Brandstofprys gaan styg, maar ‘darem’ minder

(Argieffoto)

ʼn Sterker rand en die regering se aankondiging dat maatreëls in werking gestel gaan word om stygende brandstofpryse teen te werk, beteken pryse gaan vandeesweek weens stygende internasionale oliepryse steeds toeneem – maar minstens minder as wat die verwagting andersins sou wees.

Die nasionale tesourie en die departement van finansies het verlede week aangekondig die algemene brandstofheffing sal in April en Mei met R1,50 verminder word.

“Dit beteken die prys van petrol sal Woensdag na verwagting met ‘net’ 30c per liter styg, hoewel die prys van diesel steeds met nagenoeg R1,50 per liter gaan styg,” het die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER) Maandag gesê.

Die prys van brandstof en diesel gaan dus weer styg van die reeds rekordhoëvlak waarop dit tans is, “maar aansienlik minder as wat die verwagting vroeër in Maart was”.

Die verlaging in die brandstofheffing oor die volgende twee maande beteken die staat verloor sowat R6 miljard in inkomste. Die verlies sal na verwagting opgemaak word deur die verkoop van strategiese oliereserwes.

“Die regering hoop om te baat by die huidige hoër prys met die verkope [van reserwes] en hoop dat oliepryse teen Junie, wanneer die heffingvermindering eindig, begin daal het,” sê die BER.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het die vooruitsig vir Suid-Afrika se gradering van negatief tot stabiel aangepas, maar die land steeds op twee vlakke onder beleggingsgraad gehou. Moody’s het ʼn verbeterde fiskale vooruitsig en positiewe eksterne verwikkelinge – in die vorm van hoër kommoditeitspryse – as die sleutelredes vir die verbeterde vooruitsig aangevoer.

Die BER sê Moody’s se aankondiging kan boonop “meer wind in die geldeenheid se seile wees”.

Die olieprys het verlede week skerp gedaal nadat die VSA aangekondig het hy gaan ʼn miljoen vate per dag uit sy strategiese oliereserwes vrystel. Dit sal na verwagting ses maande lank gedoen word, met die 180 miljoen vate wat die grootste vrystelling nog uit die VSA se strategiese petroleumreserwe is.

Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul+) sal na verwagting ook van Mei af sy uitset met 432 000 vate per dag verhoog. Daar sal nietemin steeds ʼn tekort van sowat 3 miljoen vate per dag aan Russiese olie wees en die tekort kan etlike maande – en moontlik selfs langer – duur.

“Dit beteken selfs met die bykomende aanbod uit die VSA en Opul+, gaan die oliemark steeds knap wees,” waarsku die BER.

Op kort termyn kan ʼn hernieude streng afsondering oor dele van China die vraag effe laat daal. Die kommersiële sentrum Sjanghai het inperkingsmaatreëls op die meeste van sy byna 26 miljoen burgers afgedwing. Die maatreëls is glo so drakonies, dat sommige inwoners sukkel om selfs basiese voedselitems en ander voorraad te bekom, terwyl afleweringsdienste deur die aanvraag oorweldig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

Stem amper met jou saam marius, maar dink dit sal nader aan R40 liter wees.

Koen ·

Nog steeds sal almal wil see toe. En dan wil kla met die witbrood of kan petrol onder die arm. Lekker man, lekker.

marisa ·

hulle is vervlaks mal man ‘n mens kan net nie meer nie!!!!

Jan ·

My dogter en my petrol koste is al van November 2021 R700 meer as ‘n jaar gelede en dan se die berig met net 30 sent waar krap mens die geld uit as jy byvoorbeeld reeds nie dstv het nie?

Boer ·

Wanner toy-toy die Taxis want in die ou regering as die petrol net 5 sent opgegaan het dan het hulle SA af gebreek.

Jaco ·

As die SA regering dan so min of meer Rusland “steun” in die Rusland-Oekraïne-oorlog, dan kan SA mos aanhou om goedkoper olie direk uit Rusland in te voer. Russia Today kan ook maar weer op DSTV wys. Dis vreemd dat dit af is, terwyl die SA regering blykbaar dink dat Rusland “reg” is.

Sarie ·

Waar is die dae toe SA nie afhanklik was van buiteland vir al sy brandstof nie. En ons direk met die midde ooste onderhandel het vir olie. Eish.

Alfred E Neuman ·

Koop olie direk aan vanaf Iran. Te hel met amerika en sy sanksies.

Sandra ·

Dit gaan styg maar is nog steeds minder? Watse stelling is dit? Dit is glad nie goeienuus vir bestuurders nie.

koos ·

1) Sasol maak petrol uit steenkool. Hulle was ook deel van doe Fortune 100 maatskappye, voordat dit afgestel is (Fortune 100 = 100 van die wêreld se mees winsgewende maatskappye). Verder gooi hulle ook ‘n helse klomp alkohol by ons petrol, en hulle maak ongeveer helfte van SA se brandstof. My pa se belastinggeld het al die Sasol aanlegte en myne gehelp bou – dit is nou hoogtyd dat ons goedkoper SA petrol kry. Sasol het bittermin met die olieprys uit te waai.
2) Jippiieee – ek ry ‘n petrol kar. Raai wat – die boer se trekker en Pick’nPay se lorrie werk met diesel, en die prys kry geen verligting. Die bietjie wat jy met jou petrol binnebrand engine gaan wen, gaan jy meer as trippel by die supermark terugbetaal. Die sogenaamde verlaging van petrol is net om our people, die majority voter, te mislei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.