Brandstigting by twee skole ná tussenverkiesing

Thabana Senior Phase School (Foto: ANA/Balise Mabona)

ʼn Brand is onderskeidelik Vrydag en Saterdag by twee skole in Mpumalanga gestig, vermoedelik deur lede van die gemeenskap wat ontevrede was met die uitslag van die tussenverkiesing Woensdag in die gebied.

“Brande is Vrydagaand en Saterdagoggend gestig by Siyathokoza Senior Secondary School en Thabana Senior Phase School,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die situasie is nou kalm en die polisie monitor die gebied. Niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Jasper Zwane, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê “daar is geen regverdiging vir dié daad nie”. “Wat gaan nou met die leerders Maandag gebeur, as mens in ag neem dat hulle tans besig is met hul eksamen? Die departement sal beamptes na die twee skole ontplooi om die omvang van die skade te bepaal en advies te gee oor die proses wat gevolg moet word.”

Sello Matshoga, woordvoerder vir die ANC in die Nkangala-streek, het aan die African News Agency (ANA) gesê gewelddadige betogings het Donderdag in die gebied begin ná die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangekondig het dat ANC-kandidaat Phumzile Mnguni die onafhanklike kandidaat, Lucky Ntuli, geklop het. “ʼn Groep persone het die straat versper en na die plaaslike kantoor van die OVK opgeruk. Die groep beweer die uitslag is nie die ware weerkaatsing van die tussenverkiesing nie. Ons sê ons het wyk 7 regverdig gewen en hulle moet hof toe gaan as hulle nie tevrede is nie,” het Matshoga gesê.

Ntuli was ʼn ANC-lid, maar het in Mei as ʼn onafhanklike kandidaat geregistreer. Hy het Saterdag aan ANA gesê hy verwerp die uitslag van die tussenverkiesing omdat “daar baie slegte dinge tydens die stemmery gebeur het”. “Die brandstigting by die skole is egter ʼn kriminele element en dit is verseker nie gedoen deur die persone wat my ondersteun nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kobus ·

Môre? Wat vir n ding is môre? In Arika is daar nie so ‘n vreemde ding soos môre nie. In Afrika is dit net vandag.

Wannda ·

Sal graag wil hoor wat “Ver links” se komentaar oor afbrand en afbreek is.

John ·

Nee dis waar, die nuwe generasie leerders is vuur en vlam oor geleerdheid en al die gratis opvoeding. Die idee van by geboorte grade uitdeel klink regtig nogal gangbaar voeg daarby ‘n miljoen of wat vir volgehoue voorrade brandhout en vuurhoutjies as die mense dalk later verveeld raak…. en dik boeke om die vure volhoubaar te maak… vir seine na ruimtewesens om te kom help met die bevrydingstryd… en bring baie goud en geld saam…

Johanna Botha ·

Watse tiepe ouer gaan brand sy eie kind se skool vra ek jou ….

Roelof ·

Hulle sal seker Doornpoort plaza se R14 n keer gebruik om die paaie reg te maak wat so verniel word .Want more brand ons die hospitaal af want daar is nie paaie nie .

Ag shame ·

Presies wat gedoen is tydens apartheid, dan het die ou apartheids regering maar weer gaan regmaak.
Maar apartheid word afgemaak as ń skending van menseregte terwyl hulle alles in hul vermoë gedoen het om ń volk op te voed sodat daar bevoegde en bekwame mense in poste geplaas kan word om ń ekonomiese vooruitstrewende land daar te stel vir die hele SA.
Vir 24 jaar word alles wat die apartheids regering opgebou het afgebreek en word apartheid blameer.

Stoffel ·

Hoe wil julle vlieg saam met die arende (G7 beraad) as julle hier onder rond skarrel tussen die miskruiers?

Koos de Meyer. ·

Ek dink ons moet sommer terug gaan grond paaie toe dan kan hulle nie gate in die pad brand nie. Daar sal dan in elk geval minder slag gate wees. Wat die skole aan betref is dit onopgevoede mense wat nie verder dink as wat hulle neus lank is nie. Dis net in ons land wat so gaotiese neigings aan die orde van die dag is. In ons buurlande kry jy nie hierdie snert nie want hulle weet wat swaarkry is.

Dis so ·

Dia onaanvaarbaar qat sie mense gedoen het maar dia verblydend om te sien dat hulle die anc teestaan. Iemand moet hulle nou net begelei oor om op n beskafde wyse sulke skelm streke aan te spreek. Hulle het die skole gebrand om die anc regering te ontstel sonder om oor hulle kinders se opvoeding te dink nie. Dit kan moontlil dui op n brandende suid afrika na die 2019 verkiesing. Ai wat gaan oorbly?

Ver links ·

@Wannda, surely this action is wrong and should not happened. Yet the communities frustration got out of hand where they knew the voting outcome was unfair if they give preference to a candidate which the community knows they have not voted for and he does not give any support in times of need, then you will get this kind of resistance. Surely it is wrong to do damages to the two schools but hopefuly they will be repaired and in operation very soon.

... ·

Totsiens Pappa en Mamma. Ek gaan nou skooltoe. Nee, my kind, jy kan nie, ons het dit afgebrand…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.