Brandstofprys: Só lyk vooruitsig vir Februarie

(Argieffoto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die prys van 95 oktaan-petrol sal in Februarie na verwagting met agt sent daal, terwyl 93 oktaan-petrol, diesel en paraffien na verwagting van volgende maand duurder gaan wees.

Die Outomobiel Assosiasie (AA) sê 93 oktaan gaan na verwagting met ʼn enkele sent styg, diesel gaan na verwagting 13 sent meer kos en die prys van paraffien styg in Februarie waarskynlik met 10c.

Die AA grond sy vooruitskattings op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

Die internasionale olieprys het laat in Desember gestyg en toe begin herstel totdat die onlangse konflik tussen die VSA en Iran ʼn stokkie voor verdere dalings gesteek het.

Die AA sê die rand, wat in ʼn stadium op R13,95 teen die Amerikaanse dollar verhandel het, het Dinsdag tot R14,40 teruggesak.

“Die styging is slegte nuus vir brandstofverbruikers en kom op ʼn tyd wat talle verbruikers reeds in die knyp is,” het die AA gesê.

Politieke spanning in die Midde-Ooste, een van die wêreld se rykste olieproduserende streke, gaan waarskynlik ook bydra tot voortslepende onsekerheid wat die olieprys kan raak.

Die nuwe brandstofpryse tree op 5 Februarie in werking. Heelwat kan egter nog verander voor die finale pryse vir die maand bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JV ·

Verlede maand het Petrol gedaal en Diesel gestyg. Nou gaan diesel weer styg wat veroorsaak dat die boere se insetkostes dramaties verhoog so ook voedsel pryse. Ons is besig om erg te vou in hierdie land.

Johann M van Heerden ·

Hoekom styg die prys van diesel terwyl die prys van 98 petrol daal. Dit word gekoppel aan die olieprys volgens die skrywe. Daar is erens ‘n slang in die gras.

Marius ·

Ons moet dankie se vir ESKOM daar is die hele Desember met diesel krag opgewek en die geld moet iewers ingevorder word

Nico K ·

Ek stem saam met Johan. Ek verstaan nie hoekom hoë oktaan, lae oktaan en diesel se prysverhogings verskil nie. Hulle word deur dieselfde olieprys en rand waarde bepaal. Kan iemand verduidelik?

Barries ·

Van 1 vaatjie ru-olie (159 liter) word gebruik om 73 liter petrol, 36 liter diesel, 20 liter jet fuel en nog 40 liter ander produkte te vervaardig. Dus, die insetkoste van die ru-olie, gekoppel aan ‘n wisselkoers, plus die verskillende kostes vir die vervaardiging, bepaal alles die koste van die onderskeie produkte,

Belinda ·

Wat ek nie kan verstaan nie – vat in land soos Namibia – hulle kry hulle brandsof van SA en dit is soveel goedkoper as in SA (Nou hoe verduidelik jy dit)
SA sit te veel belasting op ons land se brandstof om die government se spending te kan sponsor.
Hulle moet ontslae raak van al die corrupt mense – dis ongelukkig almal. En dan moet hulle iemand kry van vir n change hierdie land reg kan bestuur!!

Lou ·

Die regering en ANC se vet katte moet gevoer word daarom is ons brandstof duurder in ons eie land as in Namibie en Mosambiek en Bostwana.

toy ·

So moeg al vir die wipplank brandstofpryse, ons arme Suid-Afrikaners moet maas net hoes. Ander lande se brandstof is goedkoper. Die bestuur van ons land is onstabiel.

PJN ·

Die regering het ‘n antwoorde op alles. Dit help nie ons vra hoekom gebeur goed waar die regering betrokke is nie. Jy sal nooit die waarheid hoor waar bedrog aan die orde van die dag is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.