Brandstofprys: ANC vra ingryping deur VSA, SA-regering

Argieffoto

Die ANC het sy stem by die koor politieke partye, organisasies en verbruikers gevoeg wat vra dat daar drasties ingegryp word rakende die voortdurende stygende brandstofpryse.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het in ʼn verklaring gesê die ANC het met diep kommer kennis geneem van die aanhoudende verswakking van die rand en die implikasies daarvan op Suid-Afrika.

Mabe het bygevoeg dié prysverhogings het ʼn direkte invloed op die lewens van die armes “aangesien die monopolistiese voedselwinkels vervoerkostes na hulle [die verbruiker] verskuif”.

Mabe het gesê die ANC het aanvaar dat die rand se verswakking buite hul beheer is en toegeskryf kan word aan onder meer die Amerikaanse handelsoorloë. “Ons het ook aanvaar dat die brandstofprysverhoging onvermydelik is as gevolg van die globale prysstyging in ru-olie. Ons doen egter ʼn beroep op die VSA om die onbedoelde nagevolge van sy handelsoorloë in ag te neem, asook die nadraai van sy implementering van sanksies op olie-produserende lande op ontwikkelende lande. Ons doen ook ʼn beroep op die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPEC) om te help om brandstofpryse te verminder deur olieproduksie te verhoog,” het Mabe gesê.

“Die ANC- geleide regering moet die kort- en langtermyn effekte van die brandstofprysstyging op Suid-Afrikaners en die ekonomie versag. Ons doen ʼn beroep op die regering om ons brandstofreserwes te versterk, om die vermindering of vriesing van die heffing op brandstof ernstig te oorweeg en om die bestuur en finansies van die Padongelukkefonds, PetroSA en die sentrale energiefonds te stabiliseer.”

Mabe het afgesluit deur te sê dis nie nét die geveg teen korrupsie wat moet verskerp nie, maar ook die stryd teen verhoogde lewenskostes.

Maroela Media het Woensdag berig die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Maandag aan Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, geskryf om te versoek dat daar ʼn debat gehou word oor brandstofpryse.

Motoriste is gister met nóg ʼn prysverhoging geslaan nadat petrol om Dinsdag middernag met tussen 23c en 26c per liter opgegaan het. Diesel kos nou 26c per liter duurder.

Die departement van energie het vroeër gesê die prysverhogings kan toegeskryf word aan die rand se swak prestasie teen die Amerikaanse dollar, die afname in die prys van Brent ru-olie en die impak van brandstofprodukpryse.

Die jongste verhoging het brandstofpryse tot ʼn rekordhoogte van bo R16 per liter laat skiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Annie ·

Aag asseblief…. Haal al die byvoegings af wat toegevoeg word Dan kan ons ook betaal wat ons buurlande betaal wat hul petrol van Suid Afrika ontvang. Wat baie minder is as wat ons betaal. Weereens ANC ons is nie stupid nie.

Nou weet ekke nie. ·

Annie, Ons buurland Mosambiek sit met die grootste gas velde in die wereld. Sasol omskep die gas tot brandstof by sy aanleg in Sasolburg. Van ons kragsentrales (Eskom) gebruik hierdie gas vir die aandrywing van party kragstasies se turbines. Liewe hemel hoeveel langer moet Suid Afrika die gevangenis bly van n korupte ANC regering wat nie eers hulle eie politiek verstaan nie. Ons hoef nie so afhanklik te wees van olie nie. Die oumense het altyd gese” as dit te lekker gaan, moet jy begin rondkyk hoekom.

Marius ·

Ek kan nie verstaan hoe werk die ANC nie nou die dag het hulle baie te se gehad oor die Amerikaners oor wat hulle doen en en dan wil hulle die Amerikaners se hulp he.Jy skop nie ‘n hond wat na jou kyk leer ANC

Grapg@tte ·

ANC is bang die mense gaan toy toy nou wil hul al die hoë pryse voor VSA se deur lê. Net soos hul is. Almal is verkeerd buiten hulle. Hoekom betaal ons buurlande soveel minder vir petrol wat deur ons aan hulle voorsien word.

Henk ·

Hoe onnosel kan mens wees ? ” Die ANC het aanvaar dat die verswakking van die Rand buite hul beheer is ” Dit is dan juis agv van die ANC se ondeurdagte beleide wat die Rand so verswak. Dink maar aan eiendomsreg , NGV , ens. Daar is geen wet en orde in die land nie. Nie eers die burgers van die land het vertroue in die regering nie , hoe moet beleggers vertroue genoeg he om hul geld hier te kom bele ? Motoriste word gesien as melk koeie, niks meer , niks minder. Maar natuurlik is dit nie die regerende party se skuld nie , of hoe ?

wraggies ·

Vra die wyse Min Mokonyane vir hulp, aangesien sy gesê dat “if the rand falls we will pick it up” waar is sy nou en wat van al die belasting wat gehef is op die prys, wie stel dit aan? En hoekom vra hulle nou die VSA vir hulp na al hulle beledigings?
Hierdie ANC regering is ‘n grap van vormaat.

Eish ·

Ons doen n beroep op die meerderheidsregering om sy sosialistiese beleidsrigtings te verander sodat die rand kan versterk.
Daar is geen monopolistiese voedselwinkels nie. Indien daar was, sou dit impliseer dat die Kompetisie komissie nie sy werk doen nie.

Potlood ·

Hoe vra jy, jouself, om iets te doen….. Of maak hulle dit so obvious dat hulle so bietjie “stadig” is….
hahahahahaha ek lag nou lekker…. dit moet ‘n joke wees.

Jacques ·

Met al die heffings op die brandstof prys is dit geen wonder dat dit so hoog is nie . My vraag is egter net hoeveel keer moet n mens betaal om een stuk pad te gebruik ? Op die ooomblik betaal mense in die brandstof prys , motor lisensies , tolgelde , belasting en die vader alleen weet waar nog . So my vraag is nogsteeds hoeveel keer moet jy betaal om EEN stuk pad te gebruik ?????

Jacobus ·

Die brandstof heffings gaan lankal nie meer vir die onderhoud op paaie nie, dit word nou gebruik om sosiale toelae te betaal.

Die onderhoud op paaie waarvoor die heffings in die begin onder NP bewind ingestel was, is lank terug en vir die ANC nie van belang.

ne ·

ANC lewer kommentaar omdat hulle weet hulle is self skuldig. Wat ‘grap!!!!!!!

Judge Dredd ·

Ja ANC – elke reendruppeltjie verbeel hom dat hy nie verantwoordelik is vir die vloed.
Dit is die ANC se swak beleidsrigting, onvermoe en korrupsie wat grootliks bygedra het to die huidige stand van sake.

Slappe ·

Di ANC is gewaarsku:
Oor di beleidonsekerheid veral rondom grondonteiening…
Di koste van di NGP…
Moodys oor ons R4 Triljoen skuld…

Raak maar ‘gewoond’ aan di stygings want julle is mos Nooit verkeerd ni

Stella ·

Ek dag die ANC is die regering. Wanneer dit hulle pas, skei hulle die party van die staat, ander kere is staat en party weer een.

Andrea ·

Wat n gekkeparadys! Het julle al die drama “Die Keiser” deur Barto Smit gelees? Doen julself die guns en lees dit. Dit handel oor n ‘banana republic’ êrens in Afrika. Toenterjare toe dit voorgeskryf was v ons op hoërskool, het ons lekker gelag en gesê Dank Vader ons land is tip-top en sal nooit só verval nie…

Grassie ·

Dit is hoofsaaklik die regering se grondbeleid en hul onvermoë om korrupsie hok te slaan en wet en orde te handhaaf wat beleggersvertroue verswak en daardeur die waarde van die rand laat tuimel. Maar op tipiese ANC-manier pak hulle nou die skuld op Amerika. Die buiteland is nie onnosel nie, hulle sien dat die huidige regering nie eers ‘n lugdiens kan bestuur nie, laat staan nog ‘n land. Hul sien die totale verval van die munisipaliteite en staatsinstellings wat onder ANC beheer is. Die kanse dat die rand ooit weer gaan herstel is maar skraal. Brandstofpryse gaan seker maar hoog bly.

Jacobus ·

Grassie, u het vergeet om te noem dat die ANC ook heeltyd teen Amerika in die VN stem en die vyande van Amerika steun.

Dalk moet ons dit sien as deel van die pak slae wat Amerika vir ons gee.

Grassie ·

Jacobus – jy is reg. Ook hul toenemende vyandigheid teenoor Israel speel ‘n groot rol. Ek dink nie die regering begryp oor hoe groot ekonomiese mag en slaankrag die internasionale Jodegemeenskap beskik nie.

rina ·

As die President ophou met sy stupid grondhervormings program sal die rand nie so val nie en sal die petrol prys dus nie so hoog opskiet nie, ons het ‘n leier nodig wat perspektief het en die belange van alle suid-afrikaners op die hart dra soos dit hoort

Theresa ·

Whaaaaaaaaaa ha ha ha ha ha! Eers gedink ek lees verkeerd!!!! Hoe de dinges vra die ANC homself (halllloooooooooooo – ANC = Regering!!!) om iets te keer/verbeter? En nee, Amerika het net mooi b rol (hou dit maar by niks) met die verswakking van die rand te doen nie. Als broei sommer net hier in hierdie land uit. Swak bestuur. Swak besluite. Vermyding van ernstige sake wat die land knel. Ens. ens ens ens.

kat ·

do you realy think we are stuped its the anc that buggar this country up with coruption theft and incompensy they to lazy to work and its the anc that make the rand nothing look the hole south africa its a desaster dis n bogerop die anc is the culprets not Trump his a good leader its the anc that are to blame they are sukking the country dry so stop move the blame to USA they better off than south arica they got leaders we do got people that knoe zults

jaco ·

hierdie wisselkoers manipulasies en rommelstatus van wit regerings in die noordelike halfrond en vanaf wit besighede soos moodys en standard & poor, grens ook maar aan rassisme. hulle dink niks daarvan nie om derde wereldlande, wat almal nie-wit is, se regerings te “straf” omdat dinge daar nie soos in die wit noordelike lande gedoen word nie. blykbaar is hulle wit manier van dinge doen, die norm, die maatstaf.
geld van derde wereldlande verloor hulle waarde en ekonomieë word afgegradeer na rommelstatus en dan kry daardie wit lande se regerings lekker omdat hulle “strafmaatreëls” uitgevoer het, maar hulle vergeet gerieflik hoe die gevolge van daardie strawwe die gewone mense in derde wereldlande raak. pryse van petrol en kos styg, besighede moet personeel verminder, werkloosheid neem toe, en en en.
Van gister af is moet ek R17 meer vir n vol tenk petrol betaal. vir R300 se krag kry ek ook van gister af 16 eenhede MINDER. eks verbaas wat mens betaal vir basiese kos. As ek wat nog werk het reeds kla, hoe swaar gaan dit dan met arm swart mense?

Judge Dredd ·

Nou verduidelik asseblief die suksesvolle asiese lande?

bgj van der westhuizen ·

wel vergeet van die arm swart mense wat van jou arm wit mense en wat van die middel klas wit mense wat al meer arm raak wand ons betaal vir alles wat ook swaar kry die anc en die anc regering moet maar pa staan vir alles wand jy kan nie jou burgers dood tax nie haal die klom tax uit petrol en diesel e en

Gerrard ·

Ek reis gereeld na ins bure lande toe veral Botswana wat hul brandstop koop by maatskappye wat in Suid Afrika gebaseer is en hul is ten minste R3 tot R4 goed koper. So dis nie die prys van brandstof wat so duur is nie dis al die ander belastings ens wat op die prys gelaai word wat dit so duur maak

Nou weet ekke nie. ·

Annie, Ons buurland Mosambiek sit met die grootste gas velde in die wereld. Sasol omskep die gas tot brandstof by sy aanleg in Sasolburg. Van ons kragsentrales (Eskom) gebruik hierdie gas vir die aandrywing van party kragstasies se turbines. Liewe hemel hoeveel langer moet Suid Afrika die gevangenis bly van n korupte ANC regering wat nie eers hulle eie politiek verstaan nie. Ons hoef nie so afhanklik te wees van olie nie. Die oumense het altyd gese” as dit te lekker gaan, moet jy begin rondkyk hoekom.

John ·

…. ons bodemlose put raak net nie vol nie.. Dis maar al. Help… help… Afrika se ou-ou deuntjie. Waarom nie rubberboot na groener weivelde nie… die help le daar. Soos die spreekwoord lui: Aan alles kom ‘n einde. Meestal ‘n morsige einde…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.