Brandstigtingverdagte vrygelaat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig is dat hy sy buurman se huis in Mpumalanga aan die brand gesteek het, is Vrydag vrygelaat weens ʼn gebrek aan bewyse.

Sifiso Thwala van Shulzendal het in die Boschfontein-streekshof onskuldig gepleit op aanklag van brandstigting, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Landdros Edgar Moletsane het aan die hof gesê daar bestaan nie enige rede om Thwala aan te hou nie, aangesien die polisie nie voldoende fotografiese bewyse van die toneel kon verskaf nie. Hy het gesê die polisie het foto’s van die muur en vloerteëls verskaf, maar dit wys nie die omvang van die skade nie.

Thwala se regshulpprokureur het aan die hof gesê sy kliënt het geslaap toe Bheki Lubisi se huis op 16 Maart 2013 aan die brand gesteek is. Lubisi het egter getuig Thwala het sy huis omstreeks 01:00 betree en dit aan die brand gesteek. “Hy het vir my gekyk toe ek hom agternagesit het,” het Lubisi gesê. “Ek het hom gesien en hom herken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.