Brandstigting by skool ondersoek

Argieffoto (pixabay.com)

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ʼn saak van brandstigting by ʼn skool in Uthingo Park in Witbank.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die gemeenskap het Dindsdagoggend om 03:30 die brandweer ontbied toe hulle gesien het die skool staan in ligte laaie. “Die brandweer het reageer en die brand geblus. Die administrasiegebou, insluitend die hoof se kantoor, is verwoes in die brand. Die verdagtes het vermoedelik brandstof gebruik, omdat ʼn leë houer op die toneel gevind is.”

Niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem in verband met die brand nie.

Die departement van onderwys het gesê die brand by Duvha Combined School volg minder as ʼn week ná twee leerders by die skool geskors is in verband met die aanranding van ʼn ander skolier.

Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, het gesê die brand het in die stoorkamer ontstaan. Dit het na die skoolhoof se kantoor en ʼn paar ander kantore versprei.

“Ons dink nie die brandstigting hou verband met die skorsing van die leerders nie, maar ons kan ook nie die moontlikheid uitskakel nie,” het Zwane gesê. “Die departement is dankbaar dat die brand nie enige invloed het op die eksamens in Maart by die skool nie.”

Zwane het Maandag aangekondig twee graad 9-leerders is geskors. Die twee skoliere, albei 15 jaar oud, is geskors ná ʼn interne dissiplinêre verhoor nadat hulle ʼn ander graad 9-leerder verlede maand aangerand het. Hy het nie verdere besonderhede oor die aanranding bekend gemaak nie.

“Hulle het skuld beken tydens die verhoor. Omdat die leerders nog verpligte skoolgaande ouderdom is, sal hulle na ʼn ander skool geskuif word en hul gedrag sal gemonitor word.”

Die departement het bygevoeg die besluit om die twee leerders te skors stuur ʼn duidelike boodskap dat boelies nie geduld sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

MCS ·

Daar is ook ‘n substansie met ‘n petrolbom gegooi in dieselfde deel van die dorp wat dele van Witbank sonder krag laat. Hou seker verband met mekaar. Blykbaar R 600 000.00 om die substasie te vervang. Munisipaliteit sê geld kon gebruik word om ander nodighede in die dorp te herstel.

Theresa ·

Crazy. Hulle wil alles verniet hê. Ons moet net gee en gee en nogmaals gee. As hulle iets het dan vernietig hulle dit ook nog. Hierdie spul het niks hier bo wat reg tick nie.

Andrea van Vuren ·

Dis hoekom Lesufi aangekondig het dat hy alle skole oopgooi vir almal. Ek is bevrees hierdie tipe brande sal ook in ons eie skole gestig word.

Goggabie ·

En wie moet jy bedank? JOUSELF! Wat op stemdag maar eerder gaan braai want jou beskeie kruisie kan mos nie n verskil maak nie. Veels geluk!

Sê maar net ·

Goggabie jou kruisie sou 25 jaar terug ‘n verskil gemaak het. Bedank eerder jou “naaste” wat met die Bybel onder die arm die mense oorreed het jou vyand is jou vriend en die politieke stelsel wat die mense bang gepraat het.
Die meerderheid gaan nog steeds doen wat hul wil. Hoe het ek nou die dag gehoor: dis nie wat in die koppe is wat tel nie as dit by stemmery van ‘n demokrasie kom nie, maar ongelukkig die hoeveelheid koppe.

jakes ·

Hul enigste verweer is maar klip gooi en vuurhoutjies om brande mee te stig.

GM ·

Word geskors net om weer by ‘n ander skool jou gedrag te mag voortsit. Hulle kan na ‘n ander skool toe gaan – as dit ‘n VERBETERINGSKOOL is.
En daar word gekla dat daar mense is wat nie kan lees en skryf nie want hulle is gedurende apartheid ontneem – dit lyk eerder of hulle hulself ontneem het deur hul skole af te brand, en nou het die ‘kinders’ mos ook daardie gewoontes aangeleer van ‘as ek nie my sin kry nie, dan sal ek jou wys’. Intussentyd benadeel hulle hulself, en ek wonder of hul dit ooit besef?

santie ·

Alles wat opstandige en misdadige kinders nog kón help, is weggevat. Hulpklasse, godsdiens, dissipliene by die skole (en huis) is weg. Ongelukkig ook Verbeteringskole vir die baie opstandige en misdadige kinders. Dit sal mos nie help om hulle net na ‘n ander gewone skool oor te plaas of te skors nie? Hulle hele “mindset” moet verander deur ‘n plek met sielkundiges waar hul intensiewe berading kan ontvang.

AndreD ·

As jy julle nie maak soos ons se nie……..brand ons af!!!

Nel ·

“We live in a democracy, so people have the right to express themselves …as long as they do it peacefully” -Ramaphosa. Wel prez dis net ‘n sekere klein faksie van die bevolking wat die vermoeë besit om hulle griewe vreedsaam te lug. Die res en oorgrote meerderheid verkies brandstigting, klipgooi en verwoesting.

Jeremia ·

Die “hulle” en “ons” verdeling wat so dikwels ter sprake kom, is nogal nogmaals aan die orde.
Enersyds is ek al heeltemal in die war hieroor.
Indien Rama praat oor ons praat dan het hy my bepaald nie ingereken nie.
Sodra die Nuwe Rykes se maatstawwe geld dan is dieselfde groepering en taal nie aan die orde nie, maar NET GELD.
Dieselfde “ons” is eintlik superlief vir “hulle” vir eie gerief.
Te oordeel aan 95% skole in “ons” omgewing ( lezoefi se “beat”) is die radius al baie jare veel wyer as 30 km.
Eintlik is sosiale klas lyk my nou die grootste verskil. Dis nou tussen die Nuwe Rykes en verarmde Ou Geld.
Dalk koop die Nuwe Rykes heel liberaal nogmaals iewers vir hulleself ‘n beter omgewing én skool (sonder om dit te verkondig).
Of vlug landuit want die opsies lyk plaaslik maar skraal.
Naskrif: spesiaal opgedra aan diegene wat “ons” en “hulle” ontken.

Skerpioen ·

Hierdie is mos die EFF se pitkos. Die jeug hang aan Julius en EFF se lippe. En EFF sê verwoes, betoog, keer alles om en vernietig so ver julle kan.

At Dippenaar ·

MCS – Witbank (of Emmawillielênie) is ‘n stad. Ek het self so 2 jaar in Uthingopark gewoon en hierdie skool wat afgebrand is, is nog nie eens ‘n jaar in gebruik.

Marinda ·

Klink my iemand is kwaad, maar die ANC regering het mos baie geld. Binnekort sal ñ nuwe skool gebou word.
Die twee boelies gaan by ñ ander skool ander kinders boelie, maar o wee oppas vir wanneer daai wiel draai en die twee die verkeerde persoon kies om te boelie.

santie ·

Alles wat opstandige en misdadige kinders nog kón help, is weggevat. Hulpklasse, godsdiens, dissipliene by die skole (en huis) is weg. Ongelukkig ook Verbeteringskole vir die baie opstandige en misdadige kinders. Dit sal mos nie help om hulle net na ‘n ander gewone skool oor te plaas of te skors nie? Hulle hele “mindset” moet verander deur ‘n plek met sielkundiges waar hul intensiewe berading kan ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.