Brandstofprys daal volgende week

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die departement van energie het goeie nuus omtrent die brandstofprys vir mense wat weer begin pendel met die inwerkingtreding van vlak 4 van die koronavirus-afsonderingstydperk.

Die departement het Donderdag in ’n verklaring gesê die kleinhandelprys van petrol sal Woensdag met R1,74 per liter daal terwyl die groothandelprys van diesel met soveel as R1,61 per liter sal daal.

Volgens die departement sal die verkoopprys van paraffien met ’n allemintige R2,97 per liter daal. Die prys van gas sal op sy beurt Woensdag met R2,62 daal.

Suid-Afrika se brandstofpryse word elke maand aangepas met inagneming van die wêreldwye oliepryse en die randwisselkoers. “Die gemiddelde internasionale produkpryse vir petrol, diesel en paraffien het in die oorsigtydperk gedaal,” het die departement gesê.

Luidens die verklaring word die brandstofprys deels teengewerk deur ʼn swakker rand teenoor die Amerikaanse dollar in vergelyking met die vorige tydperk.

Die laer brandstofpryse sal ʼn mate van troos aan Suid-Afrikaners bied wat finansieel gebuk gaan weens die Covid-19-pandemie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Simon ·

Rerig? Skandalige uitbuiting van die Suid-Afrikaanse verbruiker. Olie word dan omtrent verniet weg gegee deur die produserende lande wanwee ‘n gebrek aan stoorplek.

Sê Ook Maar Net ·

Presies.. As die Olieprys $1 styg dan styg die pertrol prys met R2-00 tot R3-00 maar sak die olie prys met $50 dan sak die petrol prys met R1-75

Chris ·

My kar was nog nooit so lig op petrol as nou nie, en nou bring hulle eers die prys af. Die afgelope tyd was die petrol verbruik vyf weke op twee liter.

Brett ·

Dit verlig niks vir pendelaars nie….. Hul kan nie die branwstowe eet nie……… Voedsel pryse daal nooit as brandstof pryse verlaag word nie ook nie die pendel kostes nie want pendelaars het gewoonlik nie voertuie nie …… Weereens baad die verkeerde mense by die verlagings wand dit het geen impak op die pendelaar nie. Soos al die besluite word dit nie deurdink nie….. Verpligte voedsel prys verlagings moet ingestel word en dus sal die brandstof die “vergoeding” aan handelaars wees. Maar nee daar word nie gedink nie. Handelaars plak net ‘n kennisgewing “SPECIAL” op die gewone en selfs verhoogde prys almal moet dit maar koop of los so maklik soos dit. Mentaliteit van ‘n stukunde wasmasjien………… Soos al die besluite solank as wat daar geld in die staat koffers is wat hulle kan misbruik en wanbestee in hul eie sake….. Dog loop ons Suid-Afrikaanse burgers met oog klappe want ons doen niks ek…. Jy….. Almal…. Want ons staan nie saam nie…….

Willem ·

Beteken nie veel nie ,en as vlak 4 aanhou tot 1 Junie help dit ons nie

Johan ·

Dankie maar dit help niks want ons mag nie ry nie slegs voordeel vir taxis maar wag vir prysstyging na opheffing in 2025.

Fedup ·

Thanx. But as soon as the virus takes it leave, that fuel price will come back to taunt us.

Stefan ·

Ek het hierdie maand 24 km gery, kan dus nou so R3,- bespaar.
Maar ek het nog steeds R873,- aan versekering betaal, durf nie uitwerk wat ek dus per km betaal het nie.
Ek dink die versekeraars is die groot uitbuiters wat nog steeds hul premies inkry maar omtrend geen risiko’s meer loop nie.
O ja, moet daarem sè ek kry vir Meimaand 10% ‘afslag’.

Die Wolf ·

Het jy al met jou versekering n nuwe prys beding vir die periode. Indien hulle nie wil nie kanselleer en en kry n ander maatskappy. Ag nee A!

Erica ·

First for women wou my premie verhoog het met meer as R600 die maand. Ek het gekanselleer, waar dink hulle moet ek so verhooging inpas met n werk wat glo no work no pay.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.