Brandstigters teiken nog ʼn skool in Vuwani-gebied

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Nog ʼn skool in Limpopo se Malamulele-distrik het onder brandstigters deurgeloop nadat dit Sondag in die vroeë oggendure naby die Mukhomi-nedersetting aan die brand gesteek en heeltemal verwoes is.

Die Mukhomi Humula High School val in die Malamulele-munisipaliteit wat ʼn samevoeging van die geweldgeteisterde Vuwani- en die Malamulele-gebied is. Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 02:30 na die skool ontbied.

“Met ons aankoms op die toneel was drie klaskamers en die personeelkamer aan die brand. Die plaaslike brandweerdienste is ontbied en die vlamme is geblus,” het Mojapelo gesê.

“Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. ʼn Saak van brandstigting is aangegee en beamptes van die polisie se forensiese departement in Pretoria sal binnekort die skool besoek om met die ondersoek te help.” Mojapelo het gesê dit blyk asof die brandstigters spesifiek die skool se rekords geteiken het.

Dit was die tweede keer in minder as twee jaar dat die Mukhomi Humula High School aan die brand gesteek is. In Junie verlede jaar is eksamens by die skool ontwrig nadat eksamenvraestelle en ander skoolrekords in ʼn brand vernietig is. Die skool se administratiewe gedeelte en drie stoorkamers is toe in die brand verwoes. Meubels, rekenaars en ander toerusting is ook vernietig.

Minstens 24 skole in die Vuwani-gebied, sowat 170 km noordoos van Polokwane, is vanjaar deur brandstigters aan die brand gesteek. Die inwoners eis dat hulle deur ʼn eie munisipaliteit bestuur moet word en nie deel vorm van die nuut saamgestelde Malamulele-munisipaliteit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Veritas ·

Toe ‘n Brit, jare terug die Britse parlementshuis wou verwoes, was daar ‘n feesdag van gemaak. Vandag nog word Guy Fawkes wêreldwyd herdenk. Dalk glo ons plaaslike brandstigters dat hulle ook in die annale van die landsgeskiedenis, verewig sal word. Los die skole ouens en teiken die parlementsgebou. Maak net seker dit is vol politici voordat julle toeslaan. Ek waarborg julle elkeen ‘n plekkie in die geskiedenis.

Lance ·

Waar is die polisie intelegensie op grondvlak …o ja dit bestaan al lankal nie meer nie en tree hulle net soms reaktief op …dis mos net n job !

Sarie ·

Intelligensie in die polisie jy maak seker ‘n grap. Zuma was die ANC se intelligensiehoof in struggle jare so nou weet jy hoe diep loop die intelligensie.

Buks ·

Ek bly tussen die mense wat so brand. Hulle doen dit uit verstrasie want niemand wil die haat verstaan wat al eeue oud is nie. Dit gaan oor edniese verandwoordelikheid. Vendas is Vendas en Tjangaans is Tjangaans.

Sarie ·

Volgens die ANC en die hoofstroommedia is daar net wit en swart en nie etnisiteite nie.

Dark.O ·

Miskien is hierdie nog ń voorbeeld van “Knowledge in the Blood?”, ala prof. J Jansen.

Johanna Botha ·

So Buks die hele ding daar gaan oor etniese haat. Dis nogal verbasend dat rasisme ewiglik genoem word en tog wil dit voorkom of etniese haat n veel groter probleem is ondermekaar in SA of verstaan ek dit verkeerd ? So verstaan ek bv. dat Zulu en Pedi nie om dieselfde vuur sit nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.