ʼn Man het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van brandstigting nadat hy die ontvangs van die departement van gesondheid se gebou in Pretoria aan die brand gesteek het.
Die SAUK het berig die man se saak is tot Augustus uitgestel sodat die 64-jarige vir sielkundige waarneming kan gaan. Hy is Woensdag in hegtenis geneem.
Hy het glo die gebou aan die brand gesteek nadat hy toegang verbied is om met minister Aaron Motsoaledi te praat oor ʼn geneesmiddel vir MIV/Vigs, berig die uitsaaier.
Die man bly in aanhouding. -SAPA
Lees ook:
Kantoor veilig verklaar ná petrolbom
Gesondheidsdepartement se gebou glo met petrolbom bestook
Sjoe! Die land sal vinnig afgebrand word as almal so ‘n houding inslaan.