Brandstofprys styg waarskynlik skerp

Argieffoto (Foto: andreas160578/Pixabay)

Brandstofpryse gaan waarskynlik skerp styg wanneer die pryse in Februarie aangepas word, het die Automobiel-Assosiasie (AA) Vrydag gesê.

Dié kommentaar is op ongeouditeerde brandstofprysdata vir die einde van die maand geskoei. Die AA verwag dat petrol met tot 82c per liter kan styg. Diesel kan met 52c per liter en paraffien met 60c per liter toeneem.

“Suid-Afrikaners word weereens blootgestel deur ʼn swak rand. Daar was ook die afgelope tyd ʼn stadige toename in die olieprys, wat waarskynlik verdere pyn by die pompe sal veroorsaak,” lui die AA se verklaring.

Die organisasie wys daarop dat die rand sedert April verlede jaar effens teen die dollar versterk het en vir die afgelope maande reeds onveranderd bly.

“Die rand het verlede jaar ʼn rekordlaagte van R19 teen die dollar bereik, maar dié val is grotendeels ondervang deur lae oliepryse, so die uitwerking van die swak rand op brandstofpryse was nie so groot nie.

“Enige beleids- of ekonomiese skok wat die rand beïnvloed, sal waarskynlik nou ʼn veel groter uitwerking op die brandstofprys hê noudat die olieprys weer begin toeneem,” meen die AA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

Nee ek glo dit nie…die waarheid is dat die regering moet geld kry want hy gaan BAIE onderverhaal deur die belasting betalers.Daar is te min oor en erens moet die geld vandaan kom.Dit is hoekom ons weereens tweede kom en die regering geld vat waar dit maklik is.

Danie ·

Styg, styg, styg… en dan moet ons van een pot hole na die volgende ry terwyl ons voertuie duisende rande se skade op doen

Etienne ·

Ek is dom met hierdie redes waarom brandstof se pryse ewe skielik moet styg… indien bottelstore ens weer oopgemaak word kan die Govt mos baie geld genereer via VAT… so wat is die probleem?

marius ·

Die koei is lankal dood . Die vel word nou heen en weer geruk om beursies van te maak .

Jaco ·

Intussen kry ALLE parlementslede en ALLE munisipale raadslede van ALLE politieke partye (ANC, DA, EFF, VF-Plus, IVP ens ens) elkeen ‘n lekker vet petroltoelae as deel van hulle vergoedingspakket. So al stug die petrolprys ook na R35/liter, raak dit hulle nie.

Mariana ·

Betaal, betaal, betaal………so gaan dit nou reeds vir jare. Voosbetaalde verbruiker kan nie meer voorbly nie

Corne123 ·

En dan kom loadshedding want al die steenkool gaan sasolburg toe vir brandstof te maak

marius ·

Julle swak rand en sterk olieprys storie is afgesaag . Dit is niks anders as vuil kloue wat in die gewone man se sakke ingeslaan word nie . Dis die waarheid .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.