Die departement van energie het Vrydag gesê motoriste kan van volgende week groot verligting by vulstasies te wagte wees wanneer die nuwe brandstofpryse in werking tree.
Luidens ʼn verklaring van die departement is dié daling in pryse te danke aan die Rand wat teenoor die Amerikaanse dollar versterk het.
Motoriste kan daarna uitsien om vanaf 7 Maart 36c per liter minder te betaal vir 93- én 95-oktaan-petrol.
Die prys van diesel (0,05% sulfaat) daal met 47c per liter en die prys van 0,005%-sulfaat-diesel daal met 44c per liter.
Die prys van paraffien daal met 22c per liter en die prys van gas sal na verwagting met 69c per kilogram goedkoper wees.
Volgens die verklaring is dié dalings weens die Rand wat Vrydagmiddag van R12,20 tot R11,82 teenoor die Amerikaanse dollar versterk het. Die daling van brent-ruolie (van $69,06 per vat na $65,05 per vat) was ook ʼn sterk bydraende faktor.
Die prysverskillende vir die onderskeie liggingsgebiede sal op 6 Maart bekend gemaak word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Moet die dalings nie meer wees nie?
Gaan die kospryse ook afkom en die res van produkte wat altyd opgaan as die petrol pryse styg.
Ja en in April gaan dit tenminste 52 sente op.
Jippee! Onthou tog net om ons grond te vat.
As die 56c verhoging vir die padongelukfonds ensovoorts intree weet julle hoeveel geld die regering maak? En waarheen verdwyn al die geld dan?