Brandstigting by skool in Oos-Kaap ondersoek

Argieffoto (pixabay.com)

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van brandstigting by ʼn skool in Centane, King William’s Town.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die brand het Donderdagaand by Ncedisizwe Senior Secondary School by Cebe Village uitgebreek. “Vier van die klaskamers is oop gelos, aangesien sommige leerders nog in die middag wou studeer. Die hoof is egter vroeg Vrydagoggend telefonies gekontak om hom in te lig dat ʼn brand by die skool uitgebreek het.”

Rekenaartoerusting en skoolmeubels ter waarde van R95 000 is in die brand verwoes. Twee kantore is ook aan die brand gesteek. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

… R95 000… Hoekom eis hulle nie maar R95 000 000 nie? Dit klink meer na die waarheid.

Hanna Hoekom ·

Die skool gaan tog maar net weer herbou word. Dieselfde vervelige ou storie. Niemand gaan gevang en/ of vervolg word nie.

KP ·

Omdat, dit gee nog niemand in die land die reg om sommer net n plek aan die brand te steek nie. Dan wil ek ook weet hoeveel dra hierdie gemeenskap by tot die staatskas en hoeveel ontvang hulle reeds van die staat verniet. Dan brand hulle dit nog af.

Bekommerde ·

My hart word so seer – dat leerders alweer ontneem word van ‘n geleenheid om geleerd te kom.

Word wakker erens is daar iets nie reg nie – as ons alles vernietig om kinders te laat leer – hoe gaan hulle toegerus word om vir hulle self te sorg eendag.
Ek bid so dat elkeen net kan leer om te lees en om somme te doen – as jy kan lees gaan die hele wereld oop. Ek bid ook vir onderwysers wat in moeilike omstandighede klas gee. Ek bid vir die leerders wat partymaal pa & ma is tuis & dit moeilik het en tog aan hou probeer leer. Hou net aan om te leer & vrae te vra & te lees & om hulp te vra daar by jou skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.