Brandstof: Dalk goeie nuus vir sommiges voor Kersvakansie

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die verwagte daling in die prys van petrol in Desember is welkome nuus vir motoriste wat die vakansie die lang pad wil vat, maar diegene met dieselvoertuie is nie so gelukkig nie.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) voorspel dat die prys van petrol met ongeveer 27c/ℓ gaan daal. Die prys van diesel styg na verwagting met 13c/ℓ.

Die AA grond sy vooruitskattings op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

Paraffien, wat vir lig- en kookdoeleindes gebruik word, sal na verwagting ook met sowat 22c/ℓ duurder word.

“Die internasionale produkpryse van geraffineerde brandstowwe het net voor die middel van November gestyg, maar daarna weer teruggesak,” sê die AA.

Die rand het in ʼn stadium tot R15,15 teen die dollar verstewig en was op sy sterkste vlak sedert Februarie vanjaar.

“Die rand het werklik lanklaas tot die redding van Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers gekom en as die huidige neiging voortduur, lyk dit of die land hom kan gereedmaak vir verbeterde brandstofprysbestendigheid wanneer ons 2021 binnegaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Daal met 27c/l en net voor die kinders weer op die skoolbanke moet wees dan gaan dit op met 54c/l. Al daai ANC’s wat lekker skep by die brandstof belasting verloor niks nie!

Judge ·

Ek het al agter gekom dat wanneer die Rand versterk dan klim die olieprys en wanner die olieprys daal dan verswak die rand.
So wie flous wie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.