Brandstofpryse amptelik aangekondig: Motoriste gaan hoes

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die prys van 95-oktaan petrol sal van Woensdag af vir die eerste keer ooit meer as R17 per liter in die binneland wees.

Dit kom nadat die departement van energie aangekondig het dat 93-oktaan-petrol Woensdag met 99c per liter styg en 95-oktaan-petrol met R1 per liter styg. Diesel word R1,24 per liter duurder. Paraffien styg met R1,39 per liter en gas met R1,79 per kilogram.

Volgens die departement het die gemiddelde pryse van petrol, diesel en paraffien gestyg tydens die tydperk onder hersiening. Die rand het ook verswak teen die Amerikaanse dollar.

Motoriste in die binneland sal nou R17,08 moet opdok vir ʼn liter 95-oktaan-petrol. Aan die kus kos dit nou R16,49 per liter. Die groothandelprys van diesel styg tot R15,65 in die binneland en R15,16 aan die kus.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het vroeër gesê die ongekende brandstofverhogings vir Oktober sal katastrofies wees vir motoriste.

“Dit is die grootste stygings in Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootste oorsaak is die land se chaotiese ekonomiese beleid wat ons weerloos laat teen stygings in internasionale oliepryse.”

Jeff Radebe, minister van energie, het aan die begin van die maand aangekondig die prys van petrol sal in September met 4,9c per liter styg. Dit was ʼn eenmalige subsidie en die eerste keer sedert 1990 dat die regering in die brandstofprys ingegryp het.

Radebe het in sy verklaring gesê die regering sal die grootste deel van dié verhoging absorbeer. “Ondanks die feit dat die verhoging hoofsaaklik deur internasionale faktore veroorsaak word, het die departement besluit om vandeesmaand tydelik in te gryp. Dit is ʼn eenmalige tydelike ingryping om ʼn bietjie verligting vir motoriste te verseker.”

Die 4,9c per liter sal aangewend word vir jaarlikse salarisaanpassings vir pompjoggies, kassiere en ander administratiewe personeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Hannelie ·

Fietsry is die goedkoopste en ook ‘n goeie opsie om fiks te word. Belaglik!!!!!

monika ·

jip as jy naby genoeg bly en nie ook lank voor kort vir jou fiets doodgemaak word nie.

nie almal kan met fietse by die werk kom!

Hannelie ·

WHAT! Dit blyk fietsry is die goedkoopste en ook ‘n goeie opsie om fiks te word. Belaglik hoe die land bestuur word.

Karien ·

Hoe moet mens ‘n lewe hê as dit so aan gaan?
Nog meer mense gaan kripeer van die honger.
Well done ANC!
Nog 1 stappie nader om julle land in die afgrond te druif.

E.K. die eerste ·

Waar is daai geld (biljoene rande!) wat hulle gekry het deur al ons oliereserwes mos te verkwansel het?? Nou moes ONS wat alreeds swaar trek hoes vir pomjoggies en ander personeel se salariss en bly hoes vir ander stygings. Dus gaan kospryse en wat nie nog ook styg…

viskos ·

was jy gister kerk toe smirre? ons wil nie ons kniee in ootmoed voor God buig nie want ons het mos te groot geword so hoekom sal Hy Sy Oor na ons buif. gaan lees asb Deut 32: 18-21.

SlapTjip ·

Viskos? Wat het kerk toe gaan met die Here om hulp vra te doen? Het Jesus na die dissipels gegaan en gese verkoop julle skuite, ons gaan nou n kerk bou en wag vir die mense? Waar het Jesus uit n kerk gespreek of gese God sal ons net genade toon as ons kerk toe gaan?

Terwyl die rowers die land leeg beroof & mense uit moor, waar is die raad van kerke? Hulle is nerens te sien nie want hulle probeer politiek korrek voorkom. Gee meer gereeld in teen uitsprake soos gelewer deur die land se howe terwyl dit duidelik teen die woord van God spreek.

Nee Viskos, die duiwel is lankal in die kerk….ek bid eerder in my eie hoedanigheid vir genade van onse Vader.

Smirre ·

Ek sal heel gelukkig my eie brandstof gooi. Ons het nie die joggies nodig nie.

Nettie ·

@Smirre …. en jou motor se voorruit was, die diensbaan skoon vee en netjies hou, voorraad vir sneldiens-produkte hervul vir die gerief van kliënte, rakke pak in die kiosk/kafee ens. ens. ens.? Ek dink nie so nie.

Johan ·

Dit word in alle ander lande gedoen en dit werk. Die eienaar kan betaal vir die een werker wat die diensbaan skoon hou vir die eienaar se beswil. Dit sal dan ook sorg ek kan gaan waar dit die moeite werd is even met al die joggies wat rond loop op die diensbaan lyk dit partykeer maar verwaarloos en vuil. Ek kan my eie petrol ingooi en venster skoon maak en wiele pomp. Hoekom moet ons alewig verskoning he hoekom goed nie hier kan werk nie. Ek dink baie mense is net te gewoond daaraan om vingers te klap en die joggie hardloop nader. Wat ons nie besef nie is dat die petrolprys word elke verskoning gebruik in die boek om die melkkoei te bly van ons geld. As dit nie is om die joggies nie hulle werk verloor nie (alle ander industriee betaal mense af), die rand dollar prys (Alhoewel ons Sasol het wat 27% van ons land se petrol vervaardig maar ons het geen voordeel nie), die olie prys internasionaal (koop ons olie van Venuezela af waar hulle petrol U$ 1 sent is en op die oomblik olie aan ander sal verkoop om hulle probleme op te los) dan kan ons sekerlik goedkoper betaal vir petrol. Daar is geen wil van die ANC regering om die land se mense by te staan nie, hulle skep die room tot dit suurmelk word en hulle sakke te line.

Boer-in-die-wind ·

Goeie idee. Waar ek tans woon gooi ons self petrol in en diensstasies word met die minimum personeel bestuur. Geen petroljoggies nie.

Johan ·

Pieter, dis nou my reaksie as ek ‘n ANC kader was – Off course we have a good story to tell. My pockets are full and my bank account is big. So I am happy. Sorry, what did you say about the people of the country? Oh them? No I never said anything about helping them. Maybe Mandela did. But you know, I was in exile for very long, well maybe not me, but my uncle was. So I have a right to get some money now. You must understand.

Theresa B ·

Baie dankie vir julle almal wat ons land in sy dinges in bestuur. Maar dit raak nie julle nie, julle kry alles mahala of vat net eenvoudig.

Gansie ·

Voorheen as die petrol opgegaan het, het taxis dadelik begin staak en amok gemaak. Deesdae is dit doodstil as the petrol opgaan. Wonder wie kry watse subsidies en gunsies.

ELAINE ·

Waar gaan dit eindig. Daar word nie inkomstes verklaar nie daarom lyk hulle arm ek weet vir ‘n feit taxi gelde gaan nie verby jan taks nie. Daar is besighede wat werk doen wat ook nie belasting betaal nie. Ons verklaar ons belasting daarom lyk ons soos die “ryk”mense want hulle bere regtig die geld onder die matras.

Sarie ·

Wat het geword van die feit dat die ongelukspadfonds afgehef moet word. Dit sou Einde September verval het. Nou is als dood.

GRIMMY ·

Sien baie mense praat van fiets ry ja nee kyk ek stem dis n goeie idee tot dat jy die eerste keur oorval en van jou besitings verloor dan ry ons maar weer teduurste met die kar

Andre ·

In Kuruman, Kathu en omstreke betaal ons dan R17.59 vir 95 oktaan en R17.37 vir 93 oktaan. Ons vat aan R18.00. Lekker ou duur Noord Kaap.

hendrik ·

Sowat twee maande gelede was daar n groep wat n betoog sou lewer oor hoe brandstofpryse maar CR wou met hulle praat en daarna was alles tjoepstil. Waar is hulle nou en ek wonder wat CR vir hulle gese het.

vyepot ·

radebe, hou tog net op lieg. sa voer petrol uit na namibia, swaziland, mozambiek, botswana onder andere. on al die lande is peteolprys aansienlik laer as in sa.

Johnnie ·

As hulle net van die eenvoudige pad onglukke fonds ontslae raak wat elke dag miljoene moet uit betaal aan al die taxi passasiers wat kwansuis seergekry wanneer n taxi in n ongeluk betrokke is en ook die spul onbevoegde goed wat met die ekonomie werk dan sal ons baie minder vir brandstof hoef te betaal. Geluk aan die ANC spul narre. Gelukkig moet hulle boeties en sussies wat vir hulle stem ook die hoe prys betaal

Zeno ·

Johannie jy wil hê die pad ongeluk fonds moet wegval, wag vir die dag dat jy in `n ongeluk kom,dan sal jy jou woorde sluk.

Saartjie ·

Sorg dat taxi bestuurders op gereelde basis getoets word, wonder hoeveel van hulle het ‘n openbare vervoerlisensie? Verkeersdepartemente moet ook strenger optree teenoor taxis en padwaardigheid gereeld toets. Dit alles sal bydra tot minder ongelukke, wat daartoe sal bydra dat minder mense van die POF eis. As gevolg van swak taxi bestuurders en onpadwaardige voertuie, moet ons eerlike belastingbetalers die spit afbyt.

B ·

2 Tersaaklike punte:

1. SASOL se prys ooreenkoms met die regering bepaal dat plaaslik geproduseerde brandstof teen internasionale ru-olie pryse deur Sasol verkoop word; (Laas toe ek gekyk het, het Sasol sowat 80% verskaf van alle brandstof wat op die hoeveld verkoop is )
2. So paar jaar terug was daar ‘n ‘boete’ ingestel om die gebruik van 95 oktaan te ontmoedig, dis intussen stil-stil opgeneem in die prys en geen haan kraai meer daaroor.

(NS : Hoe gaan dit met die Sasol staking? Ek sien die vulstasies doen nog flink besigheid?)

MTSteyn ·

Goeie vraag! SASOL doen nog flink besigheid, en as daar ‘n staking was, wil dit blyk asof dit geen impak gehad het nie. Dalk wel op die werknemers se salarisse, met die dat die ‘geen werk, geen betaling’ wetgewing tog so lastig is met stakings, al beplan jy dit ook hoe goed.

Cherokee ·

Hier by ons kry ons nog steeds ‘n honderd rand se petrol vir ‘n honderd rand.

Wessel ·

Dis n skryende skande dat ons so verneuk en bedrieg word deur die regering

Gerhard ·

Binnekort gaan ons almal se motors in die motorhuise staan en ons nêrens heen kan ry. Mense bestee vandag alreeds n groot deel van hul inkomste net om werk toe en terug te ry – n onlangse peiling op n internet-forum het getoon dat sommige laer-inkomste groepe tot en met 20-30% van hul besteebare inkomste aan vervoer bestee…. dis belaglik… Waarvan moet mense leef?

Ons is reeds besig om by die afgrond af te gly, ek is bevrees daar is nie meer omdraai. Onsekerheid rakende politieke beleid gaan voortduur tot en met die verkiesing en moontlik daarna ook. Intussen vernietig dit ons ekonomie!!

Landi ·

Hhmmm so hulle sien die Desember vakansie wat nader kom, en sal my nie verbaas as hierdie n tegniek is om al die “freebees” soos gratis universityd en gratis dit en dat, voorsiening te maak nie, dalk selfs vir bankrot munisipaliteite en die Vaalrivier kriesis. En as almal besluit om hul Desember vakansies te kanseleer as n gesamentlikke poging om n punt te maak aan die goeverment? Dalk wil hulle juis die paaie stiller hê? Hhmmm… 4de wêreld status is pas gebore, met rommel status wat nog n trappie beter is.

Casper Labuschagne ·

Europese lande het al dekades gelede die verskuilde belastings in die brandstofprys gebruik om die effektiewe persoonlike belasting aansienlik te verhoog sonder dat dit die kiesers dit werklik agtergekom het. Huidiglik het die regering hulself in ‘n hoek geverf en kan nog BTW, nog persoonlike belastings of maatskappy belastings verhoog sonder aansienlike nagevolge, maar die skuld vir die verhoging in die brandstofprys kan altyd aan iets of iemand anders toegeken word.

Landi ·

En so arriveer daar meer en meer bakhand aansoeke vir “social grants”, want mense se salarisse gaan geheel op brandstof spandeer word, om daagliks na werk te kan gaan, daarna is daar nie enigge geldjie oor vir skoolfondse, uniforms, skryfbehoeftes, skool aktiwiteite, kruideniersware, ens….

Hendrik ·

Haai julle daar is mos publieke vervoer vanaf die meeste plekke. Gebruik dit….

Brakenjan ·

As ANC 50/50 kan split is Suid- Afrika se probleem opgelos.

tamboti ·

So waar is die grootmond regering wat met ‘n onbeduidende verhogingkie aangekondig het: ONS SAL NIE HUIWER OM SA PUBLIEK TE BESKERM TEEN STYGENDE BRANDSTOFPRYSE NIE!
Nou moet hulle hul opportunistiese woorde sluk want wat kan hul nou DOEN!
Miskien iets soos: JULLE WIL MOS NIE E-TOL BETAAL NIE – NOU MET JUL VOEL!
of wat van die waarheid: JAMMER ONS HET GEEN BEHEER OOR NIKS NIE, BEHALWE DIE POLITIEKE MAG EN ONS SAL DIT TEN ALLE KOSTE BEHOU.

Pop ·

Meeste oorsese lande gooi hulle eie petrol in,want???wag vir dit!!!want hulle kan kliente vertrou om nie weg te ry nie. Ons is vinnig op pad na n tweede Zim, sonder kos in die winkels. Doen so voort, ANC. Julle is n onbevoegde spulletjie. Is seker die wittes en apartheid se skuld.

Theresa ·

Ag tog. Maak mens moedeloos.
En nee, dit sou fantasties wees om te kon fiets ry werk toe. Ongelukkig is misdaad nog meer ‘n probleem as die ongelooflike lewenskostes. In ons land raak dit ‘n verloor – wen situasie.
Wanneer word ‘n referendum gehou om te sien hoe voel mense oor misdaad; brandstofverhogings en onregverdigheid?

Trots Afrikaans ·

En Siener sien dat die motors gaan staan weens ‘n gebrek aan brandstof en die treine weens ‘n tekort aan smeerolie….

HPV ·

Die land se chaotiese ekonomiese beleid? Nee die anc regime se chaotiese ekonomiese beleid en onbevoegde bestuurstyl waar lewensnoodsaaklike produkte as inkomste geteiken word omdat hulle niks het om internasionaal te verhandel nie.

wolla ·

Wat help dit jy het ‘n SASOL en niemand baat daarby nie. Belaglike geldmors bedryf van geen waarde vir die gewone verbruiker nie.

Loouise ·

Jare gelede toe Sasol begin bradnstof verskaf het, het die oorsese olie mastskappye geeis dat Sasol nie goedkoper brandstof mag verkoop nie anders omtrek hulle uit die land. Dis hoekom hulle niks vir ons beteken nie.

Nadine ·

Wel gedaan ANC. Ons het gehoop op ‘n beter toekoms voorentoe maar duidelik het julle ons onder ‘n wanindruk gehad. So gaan die land net armer word met al julle doen en late.

Pieter ·

Dit is pateties dat sekere mense wat in die parlement sit ons so belieg bid jou aan petrol pryse moet styg om petrol joggies te betaal absolute snert hulle moet liewer sê ons soek meer geld om meer party’s te hou dan praat hulle meskien die waarheid

John Samuel ·

“Motoriste gaan hoes”

MM, julle het ‘hoes’ verkeerd gespel.. Motoriste (& ekonomie) gaan af*

Anoniem ·

Almal moan oor die brandstof pryse maar vandag of more gooi hul maar weer in om weer te ry. Mense moet saam staan en saamry geleenthede stig sodoende is daar minder verkeer op die paaie, minder geld wat aan brandstof bestee word wat ook beteken dat die staat minder geld insamel om hul koffers te vul. Dan moet die mense Sasol uitlos want weet hulle regtig nie wat Sasol beteken vir die land. Geen Sasol dan word brandstof nog duurder want meer brandstof moet ingevoer word. Geen Sasol nog n gooter werkloosheid syfer wat beteken nog meer kriminele elemente. Mense praat te gou en dink nie daar is duisende wat vir Sasol werk vir wie Sasol voedsel op hul tafels sit en gaan doen bietjie jul huiswerk dan sien julle hoeveel sit Sasol terug in die gemeenskappe. Dit is n skande dat mense Sasol met negatiwiteit oorlaai in plaas van om te se dankie Sasol vir wat julle vir Suid Afrika beteken.

monika ·

jip, en die van ons wat gereeld oortyd moet werk en ander draaie moet ry agter werk aan ….. i think NOT

DRONK GESLAAN ·

Kan iemand my verduidelik asseblief :
Die petrolprys gaan metR1-00 per liter op.
Die bogemiddelde voertuig se petroltenk se inhoud is sê 80 liter (Kleiner voertuie 40 liter)
As jou nou vanaand jou tenk volmaak gaan jy maksimum R80-00 spaar
So waarom die gejaag en rye staan om EENMALIG R40-00 tot R80-00 te spaar?
Is dit regtig nodig?

Mike Stander ·

Ek hoor wat jy sê, maar dink so daaraan – dit is R80 (of R40) minder wat die korrupte regering uit vuisvoos landsburgers mergel.
Ek self het my vorraad brandstof kanne volgemaak en bere dit in n stoor, spaar wel net in die omgewing van R800, maar dit is R800 wat die regering minder uit my tap.

DRONK GESLAAN ·

Mike ,
Om R800 te spaar het jy 800 liter gaan koop. +- R14 000-00 se petrol
4 BAIE GROOOTTT DROMME VOL!!!
Tap jy nou elke keer uit die kanne uit?…Klink maar na ‘n moeilike storie
Iemand met R14 000-0 wat rondlê glo ek nie hoef soveel moeite te doen nie.
Jy nie bang jou stoor raak aan die brand nie?
Wel die regering kry gelukkig ‘n groot knou met jou R800-00 wat jy hulle ontneem.
:)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.