Brandstofprys: Groot verligting wag op motoriste

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die departement van energie het Vrydag gesê motoriste kan van volgende week groot verligting by vulstasies te wagte wees wanneer die nuwe brandstofpryse in werking tree.

Luidens ʼn verklaring van die departement is dié daling in pryse te danke aan die Rand wat teenoor die Amerikaanse dollar versterk het.

Motoriste kan daarna uitsien om vanaf 7 Maart 36c per liter minder te betaal vir 93- én 95-oktaan-petrol.

Die prys van diesel (0,05% sulfaat) daal met 47c per liter en die prys van 0,005%-sulfaat-diesel daal met 44c per liter.

Die prys van paraffien daal met 22c per liter en die prys van gas sal na verwagting met 69c per kilogram goedkoper wees.

Volgens die verklaring is dié dalings weens die Rand wat Vrydagmiddag van R12,20 tot R11,82 teenoor die Amerikaanse dollar versterk het. Die daling van brent-ruolie (van $69,06 per vat na $65,05 per vat) was ook ʼn sterk bydraende faktor.

Die prysverskillende vir die onderskeie liggingsgebiede sal op 6 Maart bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Gaan die kospryse ook afkom en die res van produkte wat altyd opgaan as die petrol pryse styg.

Marie ·

As die 56c verhoging vir die padongelukfonds ensovoorts intree weet julle hoeveel geld die regering maak? En waarheen verdwyn al die geld dan?

John Samuel ·

36c “Groot” verligting..?!? Nou maar goed dan….
o_O

Eddie ·

Die brandstof prys is nou regtig ‘n geval van een tree vorentoe en twee terug !

Johan. H. ·

Maw nou kan ek my karversekering stop, en as daar skade is , sommer by padongelukfonds eis,, Of slaan ek die bal ver mis,,,,Of is dit nou vir sekeres of as iemand beseer is in n ongeluk?

Gys ·

Dit was nog altyd so . Hulle verlaag die prys van brandstof om jou happy te maak en dan die volgende maand verhoog hulle dit om die daling van laas maand op te vang en die verhoging van die nuwe brandstof prys te kry. Hulle verlaag nou die prys om die heffings in werking te stel dat die publiek nie sal te veel kla nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.