Motoriste kan hulle staal vir nog ʼn verhoging in brandstofpryse wat Dinsdag om middernag in werking tree.
Jeff Radebe, minister van energie, het die styging in brandstofpryse Sondag bekend gemaak.
Motoriste moet vanaf 4 Julie 26c per liter meer betaal vir die prys van 93-oktaan-petrol. Die prys van 95-oktaan-petrol gaan 23c per liter duurder wees.
Die prys van 0,05%-sulfaat-diesel gaan met 26c per liter styg en die prys van 0,005%-sulfaat-diesel met 24c per liter. Die prys van gas gaan ook met 37c per kg styg.
Radebe het gesê die hoofoorsaak van die brandstofaanpassings is die rand/dollar-wisselkoers.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Verstaan nie hoe gaan ons brandstof prys op maar party buurlande is nog goedkoper as ons
In Botswana kos brandstof 8.4 pulla. Dis net oor R10. 00 per liter en die brandstof word met vrag motors daarheen vervoer vanaf Suid-Afrika.
Die enigste manier is om op te kom met planne wat staatsbeheerde brandstof of erg inperk of obsolete maak!
Wat is die ware rede vir hierdie onbevoegde korrupte ANC regering om die petrolprys op te druk week na week?
Die toeskryf van die voortdurende stygings aan n verswakkende wisselkoers (en stygende oliepryse) hou nie meer water nie.