kan die ANC al wat ‘n naam is verander sodat die verval van alles hulle nalatenskap sal wees terwyl ons kan bou aan ‘n florerende toekoms.

Persheks Adri ·

Mors van geld ons verdomde geld!!! Pot snot sou ek sê

RICHARD ·

In Brandfort gebore …ouma en oupa daar begrawe….geboer op Klein Osspruit tussen Glen en Branfort…..pres. CR Swart tussen Winburg en Brandfort geboer …..dr Verwoerd se pa het boekwinkel op Brandfort gehad…..plek van groot betekenis…..

melaney ·

Richard, gee kans. Hier is dinge op pad. ‘n Naam kan weer verander word. Ons gaan weer uit die ashoop opstaan. En winnie sal moet uit.

Hoekom ·

Waar is die ANC se bron dat die Vrystaat aan hulle behoort en dat hulle geregtig is om net name te verander soos hulle goed dink….

Johan ·

Nou is dit na n massamoordenaar vernoem. “Met bande en vuurhoutjies sal ons die land reg kry”.

Magda G ·

Die Staat het geld vir twak instede van om armoede te probeer verlig. Die naamsverandering is mors van geld maar dis tpies.

Mispel ·

Een van die dae is al wat ‘n dorp is na ‘n Mandela vernoem

Gerhard ·

Met al die name van dorpe wat verander in ons ou land, gaan ek nie op vakansie kan gaan nie……Ek sal verdwaal…

Stephen ·

Now that the 1000 year Reich of the ANC is not a reality anymore, I wonder what the cost will be to the new Government to change the names again.

Dup ·

Dis goed so,die nuwe naam pas perfek by die toestand van die dorp!

Tipper ·

Die tax payers betaal mos ne” Nee wat intekenaars ek weet nie meer nie,so sal mens net magteloos toekyk.

Vonkprop ·

“Waarnatoe gaan jy die naweek?” “Ons gaan bietjie na Winnie Mandela toe.” “Maar ek dog sy is dood?” Ek dink die regering doen dit aspris om ons te tart. Daar is baie name wat hulle kan van kies, maar hierdie gee hulle die meeste plesier.

Frik ·

Wel as julle Winnie wil vereer kon julle die naam gelos het – sy was mos altyd so lief daarvoor om FORD motorbande te BRAND.

Mariana ·

Ek kan steeds nie verstaan wat die obsessie is om name te verander nie. Om iemand soos sy te “vereer” is nie eintlik iets goeds nie. Gaan kyk mooi wie sy werklik was……….

Deon ·

Haar supporters dink nie so nie, vir hulle is sy mama afrika..

Persheks Adri ·

Ek verstaan dit ook nie dis soos hulle standbeelde vir terroriste wat ‘n held en ikoon is in hulle oë pffft

Pieter ·

Naam verander sonder publieke deelname. Brandfort se nuwe naam weerspieël net die toestand van die dorp en dat Klaas nou baas is. Winnie is nou nie eintlik ‘n model om aan mense voor te hou nie.

Johan D ·

Skielik verloop alles klopdisselboom op die dorp na die verandering!

Blomme ·

ONNOSEL. Nie ń idee van landsbestuur nie.. Ken hul die betekenis van prioritiseer? Dan sal hul weet om eers na mense se behoeftes om te sien eerder as vermorsing van geld op sulke snert!

Vrijburger ·

Jip, ek dink hulle moet dit ‘n dubbelboor naam maak: Winnie Mandela-Brand.

Werner ·

Dit is komunisriese bewegings om ons te verneder maar daar is Groot dinge oppad

Anoniem ·

Aangesien sy die moeder van necklessing is is dit ironies dat hulle “Brand”fort namens haar vernoem…

David ·

“Stompie” sou dalk meer gepas gewees, as sy moordenaar se naam.

Jacobus ·

As ek na die haglike toestand van ons plattelandse dorpie kyk, verkies ek swart name. Ek wil dit nie aan my geskiedenis gekoppel hê nie!

annie ·

Hoekom het Mandela van Winnie geskei? Sy het so lank vir hom gewag, mevrou no 2. Daar is al miljoene bewillig vir die herstel van haar huis op die dorp, wat terloops nie so agterlik gelyk het tydens haar verblyf nie. Dalk spesiaal laat verval vir emosionele uitbuiting. Die tolhek oor die pad soontoe wat skielik in die oop veld opskiet is nogal snaaks. Dalk kan die geldjies vir die herstel van die slaggate in die dorp se strate aangewend word.

MakersMark ·

Hoop daar is genoeg buitebande en vuurhoutjies. En hier en daar ‘n stompie wat rondlê.

Niklaas ·

Wat se wonder dade het sy ooit verrig? Sy het werklik niks goeds vir enigiemand in SA beteken nie. Nou waarom word sy vereer? Dis dalks om haar groot hoeveelheid vyande in SA te tart.

groenboer ·

In ag genome Winnie se uitsprake oor vuurhoutjies en buitebande sou mens dink sy sou dalk eintlik nogal gehou het van die naam Brandfort…

Debbie ·

Hoe groter krimineel jy is in die land hoe meer word jy vereer

Adriana ·

Daar gaan niks aan in Brandfort, geen dienste, armoede, maar hul kan name verander, waar lê hul pioriteite. Skandelik

Visser ·

Kan ons sommer Turffontein herdoop na Daisyville terwyl ons sekere kategoriee mense vereer. Mev de Melker het haar goeie werk daar gedoen

Rian ·

Alle nié ondersteuners van die mandela persoon moet uit die dorp verhuis sodat die plek totaal tot niet gaan en as n monument van mislukking staan.

Hoekom ·

Het sy nie ‘n minderjarige kind genaamd Stompie vermoor nie?

Kobus ·

Tipies ANC. Verander name maar geen dienslewering nie. En die arme kiesers,het julle geen integriteit nie? Julle is nou nav onderhoude baie bly oor die naam maar julle is tevrede om in die omstandighede voort te leef en glo blykbaar die belofte dat alles na die verandering gaan verbeter

Jack ·

Die land se naam volg. Seker iets soos Corruption. Daar is niks in n naam nie en het maar net te make met n grootheidswaan sonder inbors.

Andre ·

Die naamsverandering sal niks teweeg bring in terme van houdings wat moet verander in die land nie, hier is te veel “entitled” mense wat dink hul kan maak wat hulle wil

Pieter ·

Dit is pateties dat die regering eerder plekke se name verander, as om die infrastrukture instand te hou!!!!!

Klipkop ·

Die kaders kon ewenwel net sowel gesê het; ” Matchies Town of Necklace Town”. In Afrikaans sal my tuissorp egter vir Afrikaners net Brandfort bly. Dit het vele brande al oorleef. Die fort op Bassonskop teen die dorp het inderdaad afgebrand amper 150 jaar gelede. Die vierde en langs dienende president van die Oranje Vrystaat, J.H.Brand, van 1866 tot 1888 het trots hierdie naam laat dra van ‘n beskawing wat hier gevestig is op die plaas van ‘n boer met die van Van Zyl. Hier is kerk gebou en begin in 1875 deur boere. Hier is skool gebou en opgevoed deur Afrikaners. Hierdie dorp waar die Republiek se eerste Eerste minister, H.F. Verwoerd, gematrikuleer het in 1919 en waar sy ouers gewoon het en wat ook die Republiek se eerste Staatspresident, C.R.Swart, se tuiste was op die plaas De Aap, het ook Winnie se vuurhoutjies en vuurhalsbande om die nekke van kinders oorleef. Onder die nuwe naam het die dorp agteruit gegaan en is infrastruktuur vervalle en is selfs die naamdraer se huis afgebrand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.