Brandstof volgende week duurder

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Brandstofverhogings tree Woensdag in werking. Die prys van petrol styg dán met meer as 90c per liter, terwyl diesel meer as 50c per liter duurder sal wees.

Die prys van gas sal ook skerp toeneem.

Suid-Afrika se brandstofpryse word maandeliks aangepas, gegrond op internasionale en plaaslike faktore.

Só lyk die jongste wysigings aan die brandstofprys:

  • Petrol (93) is 91c per liter duurder
  • Petrol (95) is 91c per liter duurder
  • Diesel (0,05% swael) is 55,58c per liter duurder
  • Diesel (0,005% swael) is 54,58c per liter duurder
  • Paraffien is 50c per liter duurder
  • Gas word 226c/kg duurder.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, sê in sy jongste verklaring die verhogings in die brandstofprys volg nadat die internasionale prys van petrol, diesel en paraffien tydens die tydperk onder hersiening toegeneem het.

Die rand het boonop swakker teenoor die dollar vertoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kokerboom ·

Wil die vervloekte ANC en sy patetiese kaders soos ene Mantashe nou werklik die ekonomie totaal vernietig en die land in armoede dompel. Die gevoellose nare kader regime het nou te ver gegaan!!

Johanncb ·

Kan Min Mantashe nie vir ‘n slag iets vir ons land doen, en pryse behoorlik reguleer nie?

Blomme ·

Nou moet die belastingbetaler opdok vd gemors wat my people tydens die ‘onruste’ gedoen het. Ekt dit verwag. Die begin van vele prys stygings!

Pieter ·

Die anc kommuniste soek geld om ouer people se grants te betaal. Pleks skep die klomp kommuniste werk. Tyd dat die belastingbetalers begin standpunt in neem.

Mieke ·

Ek laat my nie vertel dat die KZN onluste nie ook ‘n groot bydrae lewer tot hierdie brandstof verhogings.

Sobymykoolkop ·

Meer en meer mense gebruik gas, kyk hoe lekker gaan gas se prys op, nie lank, dieslelfde as petrol

Adriaan ·

As die “rede” vir die styging nie die rand/ Dollar wisselkoers is nie, is dit die internasionale olieprys. En as dit nie een is nie, is dit altwee. Ek dink dis n geval van “Kyk hier, kyk hier … moenie daar kyk nie”. Pure oë verblindery, net soos kulkunstenaars dit doen.

SomeOne ·

alle goedere en items se pryse gaan net op, die een item wat vir baie mense saakmaak, inkomste, kan glad nie meer byhou nie, anc julle wurg alles uit ons

Anel ·

En niemand sê ‘n dooie woord nie. Selfs die taxis is so stil soos muise. Maar in 1984, toe die prys van 84c/l na 85c/ l op gaan, toe word die land afgebrand. Nou hoe nou???

Elize ·

Hulle kry dit vir next to nothing dis hoekom die bekke stil is

JohanR ·

Lag nou lekker – Suid-Afrika se brandstofpryse word maandeliks aangepas, gegrond op internasionale en plaaslike faktore. Word liewers aangepas as die ANC meer geld nodig het, en/daar daai maand plundery in SA was!

Cecilia ·

Dink d minister ons is onnosel. Dit het niks met internationale pryse te doen nie. Maar als met 12 Julie 2021 se looting. En ou Squirral se beloftes v R350 Grants!

Tyd dat d taxis weer bietjie hul stem dik maak met d petrolprys verhogings!

Frank John ·

Stoot dit op want daar word beslis minder gery in die tyd. Mense dink meestal twee keer voor hulle ry, nou word minder bradstof gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.