Brandstofpryse sal na verwagting in November verder daal danksy ʼn effens sterker rand en laer internasionale oliepryse.
Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê huidige data wys dat petrol met tot 27 c/ℓ kan daal en diesel met ʼn verwagte 11 c/ℓ. Die AA grond sy vooruitskattings op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.
“Die enigste vlieg in die salf is paraffien,” het die AA gesê.
Die prys van paraffien, wat vir lig- en kookdoeleindes gebruik word, gaan na verwagting met 15c/ℓ styg.
Die AA sê die rand het die afgelope maand vasgestaan teen die Amerikaanse dollar en het vandeesweek selfs verder verstewig.
“Die geleidelike versterking word weerspieël in internasionale oliepryse wat deur die loop van die maand teruggesak het. Daar was selfs verdere dalings oor die afgelope tien dae,” het die vereniging gesê.
Die AA sê die wisselkoers en die prys van olie was die afgelope twee maande meer bestendig, wat daarop dui dat brandstofpryse nou weer gestabiliseer het.
“Ons hoop dit is die geval. Bestendigheid in brandstofpryse gaan welkome verligting wees vir individue en maatskappye in die huidige ekonomiese situasie,” het die AA gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ons het nie verniet voor Vader gekniel oor hierdie saak nie. Ons gebede is verhoor.
Hope it will keep dropping.
But as with this circus’s kind of “thinking” i won’t hold my breath.
ja en die kos pryse het so die hoogte in geskiet ek kyk maar net na alles op die rakke en sal maar een van die dae gras moet vreet!
MMMMMM en as almal na hulle verlof moet terug ry Desember dan gaan die prys weer op .
Watch this space !!
Gewoonlik skiet die prys van petrol die hoogte in wanneer die somer-seisoen op sy piek is, maw, wanneer mense gaan vakansie hou. Prysverhogings of begin Desember of begin Januarie wanneer almal weer moet terugkeer huistoe.