Brandstof eersdaags dalk goedkoper

Argieffoto

Die prys van petrol en diesel sal na verwagting einde vandeesmaand met ʼn geraamde 60 sent per liter daal.

Volgens ʼn verklaring van die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) kan motoriste dié verligting verwag danksy ʼn aansienlike daling in die prys van olie en die sterkte van die rand teenoor die Amerikaanse dollar.

Die AA sê petrolverbruikers kan ʼn moontlike daling van tussen 60 tot 64 sent per liter verwag, terwyl diesel met sowat 60 sent per liter sal daal. Die prys van paraffien sal ook na verwagting met sowat 57 sent daal.

Die AA sê dié ongeouditeerde middelmaanddata wat uitgereik is deur die sentrale energiefonds (CEF) toon dat die rand in die eerste helfte van Junie meestal stabiel gebly het teenoor die Amerikaanse dollar.

Die moontlike daling in brandstof kan egter grootliks toegeskryf word aan die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPEC) wat sy produksiekwotas verminder het en derhalwe ʼn daling in oliepryse tot gevolg gehad het.

Die AA waarsku egter dat daar weer in die toekoms ʼn skerp styging in brandstofpryse kan wees indien die drie hoofgraderingsagentskappe Suid-Afrika se kredietgradering verder afwaarts aanpas. “Dit kan ʼn aansienlike kapitaaluitvloei veroorsaak, wat lei tot swakheid in die rand en eindelik die brandstofprys negatief sal beïnvloed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

al ·

As jy rook en drink is dit sondig(e) belasting. As jy steel en kaap en plunder dan is jy okei. Dis ons SA se morele kompas vandag –

Paul ·

Daar is ‘n fout in die berig.
‘n Daling in OPUL se produksiekwotas sal ‘n styging in oliepryse tot gevolg hê, nie andersom soos die berig sê nie. Laer aanbod lei tot hoër prys.

Liza101 ·

Ek weet nie waaroor gaan die bohaai nie, ek gou nog altyd R200 in en kry altyd R200 se brandstof… Lol!

Johann Marx ·

Moenie te gou bly word nie, dis nou eers die 20ste van die maand. Een of ander minister of misister kan nog ‘n spiets maak, en die Gupta met 20% laat daal teenoor ander geld-eenhede…en dan betaal ons dalk meer vir petrol…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.