Brandslagoffer Sean: Donasies stroom in

Sean in die hospitaal. Foto: Verskaf

Sean in die hospitaal. Foto: Verskaf

Donasies stroom in om Sean Smith (16), die tiener van Pretoria wat verlede Maandag erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, dringend in een van die land se beste private hospitale met ʼn brandsorgeenheid oor te plaas.

Nagenoeg R500 000 van die aanvanklike R800 000 wat benodig word om Sean in ‘n private hospitaal se brandsorgeenheid te laat opneem, is Woensdagoggend ingesamel nadat Jacaranda 94.2 se Good Morning Angels-liefdadigheidsprogram Sean se storie met luisteraars gedeel het.

Sean is tans in ʼn stabiele toestand in die waakeenheid van die Dr. George Mukari-staatshospitaal in Ga-Rankuwa. Daar is egter nie ʼn brandsorgeenheid nie en sy geliefdes poog nou in alle erns om geld in te samel vir behandeling in ‘n private hospitaal. Daar word gehoop dat hy daar behandeling kan ontvang totdat daar ʼn bed beskikbaar is in die Chris Hani Baragwanath-staatshospitaal se oorvol brandsorgeenheid.

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Volgens Anneri du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation, ʼn nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning bied aan en omsien na brandslagoffers en hul gesinne, is nagenoeg R3 miljoen na beraming nodig vir behandeling in ʼn private instelling as hy nie plek in dié staatshospitaal kry nie. Du Plooy het gesê daar lê nog maande se behandeling voor op sy pad na herstel

Sean, ʼn leerder en inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria, het verlede Maandagmiddag derdegraadse brandwonde aan sy hande, ken en nek en gedeeltes van sy rug, bors en arms opgedoen nadat sy hemp aan sy lyf aan die brand geslaan het in ʼn fratsongeluk met petrol. Hy het ook inwendige brandwonde opgedoen toe hy vlamme ingeasem het. Hy is na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem waar die hospitaal hom op die hospitaal se onkoste behandel het totdat hy Vrydag na die Dr. George Mukari-staatshospitaal geneem is toe daar ʼn plek oopgegaan het en Sean sterk genoeg was. Hy word in afsondering in die waakeenheid behandel. Hy word onder verdowing gehou en is aan ʼn asemhalingsapparaat gekoppel.

Sean se ma, Mé-Lissa Smith, is ʼn enkelma met vier kinders en het nie ʼn mediese fonds nie.

Die Hero Burn Foundation help steeds Sean se geliefdes en ondersteuners om geld in te samel. Skakel 082 902 1133 of klik hier vir hul bankbesonderhede. Gebruik “Sean” as verwysing.

Lees ook: [Opvolg] Trane rol vir brandslagoffer Sean

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Dankbaar ·

Nog net R7 000.00 kort. Dit is wonderlik. Dankie dankie vir al die mense wat nog harte het in ons S.A. Ek is ene hoendervleis en vol trane. Baie dankie vir almal wat vir Shaun vandag help.
Sterkte Shaun ons bid vir jou. Die wereld is lief vir jou. Wens jy kon dit ook vanoggend beleef het. Sterkte en dink aan jou en jou ma en boeties.

CAV ·

Dit is verbasend dat die mediese wereld so duur is – veral as dit kom by lewensnoodsaaklike behandeling. Sterkte vir die gesin

Boetman ·

Stem.
Netcare lek lippe af vir hierdie meevaller.
Sterkte aan Shaun en sy familie – dis nie maklik of lekker nie

Vic ·

Wel, in staatshospitale is dit verniet. Die keuse is joune.
As jy nie verstaan hoekom dit so duur is nie, hoekom doen jy nie n bietjie moeite en vind uit nie? En doen sommer n bietjie verdere navorsing oor die oorlewingsyfer van privaatpasiente ivg met staatspasiente. Miskien sal dit vir jou n paar dinge duideliker maak.

Columbiana ·

Ag Boetman word tog net groot. Jy weet nie waarvan jy praat nie. Hoekom gaan lees jy nie maar vorige artikels. Netcare het klaar van sy kostes gedek. Doen jy jou werk verniet? Doen jou dr sy werk verniet of jou mechanic of jou onderwyser? Nee. Ja mediese dienste is duur wat dink jy kos medikasie toerusting ens

Ruby ·

Ek het so gebid vir hierdie kind wat ek nie ken nie, ons sel groep ook.

Sean en sy mamma, julle gebede is gehoor, sterkte met die herstel pad.

Ek weet Sean gaan volkome herstel word.

Christa ·

Baie dankie aan Goodmorning Angels en hulle wonderlike luisteraars. Sover is R843000.00 ingesamel!!! Aan God al die eer!!!

anoniem ·

Baie sterkte aan Sean, my hart gaan uit vir jou seun, mag die Here jou styf in sy hande tou vou en beskerm. Sterkte aan Sean se ma en naaste familie, ons bid vir vinnige herstel vir Sean, ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd. LIEFDE EN GENADE!!! GOD IS KONING EN HY SAL GENEES!!! Wees julle almal asseblief sterk en positief vir Sean se onthalwe. Word vining gesond.

Christa ·

Baie dankie aan Goodmorning Angels..Jacaranda FM en die wonderlike luisteraars. R843000.00 ingesamel vir Sean!! Aan God al die eer!!

anoniem ·

Baie dankie vir Jakaranda Morning Angels en Hero Burn Foundation julle was awesome vanoggend, ek het gesit en huil vanoggend, saam met hierdie pragtige seun se ma. Baie sterkte Sean ons dink aan jou, mag die Here jou toevou in sy arms en jou beskerm, God is groot en hy sal jou dra deur al hierdie pyn, sterkte aan sy ma en naaste familie, bly hoop en wees positief, hou ons asseblief op hoogte van als. Ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd, ons bid saam julle. Sterkte Sean word gou gesond!!!

Lola ·

Ek het amper die radio afgesit want dis regtig moeilik om te tjank en in die middestad te bestuur 7:30 in die oggend. Prys die Here en Jacaranda en GoodMorning Angels, julle is awesome. Sterkte aan die familie.

Anoniem ·

Kan nog steeds nie verstaan hoekom Pippa fonds stil…Antwoord nie eers. Hulle moet tog al van die weet om op dit reageer het……….

Anoniem ·

Die Pippie fonds is vir Pippie geskep soos die Sean fonds vir Sean geskep is. Pippie het steeds elke dag gespesialiseerde hulp nodig. Die fonds het ook al ander slagoffers gehelp maar kan nie almal help terwyl Pippie gehelp moet word nie. Verskuif jou fokus en maak ‘n bydrae tot Sean se fonds. Hy het nou ons hulp nodig en nie mense wat wil baklei nie. Word deel van hierdie wonderwerk!

Aartapel ·

Kom ek lewer liewerster geen komentaar nie , maar ek wonder ook oor die pippie fonds …….

Candice ·

Baie dankie Jakaranda se Good Morning Angels en almal wat geld ingesamel het vir die seun! Julle is awesome!!

Elaine Roos ·

Ek is soooo bly vir die hulp wat instroom vir Sean! Ek kan nie in woorde verduidelik hoe bly ek is nie! Eer aan God wat na ons luister as ons bid en smeek vir ‘n uitkoms!

Koos1 ·

Hero Burn Foundation, julle saam met Jacaranda rock. Ek het ook my byrae gelewer, en as almal dit doen so glo ek Sean sal volkome herstel!
Dankie Hemelse Vader vir die harte en beursies wat U oop gemaak het.
Mag sy gesin nou U Vrede voel en aan niks anders as die geneesing en Geloof dink nie. Amen.
Die ding wat my die meerste geraak het tydens vanoggend se onderhoud met Sean se ma was, dat toe sy gevra het wat hulle nodig het, was haar antwoord was gebede en ondersteuning. Sy het nie ‘n woord oor geld gerep nie!!! Laat my dink aan Salomo in die Bybel, toe hy deur God gevra is wat hy wil hê, het hy gevra vir wysheid, en alle ander dinge is vir hom gegee deur God. Hier sien ons weer dat God leef en Regeer!!!!!!!!

SNEL ·

Ek moet elke keer die trane keer as ek die pragtige seun so toegedraai in verbande sien. My hart gaan uit na sy ma toe ook. Mag die Here jul gebede verhoor en julle dra en krag gee. Baie sterkte! Dankie aan maroela wat ons op hoogte hou. Baie dankbaar vir julle part vir al die skenkings wat al ingestroom het.

E ·

Ma….jy is in ons gebede, jou jong seun is nog met jou, myne is weg geneem so paar maande terug…..klou hard!!!!!! Seun jy moet veg, maak nie saak wat nie, veg net!!!!

Xyz ·

Ma…..jy is in ons gedagtes, ons dink aan jou en julle moet positief wees, jou seun sal dit aanvoel. Joune is nog hier…myne is weg geneem so paar maande terug en dis hel!!!
Boet….jy moet veg….jy is jonk en moet nog baie ding doen!! Veg my kind veg!!!

Kotie ·

Dankie Jakaranda Good Morning Angels dat julle die kind help. Groot dankie aan BB Nissan wat daardie groot bedrag geskenk het. Baie sterkte vir die ma. Ons sal aanhou bid en glo!!

Heleen ·

Vic, teen die tyd dat ‘n mens ‘n bed in ‘n staatshospitaal kry, is dit dalk al te laat.

Rikku ·

Sterkte aan Sean en sy Familie. Ons sal aanhoudend vir jou bid Sean, totdat jy ten volle genees is.

Wilma ·

Wonder ook hoekom daar geen bydrae of melding gemaak word van die Pippa fonds nie, dit is dan juis gestig vir sulke gevalle! Hierdie familie en kind het dit net so bitter nodig?

Siek en sat ·

Pippie, Pippie, Pippie,…… Weet jy Wilma en Al die annoniem kwaad stokers, toon jou bewys van betaling waar jy n skenking gemaak het vir die Pippie fonds en vir die Sean fonds, Dan kan jy hier jou mond kom uitspoel oor die Pippie fonds….Hoe weet jy dat die Pippie fonds nie n bydrae gelewer het nie? Anice het nie nodig om aan almal te verkondig dat hul n bydrae gemaak het nie dit is nie vir een van julle nodig om dit te bevraag teken nie, sy hoef ook nie te koop te loop om te se syt n bydrae gemaak nie….En as jy die hele Pippie fondsinsameling en storie/vordering gevolg het sal jy/Jul weet Wat aangaan in Pippie se lewe, die fonds is gestig en baie duidelik is daar gese vir dadelike en toekomstige behandelings vir Pippie. Pippie se pad van herstel en behandelings is nog lank nie verby. So Los in hemels naam Nou vir Pippie fonds uit, dit se baie duidelik Pippie fonds!!!!!!!!!!!!!!!!konsentreer eerder op die regte probleem Wat nou in die gesit gestaar word, gebruik jou energie en tyd Wat jy mors om nonsens vra te vra en samel fondse in vir Sean, of nee Los jy dit eerder spaar jou energie en tyd sodat jy net later weer kan kom bohaai maak en n eier le oor die Sean fonds. Mense soos julle Wat mens sommer siek op die krop maak

Jean ·

MAAK MY ONGELOOFLIK BLY om te sien dat mense nog gee. Hierdie arme kind het nog in sy lewe net mense gehelp, en dit was ‘n baie slegte ongeluk wat hom oorgekom het, hy verdien goeie behandeling. Dit is jammer oor sy medies, maar met stygende mediese bydraes het nie almal mediese fondse nie. Dalk moet die mamma maar net aan ‘n hospitaalplan dink in die toekoms vir die ander kindertjies ook, as sy dit kan bekostig .. as jou kind so iets oorkom wil jy net die beste vir hom hê, en hy is ‘n onskuldige slagoffer .. DANKIE dat so baie mense hom help.

Jean ·

Sou egter graag wou sien dat NETCARE en ‘n paar dokters ook na die ‘ party ‘ toe kom met verlaagde fooie om hierdie pragtige seun te help.

Boetman ·

Stem Jean – maar soverre ek met Netcare te doen gehad het, gaan dit net oor die maksimum finansiele wins wat hul uit ander se ongeluk en verdriet kan maak.

Baragwanath ·

Vic, Baragwanath het een van die beste brandsorgeenhede in SA. Die keuse is NIE altyd joune nie, sommige enkelmammas is gestrand as die pa iets oorkom en hulle geen onderhoud ontvang nie. As daar ‘n BED was kon die kind gehelp word. Sy ma het nie ‘n mediese fonds nie, en as die regering beter na die gesondheidswessies in SA gekyk het en die hospitale opgegradeer het SOU hy gratis behandeling van die STAAT ontvang het. Dis nie sy skuld nie, ook nie sy ma se skuld nie, die staat was veronderstel om hom gratis te behandel, maar nou het HULLE nie die vermoë om dit te doen nie. Vreemd hoe lelik mense altyd raak wat geld het om aan duur mediese fondse te behoort en baie maklik iemand neerhalend na ‘n STAATSHOSPITAAL verwys .. help liewer as wat jy judge. Alles is duur, maar mediese onkoste is BESONDER duur!!En moet nou nie weer met die storie kom dat dokters lank studeer nie .. in baie ander beroepe studeer die mense net so lank, en hou ook jou lewe in hulle hande, dokters is nie GODE nie!

AMEN! ·

Ons Bid vir jou herstel en sterkte aan julle almal. Liefdekies X

Vic ·

Baragwanath, dit lyk my jy hou nie van dokters nie? Dis nie regtig van toepassing hier nie, maar dokters studeer langer as enige ander beroep – dis net n feit. Maar wys my maar op ander feite as jy dink mense in ander beroepe studeer langer. Maar meeste koste in n hospitaal gaan nie na die dokters nie, so ek is nie seker hoekom jy dokters uitsonder nie. Ja, goeie mediese sorg is duur – dis basies die koste van n lewe. Dokters, per toeval, vra minder vir hulke werk per uur as meeste prokureurs, advokate, besigheidsmense of politici. Maar die keuse bly steeds joune – dis jou lewe, hang af wat jy bereid is om daarvoor te betaal. Ek het niks teen staatshospitale nie, werk self in een. Maar jou argument dat mediese koste dokters se skuld is is vreemd.

Helen Doman ·

Ek kry ‘n knop in my keel met elke boodskap hierbo. Dis vreeslik hartseer. Ek is net so bly hulle het een bruggie oor kon steek, nou moet hulle net moed hou. Sean se ma is baie dapper, ek sou lankal ingekonk het as my kind so iets moes oorkom. Sterkte en voorspoed vir haar en haar gesinnetjie.

lorayne ·

Boetman? Loop trek vir jou ‘n skoon panty aan dan gaan speel jy op die treinspoor . . . Hierdie is nie ‘n berig wat jy behoort te gebruik, om Netcare te beledig nie!

Mariaan ·

Mense kom ons sit die selfsugtige kommentaar op sy. Hierdie gaan oor n jong seun, wie se hele lewe nog voor hom lê. Hy het amder mense probeer help. Hy het op daardie stadium aan sy medemens gedink, raak bietjie stil en doen dieselfde.

Caja ·

Onthou julle vir ene “Marcha” wat ewe onsensitief geskryf het dat omrede die ma nie ‘n mediese fonds het nie, ander mense nou moet bontstaan om te help! Wel Marcha… wat sê jy nou? Anders as jy is daar mense met harte van goud en wat meer as bereid is om ander mense te help en ware simpatie kan toon! Hou in die vervolg jou snedige kommentaar vir jouself en probeer asb ‘n hart groei!
Jacaranda , BAIE BAIE DANKIE!!!!

Linda V ·

Baie dankbaar saam met Me-lissa en familie dat daar soveel mense is wat omgee. Dit is vir my waaroor die saak gaan, om Sean te help. Probeer dink waardeur hulle gaan. Sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.