Brandstof: Só lyk Augustus se pryse

(Grafiek: pixabay)

Die gemiddelde brandstofprys het wêreldwyd verhoog en lei later vandeesweek ook tot ʼn styging in brandstofpryse vir Suid-Afrikaanse verbruikers wat reeds noustrop trek.

Volgens die departement van minerale hulpbronne en energie styg die prys van 93-oktaan- en 95-oktaan-brandstof Dinsdag om middernag met 5c/ℓ.

Die prys van diesel styg met 45c/ℓ.

Paraffien sal voortaan 52c/ℓ duurder wees en die prys van gas verhoog met 4c/kg.

Volgens die departement het die rand in die betrokke tydperk teen die dollar verstewig en tussen 26 Junie en 30 Julie teen gemiddeld R16,82 in vergelyking met die R17,12 van die vorige tydperk verhandel. Dit kon egter nie die styging in brandstofpryse teenwerk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.