Brandstof dalk duurder in Julie

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Dinsdag aangedui dat gebruikers hulself moet staal vir verhogings in brandstofpryse in Julie.

Die internasionale oliepryse het glo regdeur Junie gestyg en selfs die versterkte rand kon dié styging nie teëwerk nie.

Vooruitsigte toon dat die brandstofprys met sowat 23 sent per liter sal styg, terwyl diesel met 38 sent per liter en paraffien met 32 sent per liter kan styg.

“Die rand het gedurende Junie aanvanklik sterk gevaar teenoor die Amerikaanse dollar, maar die daaglikse wisselkoers het sedert die middel van die maand aansienlik verswak van sowat R13,75 teenoor die dollar tot byna R14,30,” het die assosiasie in ʼn verklaring gesê.

“Hierdie toename gaan veral aan die sakke vat van diegene wat daagliks paraffien vir lig en verhitting gebruik.”

Die AA het bygevoeg dat indien die rand verder verswak terwyl die prys van olie bly styg, dit negatiewe gevolge vir die Suid-Afrikaanse ekonomie kan inhou.

Die departement van minerale hulpbronne en energie sal na verwagting later vandeesweek die amptelike styging of daling van brandstofpryse in Julie aankondig.

“Die AA reguleer of pas nie die brandstofpryse aan nie, en het ook geen insette in die berekening van dié pryse nie. Die AA maak slegs hierdie vooruitskatting om die publiek voor te berei vir die volgende maand se uitgawes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Suzette ·

Glo dit sal duurder wees – vat nie veel van ‘n verskoning vir ‘n verhoging nie….

SomeOne ·

enige verskonings wat ons moet bly glo net vir die regering om meer geld te kry, niks maak sin met die brandstof prys nie

Stofdonkie ·

Ek verstaan nie hoe die brandstof prys so sensitief is vir stygings in die olie prys nie, net die ander dag het die olieprys na onder 0 toe geval en ons brandstof prys was toe gladnie baie sensitief vir die verlaging nie. So as die prys val bly die branstof prys dieselfde en as die prys toeneem dan neem die brandstof prys ook toe

SomeOne ·

die stadium toe olie se prys 000 was, koop ‘n 5liter olie nogsteeds vir r250, en dit het nogsteeds meer geraak ?????

lodewyk ·

Iemand moet vir die gratis entstowe betaal en daai R500 biljoen wat weg is,helfte van die prys van n liter branstof gaan na die cANCer regering….As jy gewoond is om elkke maand luuks te lewe moet jy plan maak…

Mieke ·

Sommige mense MOET hulle eie vervoer gebruik om by die werk uit te kom! Dis nie’n luukse nie.

Tipper ·

So sal die arm man maar die arm and leg moet gee,so sal dit aanhou,so sal die crime erger raak.

Piet parys ·

Brandstof sal altyd opgaan want die verbruiker is die melk koei vir die regering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.