Brandstofprys-skok vir Desember verwag

petrolpomp 2

Argieffoto.

Vakansiegangers sal mooi moet beplan vir hul wegbreek in Desember met ’n brandstofprysskok wat verwag word.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) se kommentaar op die ongeouditeerde petrolprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is, wag daar ’n skerp styging in die brandstofprys.

“Die rand was op sy laagste vlak teen die Amerikaanse dollar in ’n jaar. Daar was ook groot stygings in internasionale oliepryse,” het die AA gesê.

Die AA verwag dat petrol met 74c per liter sal styg, diesel met 63c per liter en paraffien met tot 75c per liter. “Die prentjie kan nog verder vererger voor die einde van die maand. Ons kan nie die tekens ignoreer dat Suid-Afrika moontlik voor Desember verdere afgraderings in die gesig staar nie.”

Volgens die AA kan kommer oor die regering se fiskale dissipline die rand verder negatief beïnvloed en kan dit saam met die stygings in internasionale oliepryse verdere brandstofprysverhogings vir die res van 2017 en selfs tot vroeg in 2018 tot gevolg hê.

Die prys van petrol het begin November met 4c per liter gestyg, diesel (met ʼn swaelinhoud van 0.05%) met 23c per liter en diesel (met ʼn swaelinhoud van 0.005%) met 27c per liter.

In Oktober het 93-oktaan-petrol met 25c per liter gestyg, terwyl die prys van 95-oktaan-petrol met 29c per liter gestyg het. Die prys van albei grade diesel het met 42c per liter gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Harambe ·

Mense, voordat julle selfmoord pleeg, doen die sommetjies. Dis maar so tussen R30 tot R50 per tenk wat jy ekstra gaan betaal. As julle regular i.p.v. large meals by McDonald’s bestel, sal julle die geld gespaar het vir daai ekstra paar rand by die pomp. Moenie worry nie.

aiai ·

Nee, jy verstaan nie!!!! Meer vir “ander” om xlarge by KFC te koop! :-(

nene ·

Neeee jy verstaan nie!! Meer vir “ander” om xlarge by KFC te koop!!

Anoniem ·

Algemene voedselpryse gaan natuurlik nie opgaan omdat die brandstof om dit te versprei duurder word nie? Wow, jy dink soos ‘n passer!

Marinda ·

Ek bly maar tuis met Jan tuis bly se karretjie. Twee weke in my voortuin en twee weke in my agter tuin.

Annie ·

Stem Marinda – gaan maar selfde doen gelukkig is my tuin mooi – kan ek hom bietjie geniet.

Johan ·

Snaaks as die rand swak is styg petrol dadelik as die rand weer goed op dreef is bly dit dieselfde en sak nie? Die klomp wat die land bestuur is n grap….

Wipgat ·

Kan sien dis amper Desember. Als gan weer sky high en dan bly dit so???

Gelukkig ·

Gelukkig het ek van kleinsaf grootgeword op pap, derms en marog.

Juliana ·

Ag ek is so. Bly…om by die huis te bly is n VREUGDE…HOENDERKOP EN POOTJIES EN TAMATIE SLAAI.PERRE FRIKKADELE EN N BEESMIS PIE. LEKKER

stephen ·

Dit help nie ons kla nie as ons wil ry moet ons betaal.ja minder uiteet die maand.wat is dertig rand.ek isn pensionaris n byt maar vas soos in die army

Cjvr ·

Dis mos nie nuus nie, gebeur elke jaar hierdie tyd. Ons moet dit tog verwag….niks gaan verander nie en sal volgende jaar hierdie tyd ook gebeur. Dis eintlik so voorspelbaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.