Brandstof styg al weer

Argieffoto

Motoriste kan hulle staal vir nog ʼn verhoging in brandstofpryse wat Dinsdag om middernag in werking tree.

Jeff Radebe, minister van energie, het die styging in brandstofpryse Sondag bekend gemaak.

Motoriste moet vanaf 4 Julie 26c per liter meer betaal vir die prys van 93-oktaan-petrol. Die prys van 95-oktaan-petrol gaan 23c per liter duurder wees.

Die prys van 0,05%-sulfaat-diesel gaan met 26c per liter styg en die prys van 0,005%-sulfaat-diesel met 24c per liter. Die prys van gas gaan ook met 37c per kg styg.

Radebe het gesê die hoofoorsaak van die brandstofaanpassings is die rand/dollar-wisselkoers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hennie ·

Verstaan nie hoe gaan ons brandstof prys op maar party buurlande is nog goedkoper as ons

Riaan ·

Stem…..Lesotho baie goedkoper as ons…..Verstaan dit nie!…

Cherokee ·

Ek sien geen navrae daaroor in die parlement. Dit is wel so Pieter Groenewald, dat jy veel meer het om te bevraag, maar plaas hierdie vraag ook op jou lysie asseblief.

Andrea van Vuren ·

Buurlande koop die brandstof teen die prys wat ons daarvoor behoort te betaal. Die regering se geldkoffers is leeg geplunder deur sy eie mense, en wié moet sorg dat dit weer vol worrd? Ek en jy!

Koos de Meyer. ·

In Botswana kos brandstof 8.4 pulla. Dis net oor R10. 00 per liter en die brandstof word met vrag motors daarheen vervoer vanaf Suid-Afrika.

Levies ·

In South Africa around R5.30 per litre is added for the General Fuel Levy and the Road Accident Fund.

Hennie ·

Die enigste manier is om op te kom met planne wat staatsbeheerde brandstof of erg inperk of obsolete maak!

Koos ·

Dit sal selfbeskikkingsonderhandelinge wees….blah blah blah

Joshua ·

Wat is die ware rede vir hierdie onbevoegde korrupte ANC regering om die petrolprys op te druk week na week?

Andrea van Vuren ·

Joshua, jy het sopas jou eie vraag beantwoord. Hebsug en korrupsie!

Adriaan ·

Die toeskryf van die voortdurende stygings aan n verswakkende wisselkoers (en stygende oliepryse) hou nie meer water nie.

Zoro ·

Dis tyd om saam te staan die storie raak ons almal – kom ons gooi bv. die maand net Shell pompe brandsof in as daar bv. 10 verskillende maatskappye is sal dit 10 maande neem voor ons weer by Shell brandstof kan ingooi die government sal verplig wees om brandstof te verlaag

Wollie ·

Weet jy wat se chaos dit sal veroorsaak.. hulle gaan gereeld sonder brandstof wees en as hulle het gaan die rye in die pad af staan

zoom zoom ·

Zoro. Wat as ek nie ‘n Shell garage in my area het nie. Makliker gesê as gedoen. Gaan terug na die dae toe ons ook 3de party op ons motosoes hê. Nou word die ongeluksfonds gebruik as ‘n spaarvarkie vir korrupsie

SjN ·

Die rede raak rerig afgesaag, word te veel belas deur die onbevoegde klomp om die boeke te probeer klop.

jankoos ·

Ek hoop die mense spandeer hulle spaargeld op petrol en gee dit nie meer aan die irriterende karwagte nie.

Showahed ·

Skandelik! Wat will die ANC met al die geld maak? Virseker nie die lewe verbeter vir die volk van SA nie.

Fanie ·

Hoeveel moet ons nou nog opdok vir n lakse regering se onvermoee om n land te bestuur wat net goed genoeg is vir een ding naamlik diefstal
hulle is n klomp korupte diewe GENOEG IS NOU GENOEG

Chris Ws ·

Die brandstof prys stygings is die gevolg van ‘n onbevoegde regering,dis al!Want dis die regering wat verantwoordelik is vir die Rand wat so erg verswak het deur hul wan administrasie EN swak deurdinkte binne en buitelandse beleide soos bv. grondonteining sonder vergoeding.Ek le die skuld dus vierkantig voor Ramaphosa.
Dit sal gaaf wees indien Dr.Pieter Groenewald die regering nader in die parlement oor die buitensporige heffings en belastings (3 verskillende name!) op die prys van brandstof in SA en HOEKOM brandstof goedkoper moet wees in ons buur lande wat HUL brandstof VAN ONS AF KRY!Dit beteken mos ons subsidieer al ons buurlande met brandstof!

Bernard Hellberg ·

Nee, die hoofoorsaak is die vergiftigde Rand wat deur Zuma en sy span skelms vernietig is

Johanné ·

Die stygings se geld is nog om stemme te koop en geel, swart en groen t-shirts

Paul ·

Vir almal wat so wonder hoe petrol dan in die buurlande goedkoper kan wees as hier, selfs al word die petrol deur Suid-Afrika verskeep, hier is die antwoord:

Produkte, insluitend petrol, het ‘n groothandelprys en kleinhandelprys. Die vulstasie koop aan teen groothandelprys en verkoop teen kleinhandelprys, nes enige ander winkel wat iets anders verkoop. Die groothandelprys is laer as die kleinhandelprys, anders maak die winkel mos ‘n verlies.

Die groothandelprys van petrol in Gauteng is ongeveer R8.60 per liter. Dis die prys waarteen brandstofverspreiders in die buurlande die petrol aankoop. Die rede hoekom hulle kleinhandelprys dan laer is as die groothandelprys hier, is omdat die regerings van die buurlande nie soveel belasting as SA se regering op petrol hef nie. Baie eenvoudig, geen sameswering of misterie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.