Brandslagoffer Sean: Ma huil trane van blydskap

Sean Smith

Sean Smith

Mé-Lissa Smith, ma van die tienerseun van Pretoria wat verlede maand erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, het trane van blydskap gehuil nadat daar goeie nuus oor haar seun ontvang is.

Amoré Jooste, familiewoordvoerder, het Saterdag gesê Sean (16) is nie meer aan ʼn ventilator gekoppel nie. “Hy praat en eet jogurt. Mé-Lissa sal binnekort by hom gaan kuier. Hy het haar gebel en gesê: ‘Hallo, Mamma’. Sy het trane van blydskap gehuil. Ons dien ʼn almagtige God en alle eer aan hom. Dit is ʼn groot verbetering.”

Jooste het Vrydag gesê Sean is nie meer onder verdowing nie. “Sy oë is oop en hy reageer op ons vrae deur sy kop te knik. Hulle beheer sy pyn. Sy plastiese chirurg sal ons laat weet wanneer Sean weer teater toe moet gaan. Sy gesig, hande en ʼn gedeelte van sy linkerarm is nou oop.”

Smith het vroeër gesê dit breek haar om haar seun in die hospitaal te sien lê. “Ek mis jou klipharde lag, jou voetstappe op pad na my kamer toe, ons selfies, ons koffietydjies. Ek sal enige tyd jou pyn oorvat. Ek is so dankbaar dat jy my kind en my hero fighter is. Love you, boertjie.”

Maroela Media het vroeër berig Sean, ʼn leerder en inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria, het op 17 Oktober derdegraadse brandwonde aan sy hande, ken en nek en gedeeltes van sy rug, bors en arms opgedoen nadat sy hemp aan sy lyf aan die brand geslaan het in ʼn fratsongeluk met petrol. Hy het ook inwendige brandwonde opgedoen toe hy vlamme ingeasem het.

Hy is na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem waar die hospitaal hom op hul onkoste behandel het voor hy na die Dr. George Mukari-hospitaal oorgeplaas is toe daar ʼn plek oopgegaan het. Daar is egter nie ʼn brandsorgeenheid by dié hospitaal nie en dus is daar geld ingesamel om hom na ʼn private hospitaal oor te plaas. Hy is later na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Die Hero Burn Foundation help steeds om geld in te samel. Skakel 082 902 1133 of klik hier vir hul bankbesonderhede. Gebruik “Sean” as verwysing.

Lees vorige berigte oor Sean Smith op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Sus ·

Aaaa…..dis wonderlike nuus! Sterkte Sean en Mamma! Hoop hy sal een van die dae weer sy ou self wees.

Carol ·

Jare gelede het n vriend van ons ook so n brand opgedoen. Daar was niemand naby hom nie. Sy T-hemo wat hy aangehad het het ook petrol opgekry en toe veroorsaak statiese elektriesiteit dat dit spontaan aan die brand slaan. Gelukkig het hy teenwoordigheid van gees behou en sy hemp uitgepluk. Hy het nog steeds sy arms,hande en bors verbrand. So bly die seun begin herstel. Ons sal bly bid vir algehele herstel. Dis n moeilike tyd wat voorlê.

Penellope Jones ·

Alle voorspoed vir Sean en sy ouers – laat die aan Hom oor.

Ilze ·

Wow! Ek huil sommer saam met jou mamma. Hys so pragtige seun en glo hy sal volkome herstel. God van wonders!

Justice ·

God is groot – dankie dat Sean nie sekondere infeksie opgedoen het nie. Sy prognose was aanvanklik kritiek vir ernstige infeksies wat met sulke ernstige brandwonde op ‘n latere stadium van herstel voorkom – deur gebed,absolute geloof en puik medisie is hierdie pragtige seun gespaar vir groot suksesse in sy lewe. Hierdie positiewe berig het my dag en hele naweek gemaak. Alle sterkte met jou herstel.

Helene Heyns ·

Hierdie berig het my naweek gemaak. Ek loof my grote God vir genade onbeskryflik groot. Hy het weereens n wonderwerk gedoen. Ek bid voort

Geloof wankel nie - ·

Wat n wonderwerk. Ons God leef! Dankie Jesus dat U die mamma se gebede verhoor. Ons bid vir volkome herstel. God is great!!

Mariana ·

Aan God al die Eer. Sean ons dra jou en jou mamma nog steeds aan ons Hemelse Vader op om julle verder te dra deur die dae wat voorlê.

Engela de Klerk ·

Wens ALLE nuus was sulke goeie en positiewe nuus soos hierdie!

Aubrey Vermaak ·

Dis die beste nuus ooit!! Dit wys weer gebed werk. Ons het hard gebid en sowaar die Vader het hom versterk. Hoop en bid nou nog steeds dat hy baie beter gaan herstel. Jou go Sean en sterkte Me-Lissa.

Koos1 ·

Ons God drie enige leef en regeer! Hy het harte en beursies vir Sean geopen in ‘n manier wat ek lank laas beleef het. Dankie vir sy ma wat aan Hom vas geklou het.
Ek het ook my volle vertoue in Hom. My pa is baie oud en baie siek, en sy einde is naby. Ek gun hom sy ewige rus by Jesus, al gaan ek hom baie mis, maar ek weet God is nog in beheer.

judyanne.dreyer ·

Baie Goeie Nuus, dankie #heroburn #annerie wat jy gedoen het om hierdie mense te help baie dankie xxx

Magda ·

Hεεr dankiε vir U Gεnadε onbεskryflik Groot!
¤=========¤

marlene ·

Ag dit is die mooiste seun! Dankie Here dat dit beter gaan met hom. ☆♡☆♡ Sy hele lewe lê nog voor hom!

Hendrik ·

Danikie Here vir u ganade oor hierdie kind en sy ouers. My gebed is dat elkeen wat bewus is hiervan U wonders sal sien en besef dat daar n lewenede God is vir wie wonderwerke nie van die verlede is nie
Ons moet Hom net ken, WERLKIK IN HOM GLO en Hom dien. Elke dag van ons lewe. Amen

Thyskotze ·

Dankie HERE ons sien U wonderwerke elke dag om ons HALELUJA

Yolanda ·

Dankie Here vir hierdie ongelooflike wonderwerk! Sterkte aan ma en Seun! En Sean as jy weer gesond is gaan spring met jou vuil voete op ma se bed…sy gaan nooit weer met jou raas daaroor nie :)

Buitestander ·

Ek is ons hemelse Vader baie dankbaar dat Hy Sean so mooi gehelp het om in die mate te herstel.

Een ding moet ons mense net baie goed verstaan, DIT WAS NIE ‘n vratsongeluk nie!!! Na sy T-hemp deur trek was van branbstof wat hoogs onvlambaar is, het hy ‘n sigeret opgesteek.
Nr 1 dit was nie ‘n slim ding om te doen nie.
Nr 2 dit is ‘n skoolseun waarvan ons praat wat al so vroeg in sy lewe aan siggerette verslaaf is.

LB S ·

Wie gee jou die reg om jou eie gevolgtrekkings te maak en te beoordeel? Hoe weet jy die seun rook??? Nee man, jou kommentaar stink.

Ilse ·

Ag ou Buitestander, gaan lees eerder ‘n woordeboek of gaan oefen jou spelling asb as om mense te kritiseer!

Helene Heyns ·

Buitestaander ek het gelees dis ‘n toeskouer wat n sigaret aangesteek het.

Vlooi ·

Ek het dit ook in die eerste berig gelees. N toeskouer het n sig. aangesteek.

Amanda ·

Buitestander moet eerder net Buitestander bly. Sean – jy is ‘n fighter, ‘n goeie siel en Koningskind. Mag die letterlike vlamme nou jou figuurlike vlamme word, om jou aan te spoor om te herstel in die Naam van die Here ons God.

Andri ·

Ek is vreeslik bly vir Sean, alle sterkte met jou herstel ….

Mamma baie dankie dat jy sulke oulike kinders groot maak, Jesus sal na julle kyk en weet dat baie mense aan julle dink in hierdie tyd van Herstel van jou kind. ♥

Jeanne Britz ·

Ek volg elke berig oor Sean, so bly hy is besig om te herstel en ek is saam met sy ma bly. Ons kinders is ons grootste bate in die lewe. Sterkte Sean, word gou gesond, jy is ‘n dapper seun!

Lola ·

Knop in my keel en baie bly. Sean ek hoop en bid jy herstel 100%

Jo-Anne Joubert ·

GOD IS GOED!!!! *The giant that you face is big BUT your GOD is definitely BIGGER*

Abel ·

Super goeie nuus!!! Baie bly vir julle en ons dien beslis ñ Almagtige Grote God!!!

wes kaap ·

GREAT NUUS!!!!! Alle dank aan ONS LIEWE VADER!!!! Sterkte seun!!!!!

Lorrinda ·

Alle Eer aan God Ons dien ‘n #awesome God sterkte vir Sean en Mamma ♥♥

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.