Brandslagoffer Sean: R3 miljoen benodig vir behandeling

Sean Smith voordat hy gebrand het. Foto: Verskaf

Sean Smith voordat hy gebrand het. Foto: Verskaf

Ondersteuners en geliefdes van Sean Smith (16), die tiener van Pretoria wat verlede Maandag erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, poog hard om geld in te samel om hom na een van die land se beste private hospitale met ʼn brandsorgeenheid oor te plaas.

Sean is tans in ʼn stabiele toestand in die waakeenheid van die Dr. George Mukari-staatshospitaal in Ga-Rankuwa. Daar is egter nie ʼn brandsorgeenheid nie en sy ondersteuners poog nou in alle erns om geld in te samel vir behandeling in ‘n private hospitaal in Johannesburg.

Volgens Anneri du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation, ʼn nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning bied en omsien na brandslagoffers en hul gesinne, is die hospitaal in Johannesburg een van die beste hospitale met ʼn brandsorgeenheid in die land.

“Daar lê nog ʼn lang pad van herstel voor vir Sean. As hy uit die brandsorgeenheid ontslaan word, sal hy nog sowat twee weke in die waakeenheid moet deurbring, waarna rehabilitasie gaan volg.”

Du Plooy het gesê ʼn deposito van R800 000 word benodig vir sowat ses weke se behandeling in die brandwaakeenheid. Dit sluit nie alle onkoste in nie. Du Plooy het gesê nagenoeg R3 miljoen is na beraming nodig vir sy behandeling.

Sean, ʼn leerder en inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria, is verlede Maandagmiddag na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem nadat sy hemp aan sy lyf aan die brand geslaan het in ʼn fratsongeluk met petrol.

Hy is sedertdien daar behandel aangesien toegeruste staatshospitale nie plek vir hom gehad het nie. Unitas-hospitaal het onderneem om Sean se mediese koste daar te dek totdat hy sterk genoeg was om na ʼn staatshospitaal oorgeplaas te word. Sy ma, Mé-Lissa Smith, is ʼn enkelma met vier kinders en het nie ʼn mediese fonds nie.

Hy is Vrydagmiddag onder beheerde toestande na die Dr. George Mukari-hospitaal oorgeplaas. Hy word in afsondering in die waakeenheid behandel. Hy word onder verdowing gehou en is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel.

Die Hero Burn Foundation help Sean se geliefdes en ondersteuners om geld in te samel. Skakel 082 902 1133 of klik hier vir hul bankbesonderhede. Gebruik “Sean” as verwysing.

Lees vorige berigte oor Sean Smith op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Tas ·

My gebede is dat mense hulle Harte sal oop maak vir hier die jong seun.Here my gebede in die middag is dat U in mense geharte sal werk .Here ons vra n deur break

Heleen ·

Hoe op aarde kan staatshospitale “nie plek hê nie”! Hy is in elk geval beter af waar hy nou is…was Pippie nie by Garden City behandel nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Heleen

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Buitestander ·

Kan die medisie nie hulle koerse ‘n bietjie verlaag nie? Ek is sekker dit sal baie help. Hoekom maksimum wins op een pasiënt maak?

Boetman ·

Dis nie die dokters wat duur is nie – is die “hospitaal” wat eintlik ‘n besigheid is en wat op maksimum winsbejag uit is, wat die leeueaandeel van die geld eis.

Landi Slatter ·

Dagsê Michelle

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir dié oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Anre ·

R3mil om ‘n lewe te red?! Dis ‘n skande dat ons soveel moet betaal vir gesondheid en dis nog erger dat mense doodgaan omdat hulle nie sulke geld het of kan insamel nie. Ons land is ‘n gemors! Ek het self geld geskenk. Ek kry die kind bitter jammer en hoop van harte dat hy die finansiele hulp sal kry wat nodig is om hom nou en vorentoe te help. :(

Boetman ·

Bitter jammer dat gierigheid hierdie arme kind se toekoms van lewe/dood en vermink/herstel uiteindelik sal bepaal.
Mag die geldwolwe slaap verloor.

Columbiana ·

Die toerusting beddens en mediayne ia natuurlik alles verniet ne? Moenie omdat die staat se diens pateties is nou die privaat instellings wil kasty nie. Netcare het volgens vorige berigte reeds kostes afgeskryf. Vra eerder hoekom os die staat se diens so pateties. PS jy lewer seker jou dienste verniet vir jou baas elke maand ne?

carol ·

Hoekom is hy dan in die eerste plek na George Mukanri hospitaal toe verwys as daar nie n brandsorgeenheid is nie????

Boetman ·

Carol, dis presies my argument. Netcare doen hom voor as lewensredder en hulpverlener – geld wat stom is hou die eienaars en aandeelhouers gelukkig. Medemenslikheid en empatie het geen plek in daardie besigheid nie.

Se iets ·

Ek sal net graag wil weet hulle se “iemand” het n sigarette naby aangesteek, maar nooit word daai persoon genoem nie, nie lelik nie maar sal graag wou weet wie dit was en sy kan van die storie ook hoor, het hy/sy nie geweet van flameable nie? Ek vra net.

Sterkte aan die familie en aan hom.

Judycupcake ·

Ek in Beeld gelees dit was familie vriendin wat saam hom in die motor gery het. Hulle het haar naam genoem ens.

LB S ·

Ek is seker die persoon het dit nie met opset gedoen nie. Dalk was hy/sy gladnie eers bewus van die brandstof op sy hemp nie. Kan jy net dink hoe moet daardie persoon i.e.g. nou voel? Nou moet die publiek hom/haar ook nog verder kasty?

wil weet ·

Wat het van al die geld geword wat pippie se skenkers ingesamel het wat in n trust sou gaan vir mense wat sou brand?

Gerda ·

Daar is ‘n uitstekende toegeruste brandeenheid by die Tygerberg staatshospitaal in die Westelike Provinsie en ook ‘n fantasie dokter Dr Kleintjies hoof van die eenheid.

McK ·

Waar is Pippie se gesiggie fonds? Haar ma het destyds al te plegtig belowe om ander brandslagoffers ook daarmee te help. Ek hoop hulle kan Pippie se ma opspoor om die kind te help

Lola ·

Maklik om haar op te spoor. En ja, ekt ook nogal gewonder hoekom het sy nou nog nie in verbinding getree met hierdie familie nie.

Leonie ·

Dis so jammer dat als deesdae eerder oor geld gaan as om ‘n lewe te red. Kan Jacaranda se “Good Morning Angels” nie ook help met die seun nie? Sterkte aan sy ma en Bid vir hom!!

Antonio Sonelli ·

Hero foundation, kan julle nie n sms kollektelys open soos solidariteit en die mense van tyd tot tyd doen om geld in te samel nie. Maak die bedrag R 50 en laat mense eenvoudig per sms antwoord en verhaal die geld op so n manier.

Lize ·

My hart gaan uit na hierdie kind en sy familie toe. Mag ek vra of die tuindienste waar hy gaan uithelp het gerigistreer was. Watter regtelike verantwoordelikheid dra die einenaar volgens ons land se regstelsel en wetgewing van ons land. Want as al die dokumentasie van hierdie maatskapy in orde was sou daar geen fonds nodig gewees het nie en watter regstappe word nou gevolg teen die persoon want verantwoordelik is vir die pyn en verlies van hierdie familie. Ek vra net !!!!!!!!!!!!

Aloma ·

Ek hou nie van kommentaar lewer nie maar agv van soortgelyke omstandighede voel ek bitter jammer vir hierdie slagoffer. Ek het self jare gelede 75% derdegraadse brandwonde oorleef en dit is hel. Met die inligting tot beskikking klink dit vir my hier was regtig nalatigheid maar om te verwyt sal nie help nie. Het die persoon wie hy gaan help het nie versekering nie. Sou die moeder nie miskien tog een of ander dekking gehad het nie. Selfs nie hospitaalplan nie? In my opinie is staatshospitale (soos Steve Biko) wat die nodige brandwonde-eenheid het werklik die beste, per slot van sake is dit waar die professore sit wat die beste kennis het. Meeste goeie spesialiste doen buitendien diens daar. Is die hospitaal waar hy nou is nie ‘n opleidingshospitaal nie?

Marina ·

Ja sal ook graag wil weet wat het van die Pippie fonds geword.

Lola ·

Wil ek ook weet. Miljoene en miljoene rande is ingesamel met die Pippie fonds. Waar is daardie geld heen?

Heidi ·

Tygerberg is fantasties! Sekerlik kan hy daar GOED versorg word as Netcare nie wil help nie. Die arme kind is uitgelewer en het dringende gespesialiseerde mediese sorg nodig.

carol ·

Unitas hospitaal het n operasie gratis gedoen, kan die ander hospitale ook nie net 1 gratis operasie doen nie??? Daar is mos baie hospitale in Pretoria. Elke hospitaal n operasie gratis doen gaan mos baie beteken vir die seun.!!! (geld gewys ook)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.