Brandstofprys: Rand verstewig, olieprys daal

(Grafiek: pixabay)

ʼn Daling in brandstofpryse is moontlik volgende maand in die vooruitsig.

“Die rand het die afgelope paar weke ʼn sterk lopie teen die Amerikaanse dollar gehad en die daaglikse wisselkoers het van R17,30 op 21 Augustus tot R16,70 op 31 Augustus verstewig,” het die Automobiel-Assosiasie (AA) Dinsdag gesê.

Terwyl die rand verstewig het, het internasionale oliepryse gedaal.

“Dit dra alles by tot ʼn belowende vooruitsig vir brandstofverbruikers, met die huidige data wat daarop dui dat die prys van petrol met tussen 26 en 36 sent per liter kan daal en die prys van diesel met ʼn beduidende 88 sent. Die prys van paraffien kan met 83 sent daal,” het die AA gesê.

Die AA waarsku egter dat oliepryse waarskynlik gaan wipplank ry terwyl die vraag na brandstof toeneem nadat talle lande vroeër vanjaar afsonderingsmaatreëls in reaksie op die Covid-19-pandemie ingestel het.

Die begin van winter in die Noordelike Halfrond verhoog ook die vraag na brandstof, wat druk op raffinaderye plaas.

“Die seismiese skok wat Covid-19 in die wêreldekonomie veroorsaak het, tesame met hoë voorraadvlakke, kan beteken die verhoogde winteraanvraag na verhittingsbrandstof gaan moontlik nie tot beduidende dieselprysverhogings lei nie,” het die AA gesê.

“ʼn Tydperk van verdere bestendigheid van die rand asook in die prys van olie kan broodnodige verligting vir Suid-Afrikaanse verbruikers beteken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.