‘Brandstof-sindikaatleier’ vasgetrek

(Foto: SAPS)

’n 35-jarige man is vasgetrek wat glo die leier is van ’n sindikaat wat na bewering betrokke was by die diefstal van brandstof en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.

Volgens lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is byna 8,5 miljoen liter brandstof ter waarde van ongeveer R102 miljoen die afgelope jaar landwyd uit Transnet-pype gesteel.

Altesaam 46 verdagtes is die afgelope drie maande in hegtenis geneem in multidissiplinêre operasies.

(Foto: Verskaf)

Die vermeende sindikaatleier is Woensdag in Pretoria tydens só ʼn multidissiplinêre operasie vasgetrek. Die span is gelei deur die Valke saam met Bidvest Protea Coin Security en die Gautengse departement van vervoer.

“Die inhegtenisneming volg nadat twee verdagtes Saterdag vasgetrek is in verband met die diefstal van brandstof en die peuter met Transnet se nasionale pyplyn in Vrede in die Vrystaat,” sê Nkwalase.

“Die verdagtes is in hegtenis geneem toe hulle die gesteelde brandstof in Kromdraai in Emalahleni (Witbank) afgelewer het. Die tenk vol brandstof is gekonfiskeer.”

(Foto: SAPS)

Die twee, Mauro Aurelia Langa (41) en Solly Khoza (35), het Dinsdag in die landdroshof op Vrede verskyn en sal na verwagting Maandag weer terug wees in die hof.

“Met die jongste bykomende drie inhegtenisnemings wat met hierdie voorval verbind word, is altesaam 49 verdagtes landwyd in hegtenis geneem.”

Die vermeende sindikaatleier sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Emalahleni verskyn en sal dan Maandag weer saam met Langa en Khoza in die landdroshof op Vrede in die beskuldigdebank staan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Helen ·

Lekker ry daai ou nou verniet tussen Witbank en Vrede. Hulle het seker nie gedink die Valke sal op so n “one horse town” ook werk nie. Baie geluk aan die Valke goeie werk

Kobus ·

Bidvest Protea Coin Security moet dalk deur die staat aangestel word want hulle betrokkenheid lei tot die suksesvolle arrestasies.

Kokerboom ·

Rook hulle Valke. Die ANC gekaapte land is een groot korrupsienes. Ondersoek maar ANC topstrukture. Stel vir Jacques Louis Myburgh aan

Danie ·

Weelde is die eerste ding wat sy kopuitsteek die spul is so onnosel maar arrogant misdaad betaal nie. Net jammer dit so lank gevat.As dit nie vir die privaat sekeriteits firmas en boere was nie.

PieterJ ·

Moenie ons tyd mors om te sê iemand is net gevang nie, dit beteken minder as niks in SA. Ek sal eers effe bly raak as ‘n onafhanklike verslaggewer self ‘n foto van die krimineel in die tronk neem en in die media plaas.

Danie ·

Verseker n mens kan niks glo in die land tensy jy dit self sien.Ons wil graag die opvolg gevolge monitor.Daar word te veel gepraat en min gedoen.

Kneh Mokenah ·

Ek wonder watter brandstof hulle gebruik wat R12 per liter kos

SjN ·

Hier is mos die bewys, brandstof kos dus R12 per liter sonder die klomp belastings. Hoop hul word swaar gestraf.

Sarel ·

Die Pypleiding word nie meer gemomitor nie.
Hoe is dit moontlik dat Brandstof uitgetap kan worf en niemand tel dit op nie

Schalk ·

Gee hom vlieglesse terwyl julle kans kry want hy gaam die regsstelsel pypkan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.