Brandstigting vermoed ná voer in vlamme opgaan

Foto: Verskaf

Sowat 32 ton noodvoer wat vir boere in die droogtegeteisterde Sutherland in die Noord-Kaap bedoel was, het gisteraand in vlamme opgegaan.

Die voer is deur boere in die Wes-Kaap en Mpumalanga geskenk en by Sutherland se skouterrein gestoor.

Volgens Sybil Visagie van Droogtehulp Noord-Kaap word brandstigting vermoed. Sy het aan Maroela Media gesê die twee hooimiedens wat gebrand het, was 50 m uitmekaar, maar ʼn kleiner hooimied tussen die twee het nie gebrand nie.

Altesaam 40 groot bale wat sowat 500 kg elk weeg en 25 ronde bale van 350 kg elk is verwoes. Die skade word tans op sowat R100 000 geraam, maar die brand het laat vanmiddag steeds gesmeul en die finale skade sal eers later bereken kan word.

“Vir ʼn distrik wat reeds op sy knieë is, is R100 000 groot skade,” sê sy. “Die emosionele uitwerking op die reeds brose boere kan nie in rande bereken word nie.”

Hoewel die voer meestal geskenk word, is daar vervoerkoste wat steeds betaal moet word.

Verskeie mense was sedert die brand uitgebreek het op die toneel, maar dit was so intens dat nie veel gedoen kon word om van die voer te red nie.

Die voer sou vandag uitgedeel word, maar daar moet nou moontlik aanpassings aan die voerlyste gemaak word weens die brand.

Die plaaslike polisie het teen laat vanmiddag nog nie ʼn klagte oor die moontlike brandstigting ontvang nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

jean ·

En sou die klag ontvang word wat dan…….”die skuldiges is nog nie opgespoor nie”…

Baie hartseer..

Outoppie ·

Mens en dier kry swaar en dan word daar sulke dinge gedoen. Wat n skande

Johann cb ·

Dit is verskriklik hartseer en seer dat sulke wandade gepleeg word teen die mense wat ons van voedsel voorsien!

Pottie ·

Nie in ons land nie annette dit is vir hulle n vloek woord

Johan ·

Ons samelewing is siek. Ons moet besef ons is in ‘n tipe van burgeroorlog gewikkel met skelm skurke en onopgevoedes. Hulle doen skade soos wat hulle wil en kom gewoonlik weg daarmee. Enige teenreaksie van ons kant laat ons in die tronk beland.

Pottie ·

Nee johan kom ons bly net vir n week almal by die huis soos die mense in hong kong dan gaan jy nou n ander ding sien maar ons kannie saam staan nie dit is ons probleem en die anc kan ons niks doen as ons besluit ons bly by die huis vir n week nie

Kiskar ·

Die persoon(e) wat dit gedoen het, het duidelik GEEN gewete nie!

Stemsaam ·

Jy is verseker reg. Daar is ‘n bose mag in ons land wat Suid Afrika tot sy knieë wil dwing…

JV ·

Dit maak mens woedend. Mag daar mense wees wat skenkings gee om die boere te help.

Lourens ·

JV, dit was dan juis skenkings wat verwoes is.
Hoop maar dat dit nie die ander skenkings ook oor kom nie.
Lourens

PJC ·

Hierdie anargie wat tans heers gaan nog die land in groot chaos en bloedvergieting laat eindig. Ek hoop net mense is voorbereid op dit wat gaan kom want dit gaan rof wees.

Christa ·

Brandstigting heel moontlik. Alles word gebrand. Solank it’s verwoes word is mense gelukkig.

aj ·

Dit is staatsondersteunde TERRORISME!

Waarom was daar nie wagte by die voer nie?

SjN ·

Dit wat ek die brandstigters wil toewens sal nie geplaas word nie, laer as laag.

Susan vl ·

Ek weet my God sal geregtigheid laat geskied. Amen. Maar jy wat brand gestig ht, onthou net , daardie peuselhappie,hamburger ens. Wat jy so geniet, is te danke aan ons land se boere en hulle werkers.

Jammer boere ·

Sjoe, dis slegte, slegte nuus! wys jou net dat WIE ookal hiervoor verantwoordelik is, die land wil lamlê, ons boere dryf om hul plase te verlaat en wat dan? gaan die EFF en BLF en die ANC vir ons kos voorsien? NEE! hulle is almal te lui om te werk. Wil salaris verdien, maar wil op hul rugstring sit en niks doen nie. Gaan nie meer kommentaar lewer nie want niemand neem tog notisie hiervan behalwe Maroela nie. hulle kan ook niks vermag nie en ek glo dit word summier uitgevee.

Daan Grobler ·

Wat ‘n tragedie en gedane sake het geen keer nie maar daar is vrae wat my pla. Waarom is al die voer so gestoor dat alles bymekaar is? Ek het al self voer gestoor maar mens doen dit tog so dat indien ‘n deel brand die res gered kan word. Hierdie is reeds hoogs brandbare materiaal . Waarom is dit nie opgepas nie? Ek plaas nie R100 000 op my grasperk en gaan slaap nie… Vandalisme en anargie is aan die orde van die dag en kyk hoe wakker is ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.