‘Brandstigters moet oor die kole gehaal word’

Die stadsaal in Bloemfontein nadat dit Woensdag (21 Junie 2017) aan die brand gesteek is. Foto: Twitter via @farmingportal

Die Solidariteit Beweging het vandeesweek gesê hy dring daarop aan dat die brandstigters en geweldplegers wat tydens betogings in Bloemfontein en Schweizer-Reneke skade aan geskiedkundige geboue, skole en sakeondernemings aangerig het, vervolg en gestraf moet word.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê daar heers tans ʼn kultuur van verwoesting in Suid-Afrika.

“Die wydverspreide neiging dat protesaksies uitloop op geweld en brandstigting kan nie langer geduld word nie. Die SAPD sal moet verduidelik hoekom daar nie voorkomend opgetree is nie,” het Buys gesê.

Dit volg nadat ʼn moderne brandweerstasie in Chris Hani Square asook die geskiedkundige Bloemfontein-stadsaal tydens ʼn staking van die vakbond Samwu deur brande verwoes is en die BP Leinaeng-biblioteek gevandaliseer is. Vroeër vandeesmaand het Schweizer-Reneke ook onder verwoestende brande deur stakende werkers deurgeloop.

Buys sê dit is belangrik om te onthou dat die reg op wettige protes nie die reg op geweld en verwoesting insluit nie. “Indien die owerhede nie optree nie, sal die Solidariteit Beweging dit oorweeg om private vervolging en eise teen die skuldiges in te stel.”

Solidariteit dring ook aan dat skadevergoedingseise teen die betrokkenes ingestel word om te verhoed dat “onskuldige, hardwerkende belastingbetalers” daarvoor moet opdok.

Buys het voorts gesê dat die grondliggende oorsake is dat die ANC-beheerde rade swak beheer word en dat die voortspruitende gevolge na die polisie en howe afgeskuif word. “Die oplossing is dat die ANC sy uitgediende struggle- politieke kultuur verander en aanpas by moderne tye,” het hy bygevoeg.

“Die land verkeer reeds in ʼn krisis en geweld en brandstigting is verdere olie op die vuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Leendert ·

Hoe draai ‘n mens so ‘n kultuur om? Hoe verander jy daardie mense se koppe, meeste van hulle is van die laags geskooldes. Vir hulle en baie ander, het hulle net die klere aan die lyf en hulle woon in plakkerkampe, hulle het geen gevoel vir ander se waardes nie, wat nog te sê van die vooruitgang wat ons om ons sien in daardie geboue wat hulle verwoes. Dit gaan vir hulle suiwer om oorlewing. Die enigste kans wat mens het, is om hulle beter te gee as wat hulle het, om hulle iets te gee om na uit te sien, na te streef, al is die net sekerheid waar die volgende bord kos vandaan gaan kom. Die ANC het hierdie mense versaak, op moedverloor se vlakte agter gelaat.

G ·

Mense wat nie vir 5 kinders kan sorg nie, moet nie 5 hê net om toelae te kan kry nie. Hulle hou hulself in die plakkerskamp situasie Leendert. Daar is mense wat met niks begin het, en tog ‘n sukses van hul lewens gemaak het op die ou einde. Gee, gee, gee is hoekom ons land in so ‘n toestand is. Ons gee, gee, gee ons belastinggeldjies sodat Zuma en kie lekker kan lewe. Ons gee vir die man op straat, eerder as om ‘n verskil te maak, en hom/haar ‘n oplossing uit te gee. Kinders leer nie eers hoe om naaldwerk, houtwerk, tuinwerk ens. te doen nie. Mens kry mos net als in ‘n winkel. Die regering wil nie vir die mense ‘n opvoeding gee nie, want dan gaan hul stemme verloor.

Ruiklont ·

Dink jy dame deur ander se eiendom te verwoes agv armoede is. Daar is menigte armes reg oor die wêreld wat nie so optreë nie. Jy het die kat aan die g-t beet

Leendert ·

Nee meneer, die realiteit is, dat hordes mense geen manier het hoe hulle uit die moeras waarin hul koppe is, en hul oorleef toestande gaan verbeter nie. Dit is mos nou so dat hierdie verwoestings kultuur is, in hulle ingeprent, en het ‘n leefwyse geword om hul misnoë uit te spreek. Hulle sal NET ANC stem, vir GEEN ander party nie, maar dan verwoes hulle as iets hulle grief. En dit kom nie uit die niet uit nie, hulle staan nie een oggend in hul massas op en besluit om sommer net sonder enige rede uit te haak nie, hulle word gemobiliseer. En wanneer hulle in hul massa optree, is enigiets moontlik.

Die ANC het verkiesings beloftes jaar na jaar gemaak en jaar na jaar stem die massa ANC, hul sien dan ook mos hoe sekere mense se toestande verbeter, maar hulle agterbly. Maak geen fout nie, dis ongelooflik hoe ingelig baie van die mense is van wat selfs om Zuma aangaan, wat die OB aanvang.

Wat ek ook hierbo genoem het, is dat hordes van hulle het geen sin vir waardes en strukture nie, geen respek, hulle kyk elke dag in hul eie vodde omgewing waarin hulle woon en daar is geen manier hoe hulle toestande enigsins gaan verbeter nie. Hordes van die mense het geen skool opleiding nie.

Ek praat geensins dit wat hulle doen goed nie, en onderskryf Solidariteit se aksies. maar dit verander nog nie die mense se opvoeding of kultuur van verwoesting nie.

Verbaas ·

Solidariteit moet dalk vir die polisie verduidelik hoe hierdie geweld sonder die gebruik van geweld voorkom kan word. Dit na hulle bekommerd was oor die gebruik van geweld deur die polisie teen onluste makers.
Solidariteit is ‘n klomp hippokrate.

Boetman ·

Hoe meer jy die mense gee en help hoe slegter word hulle. Hul kultuur kan jy nie verander.

andrea van vuren ·

Boetman ek wens ek kon meer by jou kommentaar voeg. Sê net iets uit plek uit en jy word aangekla.

Pieterlewismuts ·

Die organiseerders van protesaksie staan PA vir enige suksesse.
Laat hulle dan tog ook PA staan vir openbare geweld brandstigting en beskadiging van openbare en private eiendomme, as dan nie anders kan nie, in hulle private hoedanigheid.
As julle dan proteste WIL organiseer moet hulle ten volle verantwoording neem vir die uitkomste , positiewes en NEGATIEWES, van sulke optredes

KAREN ·

ek stem heelhartig saam – hoe meer die hand ontvang hoe meer wil die hand he. Kultuur van ” u owe me ” steek als aan die brand vir Vader weet alleen hoekom, en vlg jaar plunder ons in elk geval weer …. hartseer en so pateties…..

Ouma ·

Haai julle! Hierdie brandstigters wil verniel uitroei en twak maak!! Dit gaan geensins iets aan hulle kultuur verander nie! Dis soos “hoes” teen donderweer!!

Sw ·

Ek stem saam met Solidariteit. Ons belastingbetalers kan eenvoudig nie opdok as als verniel en verwoes word. Daardie geld kon eerder vir werkskepping en gesondheidssorg en opheffing gebruik word.

Dries ·

In die nuwe Suid Afrika gooi mens jou toys uit die kot deur alles om jou af te brand , tyd dat die skuldige persone, vakbonde en poltieke leiers persoonlik verantwoordelik gehou word vir die skade wat aanrig word tydens betogings en protes optredes. Mense kla oor swak skole en dienslewering maar dan steek hulle dit wat hulle het aan die brand – belaglik

Scalla ·

Oor die kole gehaal word , werk nie, gebruik eerder n koeël vir die voorbok, al taal wat hy verstaan

Penellope Jones ·

Hierdie mense wat hulle skuldig maak aan wat ons hierbo lees, kan niks doen sonder ‘n vuurhoutjie, ‘n baksteen, klip of brande bande in hul hande nie.
Opbou en bewaar maak geen indruk nie, dit vra te veel verantwoordelikheid.
Afbreek is maklik. As dit stukkend en verbrand is, dan hoef dit nie bewaar en opgepas te word nie.
So dit is ‘n hopelose saak.

Pieter ·

Opbou, ontwikkeling en bewaar bestaan nie vir die wat slegs bekend is vir sy kultuur van verbruik en meestal misbruik nie. Die verbruik en misbruik kom ook nie uit eie verdienste nie maar eerder uit ‘affirmative buying’.

FRANS PETOORS ·

Ongelukkig het die ANC vroeër jare hulle mense geleer om af te brand en te verwoes. Onthou u nog die dae toe hulle, hulle teenstanders “genecklace” het? Blykbaar word hulle nog steeds opgesteek, wat ‘n skande van mense wat nie vryheid kan hanteer nie!

Boetman ·

In die tyd toe die mense in die bos gebly en stamme teenmekaar baklei het is die verloorder se stad afgebrand. As toe ook nie tot ñ vergelyk kon kom nie word jy gebrand.

Deon Kotze ·

jip. Dit was di amptelike strategie en beleid van di ANC om die land ” ungovernable” te maak. Hulle was baie suksesvol. So suksesvol dat hulle tot vandag toe dit nog nie kon stop nie. Versigtig vir wat jy baar jy gaan dalk daai monsterjie groot maak.

Percy ·

As daar n voorbeeld gemaak kan word en 10 jaar tronkstraf gegee word vir brandstigters van Schweizer en Bloemfontein gaan ons nie ons land deur vlamme verloor nie!!!

snoefie ·

suiwer onkunde wat dink hierdie vandale is ongeletterd. of besit net die klere aan hulle lywe en bly in plakkerskampe. dis nie armoede wat hulle laat afbrand en verwoes nie, maar suiwer hebsug en wraakgierigheid. haat vir dit wat hulle nie self vermag het nie. betaal die brandstigters terug in eie munt.

Leendert ·

Soos ek hier bo sê, maatskaplike en politieke chaos. En dan vra ek, “Hoe stel mens dit reg?” Jy gaan dit net tydelik stop deur mense in tronke te gooi, wat maak jy met die toekoms, snoefie, vertel my aub hoe maak mens dit reg, of moet ons nie eens probeer nie? Kyk na die oorsake van die verwoesting, die brandkultuur, mens spreek dit aan, wel probeer ten minste, of moet mens net oorlog, sonder om die maatskaplike en die politieke ook aan te spreek?

Leendert ·

O’ja, snoefie, en ek het nie gesê hulle is ongeletterd nie, ek het gepraat van die laag geskooldes. Lees dan gerus ook my daaropvolgende kommentaar. Meeste van hierdie mense is, ongeag hul lae vlak van geskooldheid wel baie goed ingelig wat polities in die land aangaan, soos die voorbeelde van Zuma en die OB wat ek genoem het.

Leendert ·

Maroela, hoe gebeur dit dat mens se kommentaar word onmiddelik na dit geskryf is, onderaan die artkel geplaas, maar, dan, as mens uitgaan en terugkom, is die mommentaar weg, na ure, sien mens dit is nog nie geplaas nie, dan, nog later, verskyn dit wel, en dan wys dit dat die skrywe al ‘n paar uur oud is, so asof dit van meet af wel geplaas is.

What a joke! ·

Eenvoudig Leendert Jy noem dit wet en orde toepassing, iets wat selfs die onnoselste mens verstaan en dis iets wat die land lank nie meer het nie,wet en orde!
Van vroeg word dit in hul gekweek dat afbreek en verniel aanvaarbaar is deur hul leermeesters,so hul gebruik nou daardie barbaarse taktiek ! Hul maak soos hul wil sonder verantwoording so om heeltyd die belhamels te verdedig kan ek nie met jou saam stem nie!

Fransie Rowles ·

Stem saam Deon Kotze, daarom word daar niks gedoen om dit te keer nie! Nee hul staan en toe kyk! Geen wet en orde!
Gryp en verryk!

Hansie ·

Dit los gemengde gevoelens as mens 2 jaar van jou lewe in die weermag gemors het, net om te sien hoe sulke dinge gebeur. Beskadiging van staatseiendom was geklassifiseer as hoogveraad en was swaar gestraf

hanna ·

Daar word meer afgebrand as wat daar enigsins opgebou word. Lyk na n rede om dan sommer te steel ook
.
Die blankes in SA brand nie af en breek af nie. Ons bou op en voeg by.

Frans C ·

Dit is tog opmerklik dat die mense veral geboue afbrand wat voorheen nooit aan hulle behoort het nie en geboue ,veral besighede wat deur opgerig is,deur ander..Dit is verder opmerklik dat daar altyd ‘n klompie georganiseerde opruiers is wat dan die massas opsweep wat tot sulke optrede lei.

Omdat dit altyd massa optrede is en die polisiegetalle te klein is om dit te verhoed,kom oortreders weg met sulke optrede.Waar die polisie wel kragdadig optree soos bv by Marikana op 16 Augustus 2012 het dit sulke nadelige gevolge vir die Polisie dat ‘n mens kan
verstaan dat hul ook maar traag is in die uitvoering van hul pligte in sulke gevalle.

Dan is die ook so, dat die regering self ook traag is om op te tree want hul wil nie die ‘swart stem’ vervreem by die stembus met die oog op die volgende verkiesing.

ANNALIE ·

Om die brandstigters “oor die kole te haal” beteken dat hulle slegs berispe moet word. Wat help dit? Hulle moet gestaf word.

What a joke! ·

Stem dis n kriminele daad! So n tikkie op die vingers is voldoende???? Goeie genade geen wonder hul kan maak soos hul wil nie! Piesang republiek all right…

Johannes Meintjes ·

Om onreg te straf is ‘n Bybelse beginsel. Regspleging moet ook vinnig, regverdig en konstant toegepas word ten aanhoor en aanskoue van die bevolking. So ook vertrou mens dat die reg sal geskied betreffende werkgewers wie se vragmotors, taxis, trekkers en ander middele wat deur betogers misbruik word. Eienaars van sulke middele wat deur betogers tot skade aangewend word moet ook boetes of tronkstraf kry, sou ek meen.

willem pretorius ·

Waarom word die unie in hierdie geval SAMWU nie verantwoordelik gehou vir die skade nie. Net so ‘n paar unies moet so vasgevat word en hierdie twak Sal stop. Hou die leiers van die unies verantwoordelik vir skade en dood/beseerings.

Dries ·

Laat die skuldiges betaal in harde kontant dit is al wanneer hulle gaan hoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.