Brandstofprys styg om middernag

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste gaan om middernag duurder moet opdok vir brandstof.

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse van petrol met 44c per liter gaan styg, terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% en dié met 0,005% met 4c per liter styg.

Die departement het gesê die grootste rede vir die styging is die verswakking van die rand teen die Amerikaanse dollar. “Voorts het gemiddelde internasionale pryse vir petrol gestyg, terwyl die pryse vir diesel en paraffien gedaal het.”

Die prys van petrol het aan die begin van Junie met 47c per liter gestyg, terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% met 41c per liter gestyg het en dié met 0,005% met 49c per liter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Steon ·

Ja nee dit word al duurder om te gaan werk! Een van die dae kan ek dit ook nie bekostig nie!

Se Maar Net ·

Soms raak dit ook net te duur om by die huis te bly, want alles kos net meer en meer.
Dit is kommerwekkend.

fred ·

hoekom gaan die brandstof op as ons ons eie kan maak
sonder ru olie ? Gaan ons load shedding he met die brandstof ook.
LOL.

Winston ·

Hoekom verswak die rand so? Nog iets wat deur ESKOM aangevoer kan word vir prys verhoging van krag. Om nog verder die rand te verswak deur onstabiliteit deur die instansie? Hallo Zimbabwe. Hier kom ons jou tegemoet!!

dries ·

Dit raak nou goedkoper om by die huis te bly as om te gaan werk.

Johan 2 ·

Mens noem dit invlasie (wel nie seker v die spelling nie). Te min mense werk te onproduktief maar ALLMAL eet saam aan die bronne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.